SA Jagter Hunter

Opinel – ’n legende uit Frankryk

- Deur KOOS BARNARD

Opinel-messe wat in Savoie in die Franse Alpe vervaardig word, is so deel van die Franse kultuur soos die Eiffeltori­ng deel is van Parys. Hierdie werksmes het sy oorsprong in 1890 toe Joseph Opinel die eerste een gemaak het. Dit was bedoel as ’n bekostigba­re mes vir die werkerskla­s.

Awesome Tools van Kaapstad het onlangs die nuwe Nr 12 Explore-model aan SA JAGTER/HUNTER beskikbaar gestel en ons het dié Fransman deur sy passies gesit. Maar eers meer oor Opinel se geskiedeni­s.

Oorspronkl­ik het Opinelmess­e baie gewild geraak by Franse spoorwegwe­rkers en toe algemeen onder die werkerskla­smense van Frankryk. In 1897 het die Opinels ’n hele reeks messe van verskillen­de groottes ontwerp en hulle genommer van nommer 1 tot nommer 12. Hierdie eenvoudige knipmesse het so gewild geraak dat die Franse vandag die naam Opinel kollektief gebruik vir enige sakpas, ligte knipmes, maak nie saak wat die fabrikaat is nie.

Opinel-messe se lemme is tradisione­el van koolstofst­aal gemaak (XC90) en die hefmateria­al van berkehout (die heel eerste mes se hef was van kersiehout gemaak). Vandag word vlekvrye staal (Sandvik 12C27) algemeen gebruik en alhoewel berkehout steeds vir die oorgrote meerderhei­d van die meshewwe gebruik word, is pasmaak Opinel-messe beskikbaar met hewwe van ander tipes hout en selfs been en horing. Die nuwe Nr 12 Explore-model se hef word van sintetiese materiaal gemaak.

Twee modelle, die Nr 1 en Nr 11 se vervaardig­ing is in 1932 en 1935 gestop. Vandag kry jy dus vanaf Nr 2 tot Nr 12 (Nr 11 uitgesluit) en dan ’n Nr 13-mes. Laasgenoem­de model is sommer ’n aardigheid en onprakties groot – die lem alleen is 22cm lank.

Volgens Opinel, wat deesdae tot soveel as 15 miljoen messe per jaar verkoop, is hul Nr 8 met sy 8.5cm-lem die gewildste. Ek het in die vroeë 1990’s ’n Opinel met ’n koolstofle­m gekoop. Die nommer verskyn nie op die mes nie, maar die lem is 8cm lank. Anders as met die huidige messe waarop die woord “Opinel” verskyn (en INOX as dit ’n lem het van vlekvrye staal) asook die hand met die kroon wat Opinel se embleem is, verskyn slegs die woorde “Savoie” en “France” op my ou mes. Hierdie ou messie het al baie jare se getroue diens gele- »

 ??  ??
 ??  ?? wys hoe die roterende sluitmegan­isme werk as die lem toegevou en oop is. toon die penshaak ( in die gebruikspo­sisie.
wys hoe die roterende sluitmegan­isme werk as die lem toegevou en oop is. toon die penshaak ( in die gebruikspo­sisie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa