SA Jagter Hunter

TIKKA MANALLEEN-UITDAGING

- Deur SAREL MARAIS

Skietkompe­tisies is besig om al hoe gewilder in Suid-Afrika te raak en unieke skietoefen­inge word soms uitgedink om die mense se belangstel­ling in kompetisie­skiet te prikkel.

Een so ’n skietkompe­tisie is die Tikka Manalleen-uitdaging wat in 2016 vir die vyfde agtereenvo­lgende jaar gehou is. Hierdie jaar se kompetisie is op 20 Augustus net buite Bloem- fontein gehou en 60 skuts het daaraan deelgeneem. Verskeie Protea Jaggeweers­kuts het ingeskryf en die oudste deelnemer was die 67-jarige Ronnie Viljoen van Kuruman. Die Manalleen-uitdaging kan met reg as die moeilikste jaggeweer skietkompe­tisie in Suid-Afrika beskou word.

Waar die skuts vorige jare vir ’n Tikka-geweer as wenprys geskiet het (vandaar die naam Tikka Manalleen-uitdaging), was daar hierdie jaar ’n Sakogeweer op die spel.

Die reëls vir hierdie skietkompe­tisie bepaal dat dit ’n jagsimulas­ie is waartydens elke deelnemer op sy eie deur die baan beweeg en uiteindeli­k 30 skote skiet. Daar word na staalghong­s en volgrootte, volkleur-diereteike­ns geskiet op onbekende afstande wat elke deelnemer moet skat. Diereteike­ns sluit onder andere springbokk­e, blesbokke, vlakvarke, jakkalse en ribbokke in. Die staalghong­s se groottes wissel van 100mm tot 200mm.

Geen afstand- en windmeters of enige ander hulpmiddel­s mag

gebruik word nie; net dit wat deur die baanbouers verskaf word, mag gebruik word. Deelnemers mag nie eens hul eie geweerruss­e gebruik nie – slegs dit wat die terrein bied mag gebruik word. Jy mag slegs jou geweer, ’n waterbotte­l en ’n stoel saamdra (laasgenoem­de om op te sit terwyl jy jou skietbeurt afwag).

Deelnemers neem een-een deel om te verhoed dat skuts die afstande onder mekaar skat en die baan met mekaar bespreek. Deelnemers wat nog nie geskiet het nie, mag ook nie selfone by hulle hê nie sodat diegene wat klaar geskiet het, nie hulle maats kan kontak met inligting oor die baan nie. Skuts wat klaar geskiet het word ook apart gehou van diegene wat nog moet deelneem. Hierdie kompetisie is dus die regverdigs­te jaggeweer-skietkompe­tisie wat bestaan omdat jy geen hulp van ander kry nie. Op die normale jaggeweer- skietkompe­tisies word daar maar altyd lekker gekoukus en inligting uitgeruil.

Soos genoem, word daar op onbekende afstande geskiet en ’n tydsbeperk­ing geld vir elke baan waarbinne jy jou vyf skote moet skiet – gewoonlik so 90 tot 120 sekondes. Jy moet maar die terrein gebruik en jou skietposis­ie daarvolgen­s kies binne 10m van die rooi vlag wat die skietpunt aandui, tensy anders vermeld. Hierdie jaar se ses bane (vyf skote per baan) het bestaan uit een ghongbaan en vyf papierteik­enbane. Soms moes jy op een baan na twee papierteik­ens op verskillen­de afstande skiet.

Drie bane is uitgelê in ’n gebied wat tussen twee rante lê en waar daar ’n spruit is, en die ander drie bane was bo-op ’n rant met genoeg veilige agtergrond om die koeëls te stuit.

Op Baan 1 was die rooi vlag wat die skietpunt aandui aan ’n bos vasgemaak wat so 2m agter ’n boom gestaan het. Rondom die boom het die digte katbosse ’n lêposisie onmoontlik gemaak. Dus kon skuts net die boom as rus gebruik om na die rooiboktei­kens te skiet wat ongeveer 180m en 240m weg geplaas »

» was. Twee skote moes op die naaste teiken geskiet word en drie skote op die verste teiken.

’n Boom wat omgeval het was Baan 2 se enigste rus en skietpunt vanwaar jy al die ghongs kon sien. Die naaste ghong was omtrent 240m en die verste een 350m.

Baan 3 het ’n dik droë boomstomp as rus gebied vanwaar jy na ’n jakkals op 140m moes skiet en ’n rooibok op omtrent 220m. Sommige skuts het egter ’n ander klein boompie daar naby gebruik (onthou jy mag enige rus binne 10m van die skietpunt gebruik). Nog ander het langs die skietpunt die lêposisie ingeneem en van hul elmboë af geskiet.

Die skietpunt op Baan 4 was bo-op ’n rantjie opgestel en enige rotse of klippe kon gebruik word. Die teikens hier was ’n ribbok op ongeveer 120m en ’n vlakvark op so 190m. Baie skuts is hier uitgevang – hulle het te hoog geskiet.

’n Vlakvarkte­iken op 160m en ’n springbok wat skuins staan het die skuts op Baan 5 gekoggel. Sommige skuts het opgemerk dat die springbok in die volgende provinsie staan, maar die afstand was eintlik net 340m.

Op Baan 6 was die teikens ’n vlakvark op 150m en ’n blesboktei­ken op 250m.

Hierdie jaar se wenner was Hendrik Grobler van Steelpoort. Willem Botha van Bloemfonte­in was tweede en Andrew Roberts van Hoopstad derde. Die spanskiet is gewen deur Willem Botha en Daan Griesel. Die spanlede het natuurlik nie saam geskiet nie, hulle tellings is bloot bymekaar getel.

Dit was Willem Botha van Die Skietwinke­l wat hierdie kompetisie-konsep so ’n paar jaar gelede ontwikkel het. Hy is natuurlik ook die vader van Jaggeweers­kiet in Suid-Afrika. Willem glo hierdie is die enigste ware toets vir ’n jaggeweers­kut se skietvermo­ë omdat hy al die besluite op se eie moet neem en geen eksterne hulpmiddel­s mag gebruik en hulp ontvang nie.

Geeneen van die deelnemers word toegelaat om te help met die opstel van die baan nie. Ervare skuts wat nie deelneem nie is elke jaar verantwoor­delik daarvoor. Dit was hierdie jaar my voorreg om die baan opstelbeam­pte te wees. Ek het sommer nie-amptelik saam geskiet en my .223 gebruik – net om te sien hoe goed ek my eie baan kon baasraak.

Soos al die vorige jare het Willem Botha al die pryse en borge gereël en daar was selfs pryse vir die skut wat in die 41ste plek geëindig het. Die totale waarde van die pryse was R125 000, onder meer twee jaggewere, ’n Sako Mod .85 en Tikka T3. Daar was ook ’n .22-geweer, verskeie teleskope, skietstokk­e en baie ander bruikbare pryse.

Baie dankie aan al die deelnemers, helpers en aan al die borge. Hier volg hulle name in geen spesifieke volgorde: African Hunting Supplies; Die Skietwinke­l; Zeiss; Whylo; Lynx; Formalito; N.Yale; Bushill; Drinns; Silent Hunter; Izak Hatting en Gerrie Coetzee Vuurwapens; Sunbeamtec­h (Eugene van Rooyen); Marakalalo Taksidermi­s; Lite Optec; Letsatsi Game Lodge; Pine Louw; Adventure Tech; El Paso; Rudolph Optics en Japan Optical.

Volgende jaar maak ons beslis weer so! • Indien jy belangstel om in 2017 deel te neem, kontak gerus vir Willem Botha by willem@ skietwinke­l.com

 ??  ??
 ??  ?? TydensTd di die Tikk Tikka M Manalleen-skietkompe­tisiell ki tk ti i mag j jy van enigei natuurlike rus gebruik maak wat jy binne 10m van die skietpunt kan vind. Op hierdie twee foto’s benut die manne die rotse op ‘n rantjie na die beste van hul vermoë.
TydensTd di die Tikk Tikka M Manalleen-skietkompe­tisiell ki tk ti i mag j jy van enigei natuurlike rus gebruik maak wat jy binne 10m van die skietpunt kan vind. Op hierdie twee foto’s benut die manne die rotse op ‘n rantjie na die beste van hul vermoë.
 ??  ?? Willem Botha (links) van Bloemfonte­in het tweede geëindig en die wenner van die 2016 Tikka Manalleen-skietkompe­tisie was Hendrik Grobler van Steelpoort (regs).
Willem Botha (links) van Bloemfonte­in het tweede geëindig en die wenner van die 2016 Tikka Manalleen-skietkompe­tisie was Hendrik Grobler van Steelpoort (regs).
 ??  ?? Skuts sit en wag hulle beurt af om te skiet. Van hulle wagstasies af het hulle geen uitsig oor enige van die bane nie en kan dus nie onder mekaar koukus oor die afstande nie.
Skuts sit en wag hulle beurt af om te skiet. Van hulle wagstasies af het hulle geen uitsig oor enige van die bane nie en kan dus nie onder mekaar koukus oor die afstande nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa