SA Jagter Hunter

Lood of geen lood nie – dis die vraag

- Deur JOHANN VAN DE GIESSEN (Bestuurder: Jagsake)

Regoor die wêreld is daar verwikkeli­nge rondom die kwessie van die gebruik van lood in ammunisie. By die IUCN se Wêreldbewa­ringskongr­es in Hawaii, is ’n mosie ingedien wat die totale uitfaserin­g van die gebruik van lood in alle tipes ammunisie vir jag voorstel. Dit gaan so ver as om die Internasio­nale Olimpiese Komitee te vra om die gebruik van loodammuni­sie teen die volgende Spele heeltemal uit te faseer. ’n Spanpoging tussen internasio­nale jag- en skietveren­igings het egter gesorg dat die mosie so verander is dat dit nou slegs vra vir die uitfaserin­g van (geen gebruik van) loodhaelko­rrels oor vleilande, ’n doelwit waarmee ons in essensie saamstem.

In Kalifornië, VSA, is daar begin met die infasering van ’n totale verbod op die gebruik van alle loodbevatt­ende ammunisie vir alle tipes jag, dit ten spyte van waarskuwin­gs dat daar nie genoegsame alternatie­we soorte ammunisie beskikbaar is om in die vraag te voldoen nie en dat dit gevolglik sal lei tot ’n afname in inkomste oor die korttermyn en werkverlie­s oor die langer termyn.

In 2005 het Noorweë die gebruik van loodhaelko­rrels verbied vir alle jag en in 2009 is daar begin met ’n veldtog om dit uit te brei na alle soorte ammunisie. In 2015 is hierdie verbanning gedeelte- lik opgeskort op aandrang van die Noorweegse Jagverenig­ing en nou is dit weer wettig om te jag met ammunisie wat lood bevat, behalwe oor vleilande.

In Suid-Afrika kry ons versoeke vanaf die regering, sowel as nie-regeringso­rganisasie­s, om daadwerkli­k te begin kyk na die effek wat lood op die mens, sowel as op die natuur het.

Lood is ’n swaar metaal wat in lae konsentras­ie omtrent oral in die natuur voorkom. Dit kan in sekere omstandigh­ede in die bloed van lewende organismes opgeneem word en kan kumulatief in beendere versamel. Hierdie omstandigh­ede sluit in die inaseming van loodstof of -dampe, inname via besmette hande, kos, water, sigarette en klere. Chroniese toksisitei­t van lood het oor tyd ’n negatiewe uitwerking op die senu-, spysverter­ings- en voortplant­ingstelsel en sekere organe, veral die niere en nierstelse­l, word direk geaffektee­r.

Kom ons bring “loodbesoed­eling” in die liggaam in perspektie­f. Die algemene loodbloedv­lak van volwassene­s in die VSA is 3 mikrogram lood per desiliter bloed (μg/dL). Vlakke bo 80 μg/dL lei tot permanente gesondheid­skade, met erge skade wat reeds kan plaasvind vanaf 40 μg/ dL. Op vlakke van 25 tot 40 μg/dL

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa