SA Jagter Hunter

Eg Suid-Afrikaans maak mooi skoon

- Deur JACQUES BOSHOFF

Met alles wat deesdae in ons land aangaan is dit lekker om op ’n plaaslike produk af te kom wat werklik trots Suid-Afrikaans is. Dit was net voor die 7uur-nuus een Donderdaga­and toe ek vir die eerste keer die SA Tumbler-dopskoonma­ker uit sy boks haal. Tydens hierdie skoonmaakp­roses word geweeren pistooldop­pe in ’n drom, gevul met ’n tuimelmedi­a, getuimel om hulle skoon te maak. Ek moet erken ek was opgewonde om ’n produk te toets wat kan kers vashou of selfs beter is as die internasio­nale produkte.

Ted Knowles, een van die vaders van SA Tumbler, het ongeveer ’n jaar gelede die idee gekry om hierdie dopskoonma­ker ( tumbler) vir die plaaslike skieten jagmark te ontwikkel. Soos ek verstaan was maande se ontwikkeli­ng, veranderin­g en aanpassing­s nodig om dié dopskoonma­ker te kry waar dit vandag is. Ted wou ’n gehalte-produk ontwikkel wat nie net beter is as dié wat ingevoer word nie, maar wat hy ook teen ’n beter prys aan die publiek beskikbaar kan stel. Dit is redelik algemeen bekend dat die meeste produkte deesdae in China vervaardig word. Vandaar word dit uitgevoer na Amerika waar ’n agent dit herverkoop en dit dan verskeep na ander lande. Elke rolspeler in hierdie proses laai sy gedeelte by die prys; teen die tyd dat jy dit dus op die rakke van jou naaste wapenwinke­l bekyk, is daardie prys heelwat meer as wat dit was toe dit in China op die skip gelaai is. Deurdat SA Tumbler plaaslik ontwikkel en vervaardig word, beteken dit die prys kan billik gehou word.

Maar hoe goed werk die SA Tumbler? Nadat ek die produk getoets het, kan ek daarvan getuig dat dit soos ’n droom werk. Alles wat jy nodig het, kom in die boks waarin dit verpak is. Dit het my slegs 10 minute geneem om alles reg te kry en die skoonmaakp­roses te begin.

Jy kry die volgende: 2kg se tuimelmedi­a (vlekvrye staalpenne­tjies), wynsteensu­ur ( tartaric acid), skottelgoe­dseep, drom, die kragbron en dan die duursame SA Tumbler-masjien. Volgens Ted sal die media nie roes nie en sal jy dit vir baie lank kan gebruik. Selfs as die skoonmaakp­roses klaar is, kan ’n mens net ’n magneet gebruik om die media van die doppies te skei. Die wynsteensu­ur en die skottelgoe­dseep gaan saam met die water in die houer. Daar is ander produkte op die mark wat dieselfde doel verrig, maar ek moet sê, dié wat verskaf is, werk baie goed en is natuurlik baie bekostigba­ar om te vervang sodra dit opgebruik is. Die drom, kragbron en die masjien self is van baie hoë gehalte en op die oog af kan jy sommer sien dat dit jare se werkverrig­ting gaan lewer.

Die SA Tumbler het ’n eenjaarwaa­rborg. Sou daar enige probleme met die produk wees, is die vervaardig­er in Suid-Afrika en sal jy dit maklik en vinnig kan uitsorteer. Gedurende my toets het ek net so oor die vyftig 7x64doppe op ’n slag skoongemaa­k, maar volgens die vervaardig­er kan ’n maksimum van 200 .308-doppe en naby aan ’n 1 000 9mm-doppies op een slag skoongemaa­k word. Die SA Tumbler het lag-lag vir 24 uur teen die maksimum-kapasiteit gewerk sonder enige probleme.

Die proses is baie maklik: Plaas die vlekvrye staal-media in die drom; sit die doppe in; voeg een teelepel wynsteensu­ur en een teelepel skottelgoe­dseep by; maak die drom driekwart vol met water en seël dit mooi; skud dit so ’n bietjie en los vir ’n uur of selfs oornag en skakel daarna die SA Tumbler aan. Die tumbler het tydverstel­lings wat in inkremente van 10 minute werk tot ’n maksimum van 90 minute. So, as die doppe baie vuil is kan jy hulle vir 90 minute lank tuimel in die drom vir die maksimum skoonmaakk­rag. Sodra dit klaar is, spoel die doppe met louwarm water af en sit dit vir ’n paar minute in die oond teen 50 ˚C om te droog.

Ek is baie in my skik met die SA Tumbler want dit voldoen aan internasio­nale standaarde en teen ongeveer R4 200 is die prys baie mededingen­d met dié van soortgelyk­e ingevoerde produkte. • Vir meer inligting skakel Ted Knowles by 078-354-6262 of stuur ’n e-pos na edknowles@ mweb.co.za. • Gaan loer gerus ook op hulle webtuiste www.satumbler.co.za om die produk in aksie te sien.

 ??  ?? Die Tumbler, werkgereed (bo) met kontrolepa­neel (insetsel regs).
Die Tumbler, werkgereed (bo) met kontrolepa­neel (insetsel regs).
 ??  ?? Jy kry 2kg se tuimelmedi­a (vlekvrye staalpenne­tjies), wynsteensu­ur, skottelgoe­dseep, drom, die kragbron en dan die duursame SA Tumbler-masjien.
Jy kry 2kg se tuimelmedi­a (vlekvrye staalpenne­tjies), wynsteensu­ur, skottelgoe­dseep, drom, die kragbron en dan die duursame SA Tumbler-masjien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa