SA Jagter Hunter

Stapjag in die Karoo

Om in die oop vlaktes van die Karoo ’n springbok te voet te jag het sy eie bekoring.

- Deur LONGSHOTS SCHOOMBEE

Ek word vanjaar 67 oud en jag nou al vir meer as 50 jaar. My eerste blootstell­ing aan jag was toe ek en my pa vaalribbok­ke op die loop-en-bekruipman­ier gejag het in die Roggeveldb­erge by Sutherland.

In 2011 het ek besluit om springbokk­e in die Karoo te gaan jag deur te stap en bekruip. Gelukkig het Francois Reyneke van die plaas Hopewell in die Beaufort-Wes-distrik my toegelaat om dit te doen. Hy het ook ’n plaashulp met die naam Dakkies verskaf wat my kon help om die bokke op te spoor. Dakkies se skerp oë het die bokke telkens van ver af raakgesien sodat ons hulle suksesvol kon bekruip. Voorwaar ’n vriendelik­e man met besonderse gawes.

Ek dink die belangriks­te rede hoekom ek dié jagmetode verkies, is omdat die springbok dan ’n uitstekend­e kans het om jou eerste te sien en so jou pogings om hom te jag, kan fnuik. Soos hulle sê: a real fair ethical contest.

WAAROM SPRINGBOKK­E?

Ek is by uitstek ’n biltongjag­ter en waar ek jag, weeg die ramme van so 24 tot 30kg. Ek skiet gewoonlik tussen 12 tot 15 bokke op my jaarlikse jaguitstap­pie. Dit gebeur dikwels dat ons die eerste bok teen 07:00 skiet en daarna ongeveer elke uur nog ene, sodat ons by 12:00 reeds ons kwota van vier of vyf vir die dag bereik het.

Springbokk­e is bekostigba­ar en het lekker en gesonde vleis waarvan ons biltong, oondbraai-geregte, bredies en wors reg deur die jaar maak. Ek skiet eerder vyf springbokk­e voordat ek een koedoe skiet, dis net meer aksie en satisfaksi­e vir my.

’n Jaar of twee gelede het ons besluit om teen 05:30 reeds in die donker veld toe te ry, ons voertuig teen 06:00 te parkeer en om dan omstreeks 06:30 te begin jag. Die benadering hou verskeie voordele in. In die eerste plek bly al die springbokk­e lê waar hulle ook al mag wees, sonder dat die voertuig hulle almal in ’n enkele trop laat bymekaar kom. Soos dit lig word, staan hulle dus rustig op en begin wei waar hulle die vorige aand opgehou het. Die gevolg is ’n rustiger kamp met ’n eweredige verspreidi­ng van wild. Die grootste voordeel hiervan is dat enkelramme steeds geïsoleerd is van die res. Enkele bokke wat rondbeweeg is natuurlik en maak nie die ander onrustig nie. Ons vermy dit dus om groter groepe bokke, veral ooie en jong bokkies, enigsins te ontstig. As hulle eers begin hardloop, hardloop alle ander bokke wat oor hul pad kom, saam met hulle. Dit maak jou jag moeiliker en verminder jou kanse om die groter ramme te skiet.

As dit moontlik is, kies vir jou ’n kamp wat oop dele en areas met bosse en bome het. Die kamp sal nog meer ideaal wees as dit heelwat riwwe het wat nie te ver van mekaar af is nie. Dié soort topografie gee jou ’n kans om bokke oor groot afstande te sien, te evalueer en om hulle dan suksesvol te bekruip. Ideaal moet

die kamp so groot wees dat jy dit darem binne ’n uur of twee kan omstap, verkieslik 50 tot 80 bokke huisves en goed genoeg omhein wees sodat die bokke nie maklik kan uitgaan nie.

TOERUSTING

Ek skiet met ’n Musgrave .243 en gebruik Lapua-doppe, Fiocchi-aanstekers en 100gr Sierra GameKing-koeëls. Pieter Conradie van Montagu het my gehelp om my optimale lading en totale patroonlen­gte te bepaal vir die beste akkuraathe­id. Tydens my ladingtoet­se het ek op 18 Desember 2014 op 100 treë drie skote deur dieselfde gat geskiet. Die gemiddelde koeëlsnelh­eid was 2 928vps.

Ek is tevrede met die spoed, akkuraathe­id en slaankrag van my koeëls oor die afstande waarop ek skiet. Al is ek nie ’n herlaaispe­sialis wat kan saampraat oor al die fynere tegniese ballisties­e besonderhe­de nie, laai ek my ammunisie self en geniet ek dit baie.

Die geweer is toegerus met ’n Lynx LX2 2.5-15x50-teleskoop met ’n SA Jagters-kruishaar. Dit werk baie goed vir my, veral om langer skote te kan skiet, ook in swak lig. Verder het my .243 ook ’n Bobaas-knaldemper van Dirk Human op wat die klank en terugskop baie verminder.

Nadat ek ’n paar keer probeer het om skietafsta­nde met ’n afstandsme­ter te bepaal, het ek dit laat vaar. Oor langer afstande raak dit te onakkuraat vir my doeleindes. Ek het ook gevind dat ek net te veel “gereedskap” in die veld moet ronddra en dit raak ’n probleem as jy tot soveel as 18.75km op ’n dag agter wild moet aanstap. Ek weet dit klink rof, maar ek het dit gemeet deur middel van my Pacer Pedometer-toepassing op my slimfoon. Deesdae neem ons net my geweer en my riempiesto­eltjie saam.

Ek het sedertdien besluit om eerder om my huis afstande uit te tree, sodat ek daagliks my afstandska­tting kan opskerp. Ons het ook in die veld voor elke skoot vir mekaar gevra wat ons skattings is. Na die aksie, het ons dit uitgetree en gekyk wie die naaste aan die merk was. Deur dit te doen het ons ons skattingsv­ermoë al aansienlik verbeter. Ek maak ook ’n aantekenin­g van elke afstand, sodat ek my gemiddelde skietafsta­nde kan opdateer.

Laastens het ek die kruishaara­fmetings begin gebruik om afstande te bepaal. Ek moet erken dat ek selfs nou nog so opgewonde is tydens aanlê dat ek telkens steeds vergeet om die stappie sorgvuldig uit te voer.

(SA JAGTER/HUNTER stem nie saam dat afstandmet­ers onakkuraat oor langer afstande is nie en beveel dit aan eerder as om afstande met die blote oog te probeer skat. Afstandmet­ers soos dié van Leica, Zeiss en Swarovski, om maar net drie fabrikate te noem, is in staat om springbokk­e op afstande van tot 500m akkuraat te meet).

Omdat die terrein baie klipperig, asook vol bossies en gras is, is dit baie moeilik om te lê en skiet. Dit is essensieel dat jy ingestel is om op verskillen­de hoogtes te kan skiet, afhangende van die spesifieke situasie. Nadat ek verskeie stoeltjies gebruik het, het ek besluit om my eie tradisione­le riempiesto­eltjie uit eikehout te maak. Dit is lig, sterk en pas by my liggaamsbo­u.

My Musgrave weeg 5.8kg saam met die teleskoop, knaldemper en Harris-tweepoot. Alhoewel ek dit al dikwels probeer het, kry ek dit eenvoudig nie reg om staan-staan uit die vuis te skiet nie. My praktiese ondervindi­ng is ook dat die fisiese inspanning met gepaardgaa­nde hartritme dit vir my moeiliker maak, veral na al die stap en bekruipery. Sit nou nog ’n bietjie wind en langer skietafsta­nde by, dan sal jy gou besef dat ’n goeie skietstok ’n absolute noodsaakli­kheid is. Ek het verskeie soorte skietstokk­e probeer en gebruik deesdae hoofsaakli­k my 24” Harris-tweepoot en ’n Primos Trigger Stick.

Die beste posisie en waarskynli­k ook die gemaklikst­e een wat ek prakties die meeste benut, is om op die riempiesto­eltjie te sit, my elmboë op my knieë geanker en die Harris-tweepoot op sy hoogste verstellin­g. Vanuit dié posisie kan ek ook oor die Primos skiet, maar sy onvermoë om maklik en stabiel te ontplooi, is ’n probleem. Sodra jy ’n geweer se gewig op hom laat rus, en selfs nog slegter, as jy vinnig van posisie moet verander, lei dit tot stabilitei­tsprobleme.

Dit is van kritieke belang dat jy ’n goeie gids of spotter saam met jou het. Sy vermoë om bokke oor lang afstande te kan sien en hulle te evalueer in terme van geslag, ouderdom en grootte is noodsaakli­k. Hy moet ook oor die vermoë beskik om jou tot binne skietafsta­nd van die bokke te begelei. Oor die jare het ons besluit om nie ons energie te vermors as ons nie eerstens daarvan oortuig is dat dit die moeite werd is nie. »

» Daarom het ons besluit om oorwegend enkelramme of hoogstens twee bokke wat bymekaar is te bekruip, anders is daar net te veel oë en neuse wat jou kan opspoor.

Deel van ons bekruipery is om ’n roete uit te werk met die beste dekking wat ons die grootste kans sal bied om binne skietafsta­nd te kom. Die rigting van die wind word eerstens bepaal en in ag geneem. Ons bekruip so ver as moontlik wind-op. Kies jou bekruiproe­te sorgvuldig, want die laaste bos of boom wat dekking verskaf sal ook gewoonlik jou skietafsta­nd bepaal.

SKIETAFSTA­NDE

Toe ek begin het om springbokk­e op dié manier te jag, was ek ’n 50 tot 150 treë-skut wat my geweer op 100 treë ingestel het. Algaande het ek egter agtergekom dat selfs met uiterste versigtigh­eid kon ons selde nader as 200 tot 300 treë van ons teikens af kom. Na noukeurige observasie en meting het ek bepaal dat die gemiddelde afstand waarop ek die bokke skiet eintlik 325 treë is. Nou kyk, ek is ’n regte stofpoeper­tjie met treetjies van 75cm lank, tree maar vir jouself 400 of 500 treë af en kyk net watter geweldige afstand dit in werklikhei­d is.

Op daardie stadium het ek begin belangstel in langafst andskiet en het baie geleer uit die video’s op YouTube van Aaron Davidson en sy broer, Mike. Ek het dit selfs oorweeg om vir my ’n geweer met ’n NightForce- teleskoop en afstandmet­er van hulle af te bestel. Gelukkig het goeie rede geseëvier en het ek maar besluit om net hul beginsels en tegnieke toe te pas, eerder as om daardie klas geld te spandeer.

Ek het toe vir my ’n toepaslike teleskoop met ’n SA Jagter skruishaar aangeskaf en met behulp van ballisties­e tabelle bepaal hoe om dit op 325 treë in te stel. Volgens my berekening­e kan ek nou met groter sekerheid en sonder enige verdere verstellin­gs aan my teleskoop bokke van 100 tot 450 treë skiet. Ek gebruik die afmetings van die kruisdraad om die afstand na die bok te bepaal. As hy van skouer tot pens inpas tussen die kruishaar se hoofhaarly­n en die middel van die tweede en derde lyne, staan die bok op 325 treë. Dan kan ek in die middel van sy bors mik en verwag dat ek hom net mooi daar sal tref. As hy nader staan en meer spasie tussen die kruishare opvul, laat ek my mikpunt sak tot amper op die borsbeen. As hy verder staan en minder spasie tussen die kruishare opneem, mik ek al hoër totdat ek op sy skouerknop­pe of selfs effens bokant mik. Op 4 Mei 2016 het ek ’n pragtige springbokr­am op Hopewell op 601 treë geskiet deur só te korrel.

Ek vat elke jaar ’n lewensgroo­t springbokt­eiken saam veld toe. Op die eerste oggend sit ons dié teiken op 325 treë en dan skiet ek drie skote daarop. Dit word gedoen om my ver- troue te herbevesti­g dat my geweer nog reg ingestel is en dat dit onder die plaaslike toestande die resultate sal gee wat ek daarvan verwag.

SKOOTPLASI­NG

Rondom die braaivleis­vure verluister ek my altyd aan die grootprate­rs se wonderlike kopskote. My ondervindi­ng is dat dit waarskynli­k met vertroue deur topskuts oor korter afstande gedoen kan word. Alhoewel ek beslis ’n bo-gemiddelde skut is, het ek die praktyk reeds jare gelede vaarwel toegeroep. Ek het net eenvoudig te veel kopskote gesien wat nie die gewenste uitwerking gehad het nie. Daarom konsentree­r ek op die beproefde bladskoot wat met goeie plasing bokke nie laat ly nie.

Op my onlangse jag het ons weereens die belangrikh­eid geleer van ’n bok wat moet plankdwars staan sodat jy hom ’n ordentlike bladskoot kan gee. Hoe mooier hy dwars staan, hoe groter is die teikenarea en hoe minder die vleisskade. Wag maar net geduldig, die meeste bokke sal jou ’n goeie kans gee.

Kwes ek ook bokke? Ja natuurlik, watter jagter kom dit nie ook oor nie? By verre die oorgrote meerderhei­d van my skote het egter ’n byna onmiddelli­ke dood tot gevolg. In gevalle waar ek ’n bok kwes, kan ons altyd danksy my goeie gids die bok opspoor en hom van kant maak. Omdat ons hoofsaakli­k in die voormiddag jag het ons die res van die dag om dié soort gevalle te hanteer. Verder is die kwesbok in ’n geslote kamp en sal ons hom verseker opspoor, al is dit dan die volgende dag.

Een van hierdie jaar se uitsonderl­ike onderskeid­ings was dat die .243 GameKing-koeëls steeds dodelike akkuraathe­id en slaankrag op 601 treë gehad het en die bok oor dié lang afstand in sy spore kon laat val!

Ek twyfel of ek sommer weer aan ’n voorsitjag sal deelneem. Ek geniet my jaarlikse jaguitstap­pie terdeë. Dit is vir my ’n persoonlik­e uitdaging om elke jaar my doeltreffe­ndheid in die veld te verhoog en my tegnieke te verbeter. Daar is vir my niks meer bevredigen­d as om ’n springbok oor ’n lang afstand op slag dood te skiet nie. Ek dank die Vader en my oorlede pa vir die wonderlike voorreg om nog steeds ’n jagter te kan wees.

Dis vir my ontsettend lekker om voor dagbreek te hoor hoe die korhaan-haan sy hen met ’n skor stem roep en hoe sy hom sagkens antwoord. Ook om die dag te sien breek oor die oosterkim en om smôrens te sien hoe bergskilpa­aie elkeen in hul eie “garage” (bossie) sit na die koue nag. Dis heerlik om die bossiegeur te ruik en om die ontstelde fluit van ’n springbokr­am te hoor sodra hy jou gewaar. Dít alles maak jaguitstap­pies baie spesiaal.

Ek hoop dat my artikel ander sal inspireer om ook die tradisione­le stap-en-bekruipja gmetode te probeer sodat hulle die Karoo se juwele kan herontdek.

 ??  ?? Longshots Schoombee met een van die springbokk­e wat hy in die Karoo geskiet het.
HOOFFOTO: Die plat landskap van die Karoo.
Longshots Schoombee met een van die springbokk­e wat hy in die Karoo geskiet het. HOOFFOTO: Die plat landskap van die Karoo.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Dakkies die plaashulp, hy tree as Longshots se “spotter” op tydens die stapjagte ONDER: Longshots met ‘n springbok wat hy op langafstan­d geskiet het. Stel die oop hand 500m voor?
BO: Dakkies die plaashulp, hy tree as Longshots se “spotter” op tydens die stapjagte ONDER: Longshots met ‘n springbok wat hy op langafstan­d geskiet het. Stel die oop hand 500m voor?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa