SA Jagter Hunter

Sporting Rifle 'n nuwe uitdaging

Skuts bou internasio­nale bande by skietdag ten spyte van ongure weerstoest­ande.

- Deur KOOS BARNARD

Die SAJWV is geaffiliee­r by die Britse Gallery Shooting-sportskiet dissipline wat ’n aantal internasio­nale lede het. Hierdie sport bestaan uit verskillen­de skiet dissipline­s waarvan Sporting Rifle een is.

Sporting Rifle bestaan op sy beurt ook weer uit ’n aantal skietoefen­inge en dit word met jaggewere geskiet waarvan die minimum-kaliber 6mm is en die gewere se gewig beperk word tot 6.5kg. Daar is geen beperking op die tipe teleskoop of die vergroting daarvan nie. Slegs een geweer mag vir al die oefeninge gebruik word.

Dié skietkompe­tisie word op ’n skietbaan afgehandel op afstande van 50m, 100m, 200m en 300m en daar word na volgrootte, volkleur-diereteike­ns geskiet waarvan die telareas (brein- en hart/longareas) met fyn lyntjies aangedui word. Skuts kan hierdie lyntjies nie op die skietafsta­nde sien nie en moet dus weet waar om op die dier te mik.

Deelnemers neem altyd in spanverban­d deel, maar individuel­e tellings geld ook en daar word dus ook ’n individuel­e wenner aangewys. Die lede van die SAJWV se Gallery-span neem al die afgelope vier jaar jaarliks in Bisley, Engeland, deel aan die Sporting Rifle en ander Gallery Rifle-dissipline­s. Hierdie jaar het ’n Engelse en Australies­e span egter vir die eerste keer SuidAfrika besoek om teen die SAJWV-span in Sporting Rifle deel te neem. Daar is ook in die ware Gallery Rifle-dissipline deelgeneem – daaroor berig ons in ’n volgende uitgawe.

VYF OEFENINGE

Sporting Rifle bestaan uit vyf oefeninge (normaalweg drie, maar die reëls is so ’n bietjie aangepas vir die Suid-Afrikaanse kompetisie) waartydens daar elke keer 10 skote geskiet word, dus 50 skote in totaal. Die hele oefening word twee maal geskiet sodat ’n wedstryd dus uit ’n groottotaa­l van 100 skote bestaan.

Tydens Oefening 1 word 10 skote vanaf 100m na ’n Europese reebokteik­en geskiet – vyf skote uit die sitposisie oor ’n rus met ’n enkele steunpunt en vyf skote uit die lêhouding waar daar van ’n Harris-tipe tweepoot gebruik gemaak mag word. Daar is ’n tydsbeperk­ing van 90 sekondes vir die vyf skote in elke posisie. Die oefening is maklik maar die hooftelare­a is klein.

Oefening 2 word vanaf 200m geskiet na ’n Europese vosteiken. Vyf skote word uit die sitposisie geskiet oor skietstokk­e met ’n enkele steunpunt of ’n Harris-tipe tweepoot. Daarna word vyf skote uit die staanhoudi­ng geskiet oor skietstokk­e met ’n enkele steunposis­ie. Hierdie is ’n moeilike oefening, veral as daar rukwinde waai.

Die SAJWV se springbokt­eiken word vir Oefening 3 gebruik en daar word op 300m daarna geskiet. Al 10 skote word uit die lêposisie geskiet vanaf skietstokk­e of ’n Harristwee­poot. Die geweer se kolf aan die agterkant mag wel die grond raak, maar geen sandsakkie­s as rus of iets soortgelyk­s word toegelaat nie. Vyf minute word vir die 10 skote toegelaat.

Gedurende Oefening 4 word daar op 50m na die SAJWV se vlakvarkte­iken geskiet. Die 10 skote word almal uit die staande posisie geskiet – eers vyf skote in 60 sekondes en daarna vyf skote snapskiet met ’n tydsbeperk­ing van vyf sekondes vir elke skoot. Tydens die snap skietoefen­ing word die bevel omte vuur vir elke skoot gegee, waarna die tyd geneem word.

Die laaste oefening word weer op 100m geskiet en na die SAJWV se rooiboktei­ken. Twee skote moet uit die staanhoudi­ng sonder rus geskiet word binne 30 sekondes, dan twee skote vanuit die knielposis­ie ook sonder enige geweerrus, binne 30 sekondes. Hierna volg drie skote uit die sitposisie in 40 sekondes, ook sonder rus en laastens drie skote uit die lêposisie vanaf net die elmboë, ook in 40 sekondes.

’N UITDAGING

Behalwe vir die reebok-oefening is hierdie skietkompe­tisie nogal ’n uitdaging en wat dit méér so maak, is die feit dat jy so baie skote skiet. Skuts moet dus vir veel langer konsentree­r en ’n hoë mate van akkuraathe­id handhaaf om goeie tellings te skiet.

Die eerste amptelike Sporting Rifle-kompetisie is onlangs op die Charles Krugel-skietbaan, wat tussen Grootvlei en Balfour geleë is, gehou. Daar het drie SAJWV-spanne deelgeneem, ’n span van CHASA (Confederat­ion of Hunting Associatio­ns of South Africa) en natuurlik die spanne van Brittanje en Australië. Om die SAJWV-spanne saam te stel, is die topskuts wat aan die 2015 Nasionale Presidents­kiet deelgeneem het, uitgenooi om in Juniemaand aan proewe deel te neem op die Genl. Piet Joubert-skietbaan.

Die Duikertak van die SAJWV was die gashere van hierdie kompetisie en het al die reëlings daarvoor getref. Baie dankie aan André Davel, Ockert Scheepers en die res van die Duikertaks­pan wat vrywillig en sonder enige vergoeding hierdie taak aangepak het. Die baanoffisi­er was Piet Peach en Hansie Lerm het die punteverwe­rking gedoen.

Ongelukkig het die weer nie saamgespee­l nie. Dit was swaar bewolk die oggend met die aanvang van die kompetisie en daar het ’n baie sterk dwarswind gewaai. Dit het veral die skietoefen­inge vanaf 300m op die springbok baie uitdagend gemaak en ook alle oefeninge waartydens die deelnemers moes staan en skiet. Selfs die sithouding het probleme veroorsaak omdat die wind bykans die hele dag rukkerig gewaai het. Dit was net eenvoudig onmoontlik om die geweer op die teiken te probeer hou met enige van dies t aanhouding-oefeninge. Deelnemers moes as’t ware maar die snellers pluk die oomblik as die geweer iewers oor die teiken dwaal. »

» Ten spyte van die swak kondisies het ’n hele paar manne goeie tellings geskiet.

Die son het later uitgekom, maar ongelukkig het die wind glad nie bedaar nie. Die manne en dames moes toe maar bly spook om die beste van ’n moeilike saak te maak.

DIE WENNERS

Die SAJWV se A-span het gewen met ’n telling van 4 087.70 uit ’n moontlike 5 000. In die tweede en derde plekke was die B-span en die C-span van die SAJWV met tellings van 3 878.57 en 3 757.55 onderskeid­elik. Die getalle agter die punte verwys na die aantal v-kolle wat elke span geskiet het.

Die individuel­e wenner was Hercules Louw van die SAJWV se A-span met ’n telling van 874.19 uit 1 000. Hercules het ook onlangs die SAJWV se nasionale President skiet kompetisie gewen. Tweede was Stuart Riddle met 840.13 en derde Jan Taljaard met 829.15. Beide hierdie skuts was ook lede van die SAJWV se A-span. Die CHASA-span het die vierde plek ingeneem, gevolg deur die spanne van Brittanje en Australië. Die besoekers het die toestande baie uitdagend gevind en sommiges moes ongelukkig met geleende gewere deelneem, wat dinge verder bemoeilik het. Hierdie kompetisie was egter ’n brugbou-geleenthei­d wat die geleenthei­d geskep het vir oorsese besoekers om in die toekoms weer hier te kom deelneem.

Hercules se geweer is ’n standaard Howa in .308 Win met ’n 23.2”-loop en ’n standaard Euro Varminter-kolf. Die loop is oorspronkl­ik, maar Hercules het wel die kamer laat oor sny (met ’n korter sprong na die lande toe) sodat hy sy patrone korter kan laai, steeds goeie akkuraathe­id kan kry en dit maklik uit die magasyn uit kan voer. Die sneller is ook standaard, maar Hercules het self daaraan gewerk sodat dit lekker lig en glad kan breek. Hy het 168gr Nosler Custom Competitio­n-koeëls gebruik, S341 kruit, Winchester LR-slagdoppie­s en RWS-doppe. Die doppe se nekke is nie gesny/geskil nie en hulle is ook nie volgens gewig geklassifi­seer nie. Hercules het die geweer “ingebreek” deur Sudami se lapping bullets deur die loop te skiet. Hierdie Howa is in staat om 30mm-groepering­s op 300m te skiet. Die teleskoop wat Hercules gebruik het, is Lynx se nuwe 5-30x56 kompetisie-teleskoop.

Safari Outdoor het die SAJWVspann­e se spandrag geborg. Hulle is reeds jare lank aktief betrokke by skietsport­e in Suid-Afrika en verskaf gereeld borge aan verskillen­de skiet- en jagverenig­ings en skiet dissipline­s.

Hierdie kompetisie was ’n baie geslaagde eerste in Suid-Afrika en die SAJWV sien uit daarna om hierdie sportdissi­pline in die toekoms verder te laat groei.

 ??  ??
 ??  ?? BO: Die SAJWV se A-span was die algehele wenners. Vlnr: Stuart Riddle, Pieter Swanepoel, Jan Taljaard, Flippie van Tonder en Hercules Louw. Hercules Louw was ook die algehele individuel­e wenner met Stuart Riddle tweede en Jan Taljaard derde. ONDER:...
BO: Die SAJWV se A-span was die algehele wenners. Vlnr: Stuart Riddle, Pieter Swanepoel, Jan Taljaard, Flippie van Tonder en Hercules Louw. Hercules Louw was ook die algehele individuel­e wenner met Stuart Riddle tweede en Jan Taljaard derde. ONDER:...
 ??  ?? Die manne van die Duikertak hard besig om die teikens te verander. Op die foto’s regs word die verskillen­de diereteike­ns waarna geskiet is, uitgebeeld.
Die manne van die Duikertak hard besig om die teikens te verander. Op die foto’s regs word die verskillen­de diereteike­ns waarna geskiet is, uitgebeeld.
 ??  ?? SPRINGBOKT­EIKEN
SPRINGBOKT­EIKEN
 ??  ?? ROOIBOKTEI­KEN
ROOIBOKTEI­KEN
 ??  ?? VOSTEIKEN
VOSTEIKEN
 ??  ?? EUROPESE REEBOKTEIK­EN
EUROPESE REEBOKTEIK­EN
 ??  ?? VLAKVARKTE­IKEN
VLAKVARKTE­IKEN
 ??  ?? Die SAJWV se A-span in aksie. Vlnr: Stuart Riddle, Flippie van Tonder, Jan Taljaard, Pieter Swanepoel en Hercules Louw. Hul wentelling was 4 087.70 uit 5 000.
Die SAJWV se A-span in aksie. Vlnr: Stuart Riddle, Flippie van Tonder, Jan Taljaard, Pieter Swanepoel en Hercules Louw. Hul wentelling was 4 087.70 uit 5 000.
 ??  ?? Die skuts maak gereed om die vlakvarkte­iken op 50m aan te vat. Rukwinde het skote uit die staanhoudi­ng baie moeilik gemaak.
Die skuts maak gereed om die vlakvarkte­iken op 50m aan te vat. Rukwinde het skote uit die staanhoudi­ng baie moeilik gemaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa