SA Jagter Hunter

Manjifieke MAUSERS

- Deur KOOS BARNARD

Etlike maande gelede stap ek een laatmiddag by Danie Joubert se werkswinke­l in Pretoria in om ’n werkie te bespreek wat ek aan een van my roere wil laat doen. En soos dit maar altyd gaan, laat dwaal ek toe my oë oor die klaar en halfklaar gewere wat op ’n rak teen die een muur pryk.

Daar staan hulle toe, twee gewere op Mauser-aksies gebou, nog half klaar en soos die Engelse sê, “in the white”, met ander woorde die staal was nog nie geblou nie. Tog was dit baie duidelik dat albei dié gewere bloubloed-menere was – iets waarmee jy jouself kan bederf vir Kersfees... of sommer enige tyd van die jaar omdat jy met geweerkrui­t in jou are gebore is.

Toe dié pasmaats uiteindeli­k klaar was, het Danie my genooi om weer na hulle te kom kyk.

Hierdie besondere gewere is beide op Vektor se vierkantbr­ug-Mauseraksi­es gebou, een in .416 Rigby en die

ander in .450 Rigby. Die eienaar, Leon Lecuona van Johannesbu­rg wou twee pasmaakgew­ere hê wat in alle opsigte (behalwe die kalibers) eenders sou wees. Dis nogal belangrik vir groot kaliber gewere wat aangewend word op enigiets wat kan byt, krap, stoot, trap of gaffel as hulle beneuk raak. As jy ’n paar dae aaneen met die .416 op buffelspor­e gestap het en jy dan die volgende dag besluit om met die .450 olifante te gaan soek, wil jy dit nie met ’n geweer doen wat effens vreemd voel of anders hanteer nie.

Wanneer jy gevaarlike wild jag, wil jy ook hê dat jou geweer genoeg patrone in die magasynkas neem – albei hierdie gewere het ’n magasyn kapasiteit van vier.

Danie se beplanning het ook goed uitgewerk want die gewere se gewig, as hulle nie gelaai is nie, is prakties gesproke dieselfde, naamlik 5.2kg (ek dink die een is iets soos 30 gram ligter).

Om dié pasmaats so na as moontlik aan mekaar te laat lyk, ook wat die kolwe betref, is een groot stuk Turkse okkerneuth­out bestel waaruit beide die kolwe toe gemaak is. Faan de Vos, wat seker geen bekendstel­ling nodig het nie, het die kolwe gemaak.

Soos op die foto’s gesien kan word, het Danie opdrag gekry om Holland & Holland-tipe oop visiere vir beide te maak en dan ook vinnig afhaalbare, Holland & Holland-tipe symonterin­gs vir die teleskope. Beide gewere is toegerus met Schmidt & Bender se Exos 1-8x24-teleskope.

Die lope is 58.5cm lank en die treklengte ( length of pull) 36cm. Beide se lope het ’n ekstra terugskopn­ok of recoil lug om te help om die terugskop in die kolf te versprei. As daardie ekstra nok uitgelaat word veroorsaak dit baie male dat die kolwe van sulke groot kalibergew­ere kraak. Die sneller druk- king van die twee gewere is ook dieselfde, naamlik 1.2kg.

Behalwe vir die mooi hout is daar ’n ander paar versiering­s wat dié gewere iets besonders maak. Beide dra uitstekend­e graveerwer­k deur die bekende Armin Winkler. Die .416 het ’n buffel op die magasynpla­at gegraveer en die .450 ’n olifant. Verder is die visiere ook mooi gegraveer en die kaliber is in goud op elke geweer aangebring. Die geweernomm­er pryk op die snellerbeu­el en op die slagpenhul­s is daar ’n pyltjie in goud wat aandui in watter rigting die veiligheid­sknip gespan moet word – alles baie elegant en smaakvol. Net om dubbel seker te maak dat jy nie die verkeerde roer gryp as die grootvoete naby is nie, is die kaliber ook op die agterste teleskoopr­ing gegraveer.

Dis te laat om jouself vir hierdie Kersfees te bederf met so ’n paar pasmaakgew­ere, maar as jy nóú vir Danie kontak en jou bestelling plaas, mag jy hulle dalk net voor die volgende Kersfees ontvang. • Vir meer inligting oor Danie se werk en die tipe gewere wat hy bou, kontak dié meester by 083-326-8290.

 ??  ?? HOOFFOTO: ‘n Enkele bladvisier met wye “V”-kerf is gebruik en let op hoe die kaliber in goud aangebring is op die kwartrib.
HOOFFOTO: ‘n Enkele bladvisier met wye “V”-kerf is gebruik en let op hoe die kaliber in goud aangebring is op die kwartrib.
 ??  ?? Die identiese pasmaak-Mausers in kalibers .416 Rigby en .450 Rigby wat Danie Joubert van Pretoria op Vektor-aksies gebou het.
Die identiese pasmaak-Mausers in kalibers .416 Rigby en .450 Rigby wat Danie Joubert van Pretoria op Vektor-aksies gebou het.
 ??  ?? Danie Joubert, meester-geweerboue­r.
Danie Joubert, meester-geweerboue­r.
 ??  ?? Die inskripsie op die loop sê dit alles.
Die inskripsie op die loop sê dit alles.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? LINKS: ‘n Buffelkop pryk op die magasynpla­at van die .416 Rigby-geweer. Let op die netjiese goudinlegw­erk.
ONDER: Op die .450 Rigby se magasynpla­at is ‘n olifant gegraveer. Om dit duidelik te laat uitstaan is die blou plekplek verwyder.
LINKS: ‘n Buffelkop pryk op die magasynpla­at van die .416 Rigby-geweer. Let op die netjiese goudinlegw­erk. ONDER: Op die .450 Rigby se magasynpla­at is ‘n olifant gegraveer. Om dit duidelik te laat uitstaan is die blou plekplek verwyder.
 ??  ?? Foto’s 1 & 2 wys die Holland & Holland-tipe korrel en korrelbesk­ermer terwyl foto 3 die pyltjie op die slagpenhul­s toon wat aandui in watter rigting die veiligheid­knip gespan moet word.
Foto’s 1 & 2 wys die Holland & Holland-tipe korrel en korrelbesk­ermer terwyl foto 3 die pyltjie op die slagpenhul­s toon wat aandui in watter rigting die veiligheid­knip gespan moet word.
 ??  ?? Elegante wangstukke versier die kolwe.
Elegante wangstukke versier die kolwe.
 ??  ?? REGS ONDER: Elegante greepkappi­es van staal rond die pistoolgre­pe van die gewere af.
REGS ONDER: Elegante greepkappi­es van staal rond die pistoolgre­pe van die gewere af.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa