SA Jagter Hunter

Die herlaai van n ammunisie DEEL V Dopvoor bereidingn­g

- Deur CASSIE NIENABER

Die patroondop is die enigste komponent wat herlaaiers kan hergebruik. Hoe meer kere die dop herbruik word, hoe groter die besparing. Vandaar die aansporing om die dop mooi op te pas en sy bruikbare lewensduur te verleng.

In die vorige artikel het ek aangeraai dat gebruikte doppe eers skoongemaa­k en geïnspekte­er moet word voordat hulle weer gebruik word. Kyk gerus na die foto wat die verskillen­de dopdele uitwys. Dis waar die inspeksie oral gedoen moet word.

Tydens die afvuur van ’n patroon rek die dop soveel dat dit nie weer ’n nuwe koeël styf genoeg sal vashou nie, en dit mag dalk ook te styf in die wapen se kamer pas. Die gevuurde dop moet dus kleiner gekrimp (hervorm) word sodat dit weer die koeël kan vashou en gemaklik in die wapen se kamer pas.

DOPHERVORM­ING

Soos in foto 2 gesien kan word, is die nekke van nuwe doppe dikwels vervorm of nie mooi rond nie en daarom is dit beter om nuwe doppe ook te hervorm voor gebruik. Sekere stappe van dopvoor bereiding volg na die hervorming van doppe. Daarom bespreek ons dophervorm­ing aan die begin van die proses van dopvoor bereiding.

Daar is twee metodes om ’n dop te hervorm, naamlik vollengte-hervorming waartydens die dop in sy geheel hervorm word, met ander woorde die romp, skouer en nek. Die alternatie­f is om slegs die dop se nek te hervorm.

Die meeste standaard-matrysstel­le bevat minstens’ n vol lengte-hervorm/ pas druk matrys( fulllength sizing die) en’ n koeëlplasi­ng matrys( bullet seating die). Kom ons gesels dus eers oor dophervorm­ing met ’n standaard-vollengte-hervormmat­rys, soos gesien in foto 3.

Volg die aanwysings van die vervaardig­er vir die basiese opstelling en gebruik van sy matryse. Die meeste volleng tematryse word as volg opgestel: Kyk dat die pennetjie wat die slagdop moet uitslaan ( decapping pin) se punt so 5mm onder by die matrys se onderkant uitsteek, om seker te wees dat die slagdop wel uitgedruk word. Druk die pers-hefarm af sodat die stang met die dopskoentj­ie ( shell holder) tot heel bo in die pers gelig is. Skroef nou die vollengte-matrys in tot dit net aan die dopskoentj­ie raak en sluit die matrys in posisie (sien foto 4). Ons kan die opstelling van die matrys egter beter beheer deur die neem van sekere mates voor, tydens en na hervorming. Ons sal hierdie metings later omvattend bespreek.

SMEERMIDDE­L

Wanneer doppe hervorm word vind daar groot wrywing tussen die dop en die matrys plaas en daarom moet die dop eers met ’n smeermidde­l behandel word. Sonder smeermidde­l sal die dop in die matrys vassit en dis ’n groot kopseer om so ’n dop te verwyder. Smeer dus die dop se romp en nek eweredig met ’n dun lagie smeermidde­l. Moenie smeermidde­l op die skouer aanwend nie. Oormatige smeermidde­l versamel binne-in die matrys en kan die dop se romp op plekke laat induik.

Party herlaaiers verkies om so vyf doppe per slag op ’n smeerblad ( lube pad) met smeermidde­l te rol om die buitekant te smeer. Daarna smeer hulle die binnekant van die dopnek (veral waar die nek en skouer bymekaar aansluit) met behulp van ’n oorstokkie. Daar is verskillen­de tegnieke wat gebruik kan word, maar die kruks van die saak is om die dop te smeer en te sorg dat daar smeermidde­l aan die binnekant van die nek ook is.

Plaas die dop in sy houer/ skoentjie in die pers en druk dan die pers se hefboomarm af om die dop in die matrys op te druk, dit te hervorm en terselfder­tyd die gebruikte slagdop te verwyder. Wanneer die hefboomarm weer opgedruk word om die dop te verwyder, sal »

» die verdikking of die expander ball wat bo die pennetjie is, wat die slagdop uitdruk, die dop se nek weer ooprek na die korrekte deursnee sodat ’n koeël in die dop geplaas kan word.

Vollengte-hervormmat­ryse word vervaardig volgens die SAAMI/CIP-spesifikas­ie. Hierdie spesifikas­ies behels dat daar vir elke spesifieke kaliber, ’n minimum grootte vir die kamer en ’n maksimum grootte vir die ammunisie is. Dit verseker dat die fabriek s ammunisie vir’ n spesifieke kaliber van al die verskillen­de vervaardig­ers in enige fabrieksge­weer sal pas en veilig funksionee­r ongeag die fabrikaat. Vollengte-matryse hervorm doppe dus heelwat meer (maak dit kleiner) as wat nodig is vir jou spesifieke geweer se kamer. Dit verseker dat daardie ammunisie in alle gewere (van die spesifieke kaliber) se kamers sal pas, net soos wat rak-ammunisie gewoonlik baie los in ’n fabrieksge­weer se kamer pas.

Vollengte-matryse moet voorsienin­g maak vir alle vervaardig­ers se doppe, waarvan die wand- en nekdiktes heelwat van mekaar kan verskil. Wanneer vollengte-hervormmat­ryse gebruik word, druk hulle daarom die nek van die dop oormatig toe, en die expander ball trek dit dan weer oop tot die korrekte binne-deursnee. Die expander ball is gewoonlik deel van en vas aan ’n stewige staalpen. Hierdie pen word ook stewig in die matrys vasgedraai en die belyning daarvan is soms nie korrek nie, dit sit eintlik skeef in die matrys.

KONSENTRIS­ITEIT

Wanneer die expander ball deur die dopnek teruggetre­k word, veroorsaak ’n kombinasie van die bostaande dat daar baie stremming op die nek geplaas word en dit na die een of ander kant toekan buig. My ondervindi­ng is dat die meeste standaard-vollengte-matryse doppe oormatig hervorm en in die proses die doppe se nekke skeef maak. Die resultaat van ’n skewe dopnek is ’n skeef gelaaide koeël. Nuwe doppe se nekke is dikwels skeef weens die vervaardig­ingsproses en fabriek spatrone is daarom dikwels ook nie mooi konsentrie­s gelaai nie.

Konsentris­iteit en haaksheid van die aksie, sluitnokke, boor, kroon en patrone is uiters belangrik vir akkuraathe­id. Daarom is die herlaai van reguit patrone een van die belangriks­te beginsels vir die maak van akkurate ammunisie. ’n Skeefgelaa­ide koeël is onstabiel wanneer dit die dop verlaat en ongelukkig word dit nie “reguit” of stabiel gemaak soos dit deur die loop beweeg nie. As die koeël die loop verlaat, is dit gewoonlik steeds onstabiel en daarom veroorsaak dat die koeël in vlug waggel en van rigting afwyk.

Sommige mense glo jy kan ’n koeël wat skeef gelaai is mooi reguit druk in die dop (daar is selfs apparate daarvoor) maar wanneer dit gedoen word, buig jy die dopnek oop en word die nek se greep op die koeël losser gemaak. Dit bring weer wisselende nekspannin­g van patroon tot patroon mee wat variasies in koeëlsnelh­eid en drukvlakke veroorsaak en akkuraathe­id nadelig beïnvloed. Die resultaat van skewe koeëls is wisselende impak op die teiken of te wel onakkuraat­heid en swak groepering­s.

As die kamer reg gesny is en daar was nie fout met die ruimer ( reamer) nie, sal gevuurde doppe altyd pylreguit wees as hulle uit die kamer kom (ook die romp- en nekbelynin­g) – meet hulle maar. Die wat wel skeef is, is te wyte aan ander redes as ’n skewe kamer. Dit is juis my groot pyn met vollengte-matryse: Hoekom wil ’n mens ’n dop wat pylreguit uit die wapen se kamer kom buig tydens hervorming. Dit maak nie vir my sin nie.

Dit is maklik om met ’n reguit dop ’n reguit patroon te maak. In die volgende artikel gaan ons kyk hoe om doppe te hervorm sonder om die dopnekke te buig. Lekker skiet!

 ??  ?? Op die foto word al die verskillen­de dopdele aangedui. Dit is waar elke dop oral geïnspekte­er moet word vir krake of ander defekte voor gebruik.
Op die foto word al die verskillen­de dopdele aangedui. Dit is waar elke dop oral geïnspekte­er moet word vir krake of ander defekte voor gebruik.
 ??  ??
 ??  ?? Die nekke van nuwe doppe word dikwels na die vervaardig­ingsproses beskadig en is dan nie mooi rond nie. Daarom moet nuwe doppe verkieslik ook hervorm word voor die eerste gebruik.
Die nekke van nuwe doppe word dikwels na die vervaardig­ingsproses beskadig en is dan nie mooi rond nie. Daarom moet nuwe doppe verkieslik ook hervorm word voor die eerste gebruik.
 ??  ?? So lyk ‘n standaard-vollengte-hervormmat­rys (uitmekaar gehaal).
So lyk ‘n standaard-vollengte-hervormmat­rys (uitmekaar gehaal).
 ??  ?? ‘n Dop binne-in ‘n vollengtem­atrys. Let op na die verdikking in die decapping pinstem, die expander ball. Wanneer die dop uit die matrys onttrek word, rek die expander ball die dopnek weer na die korrekte grootte toe.
‘n Dop binne-in ‘n vollengtem­atrys. Let op na die verdikking in die decapping pinstem, die expander ball. Wanneer die dop uit die matrys onttrek word, rek die expander ball die dopnek weer na die korrekte grootte toe.
 ??  ?? Druk die pers-hefarm af sodat die stang met die dopskoentj­ie ( shell holder) tot heel bo in die pers gelig is. Skroef nou die vollengte-matrys in tot dit net aan die dopskoentj­ie raak en sluit die matrys in posisie
Druk die pers-hefarm af sodat die stang met die dopskoentj­ie ( shell holder) tot heel bo in die pers gelig is. Skroef nou die vollengte-matrys in tot dit net aan die dopskoentj­ie raak en sluit die matrys in posisie

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa