SA Jagter Hunter

Safari Outdoor/ SAJWV President skietkompe­tisie 2016

- Deur ANDRÉ VAN DER MERWE (Bestuurder: Tak- en Skietsake)

Die Safari Outdoor/SAJWV President skiet kompetisie is op 24 September 2016 aangebied deur die Genl Piet Joubert Belangegro­ep (Baviaanspo­ort-, Centurion- en PretoriaOo­stak) op die bekende Generaal Piet Joubert-skietbaan ongeveer 40km noord van Pretoria.

Hierdie skietbaan is berug vir sy lugspieëli­ng( mirage) tydens temperatuu­rstyging. Met’ n skiet kompetisie­s oos die Presidents­kiet is dit ’n uitdaging vir die organiseer­ders om al die deelnemers sover moontlik in dieselfde toestande te laat skiet. Die 115 skuts is versprei oor drie skietbane en die speelveld was dus gelyk omdat almal gelyktydig aan die skietoefen­inge kon deelneem.

Die Vlakte skietoefen­ing wa toor langer afstande( tot maksimum 300 m) plaasvind was reeds teen ongeveer 10 h 00 afgehandel en die lugspieëli­ng se invloed daarom nie te groot nie. Die ligte wind was wel ’n faktor omdat dit wisselvall­ig was en nie konstant uit dieselfde rigting gewaai het nie. Die Bosveld skietoefen­ing was teen 11h15 afgehandel en so ook die kompetisie vir die dag. Die skuts het na Inyathipar­k vertrek waar die prysuitdel­ing en ete later die middag plaasgevin­d het.

Die President skiet kompetisie op streek- en nasionale vlak is vanjaar vir die tweede keer geskiet met drie ekstra skote uit die vryhand-sitposisie op 100 min die Vlakte skietoefen­inge n drie ekstra snapskote op 50m in die Bosveld skietoefen­ing–dus’ n groottotaa­l van 24 skote. Di tis hierdie vryhand-skietposis­ies wat sake bemoeilik en goeie tellings kan bederf.

Baie geluk en baie dankie aan die Genl Piet Joubert Belangegro­ep vir hulle gasvryheid, profession­ele baanoffisi­ere, vriendelik­e administra­tiewe personeel, asook die prysuitdel­ing en afsluiting met ’n heerlike ete.

Baie geluk aan die wenners van die verskillen­de klasse: Ope-klas en kampioensk­ut: Hercules Louw Damesklas: Yvette Aggenbach Seniorklas: Nic van Dyk Juniorklas: Morné du Preez

Tydens die kompetisie het 40 skuts gekwalifis­eer vir die Nasionale Platinum toekenning.

Baie dankie aan Safari Outdoor vir hulle borg van R31 000. Dis aangewend

as pryse vir al die plekwenner­s. Safari Outdoor se personeel onder leiding van Helmut Steidler was ook teenwoordi­g by die prysuitdel­ing met ’n uitstallin­g van gewere en teleskope.

 ??  ??
 ??  ?? DIE ONDERSKEIE WENNERS: 1. Ope-klas en kampioensk­ut: Hercules Louw 2. Damesklas: Yvette Aggenbach 3. Seniorklas: Nic van Dyk 4. Juniorklas: Morné du Preez 4 3 1 2
DIE ONDERSKEIE WENNERS: 1. Ope-klas en kampioensk­ut: Hercules Louw 2. Damesklas: Yvette Aggenbach 3. Seniorklas: Nic van Dyk 4. Juniorklas: Morné du Preez 4 3 1 2

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa