SA Jagter Hunter

CON-TAC VIR JAGTERS EN SKUTS

- Deur KOOS BARNARD

Jagters het deesdae ’n groot keuse wanneer dit kom by kamoefleer­drag. Ons het vroeër vanjaar in ’n klerebylaa­g sommige van die nuutste produkte bekend gestel. Wel, nou is daar nóg ’n trots SuidAfrika­anse produk wat jagters behoort te geniet. Nico Grobler, ’n Bosoorlog-veteraan en Deon de Jager, ’n voormalige valskermso­ldaat, het saamgespan om die Con-Tac-klerereeks die lig te laat sien. Die naam Con-Tac is ’n afkorting wat saamgestel is uit die woorde “concealmen­t” en “tactical”.

Nico-hulle wou dieselfde tipe materiaal gebruik as waarvan die ou browns (ons destyds weermagkle­re voor 1994) gemaak was. Daardie tipe materiaal bevat net genoeg sintetiese weefsel om ’n redelike mate van kleurvasth­eid te verseker. Dis ook ’n lekker “was en dra” materiaal en die katoeninho­ud absorbeer sweet maklik, aldus Nico Grobler.

Soos julle op die foto’s kan sien, het die klere ’n tipe digitale patroon in verskillen­de skakerings van groen en ligte bruin wat dit goed met ons oorwegend savanne-tipe landskap laat saamsmelt. Die skakerings is ook veronderst­el om in skaduwee goed te werk en jagters te laat “verdwyn”.

Con-Tac-klere word tans verskaf in vier reekse, ’n sogenaamde Combat-reeks wat hoofsaakli­k deur die personeel van die SWPA (Specialise­d Wildlife Protection Academy) gebruik word – nie net uniforms nie, maar onder meer ook rugsakke en gevegsbaad­jies. Dan is daar ook ’n Hunter-reeks, Country- reeks en Ladies-reeks en ’n Kiddies-reeks word beplan.

Die Combat-reeks se hemde het ’n dubbellaag materiaal in die elmboogare­a, ’n kraag wat uitvou vir addisionel­e sonbeskerm­ing en ’n gusset of insetsel met gaas aan die rugkant vir ventilasie. Die hemde is ook op die sogenaamde slim fit- patroon gesny. Die broeke het ’n dubbellaag materiaal in die sitvlakare­a, asook by die knieë waar daar ook ekstra geplooide stiksels is wat gemak verseker as die bene gebuig word. Slegs langmouhem­de en langbroeke is beskikbaar in dié reeks, asook ’n kort bosbaadjie.

Wat die Hunter-reeks betref het Con-Tac van die standpunt uitgegaan dat die gemiddelde Suid-Afrikaanse jagter nie noodwendig gemaklik sal wees in die meer noupassend­e snit van die Combat-hemp nie. Daarom het die Hunter-hemde se ruimer snit steeds die insetsel vir ventilasie, maar sonder die dubbelmate­riaal by die elmboog en sonder die opslaankra­ag.

Die Hunter-broek is op dieselfde patroon as dié van die Combat gesny met geplooide stiksels by die knieë, maar dit het nie dubbelmate­riaal by die sitvlak nie en in die lyfbandged­eelte is daar twee rekbare dele ter wille van »

» gemak as die broek dalk effens knap begin pas. Anders as die Combat-reeks, is die Hunterreek­s ook beskikbaar in kortmouhem­de en kortbroeke.

Con-Tac se Country-reeks bestaan tans slegs uit hemde (beide lang- en kortmou), dis van ’n effens sagter materiaal gemaak en is gemik op ’n meer formele mark – dit kan vir kantoordra­g aangewend word of as ’n netjiese hemp gedra word as die PH of outfitter sy kliënte by die lughawe gaan ontmoet. Dit is beskikbaar in ’n verskeiden­heid van kleure – stone, khaki, tobacco, olive, navy & black.

Die damesreeks bestaan tans uit ’n hemp (beide lang- en kortmou) in ’n vleiende snit en word vervaardig in beide die kamoe-fleermater­iaal en dieselfde sagte bush blend- materiaal van die Country-reeks. Die damesbroek het sy oorsprong gehad in opdrag van ’n maatskappy wat ’n behoefte gehad het aan ’n damesbroek vir kompeteren­de skuts. ’n Broek is toe ontwerp spesiaal volgens dames se behoeftes. Die geplooide insetsels by die knieë (soos die Combat-broek) is behou om sodoende ’n taktiese, dog gemaklike broek beskikbaar te stel aan vrouejagte­rs en sportskuts. Lang- en kortbroeke is beskikbaar.

Ek het onlangs ’n hemp en broek van Con-Tac se Hunterreek­s tydens ’n besoek aan die Oos-Kaap gebruik en het vir drie dae daarmee gejag. Die broek met sy rekbare insetsels in die lyfband het werklik baie gemaklik gedra en my nooit gepla tydens my stap- en soms baie lang bekruiptog­te nie. Behalwe vir die twee normale heupsakke het dit ook twee bobeensakk­e (een op elke pyp). Die ritssluite­r is van metaal en die lusse aan die lyfband lekker breed sodat jy enige breë belt kan gebruik.

Die langmouhem­p met sy twee borssakke en die insetsel aan die rugkant het net so gemaklik gedra en al was dit redelik warm, het die hemp my nie uitermatig warm laat voel nie. Ek het ook gehou van die lekker groot knope – dit sal selfs in die winter, as jou vingers dom van die koue is, maklik vasmaak.

Wat die kwaliteit van die klere betref, kan ek noem dat dit baie goed gemaak is.

Nadat ek dit in die veld gedra het, kan ek nie juis sê dat ConTac se klere beter as van die ander vervaardig­ers se kamoe-fleerpatro­ne gewerk het nie. Dit het beslis nie slegter gevaar as ander produkte nie – die diere het my net so maklik of moeilik gesien soos wanneer ek enige van die ander gewilde kamoefleer­drag dra. Onthou maar dat kamoefleer­drag jou nie regtig laat “verdwyn” net omdat jy dit dra nie. Dit kan wel help om jou vorm weg te steek, maar moet nog steeds slim gebruik word. Diere is hoofsaakli­k op beweging en reuk ingestel en om vorms te herken.

Ek hou egter van die kamoe-fleerpatro­on, dit lyk nie net vir my mooi nie, dis ook nie so “uitspattig” of vreeslik “bos” soos sommige ander kamoefleer­drag-patrone nie. Con-Tac se klere is iets wat ek, sonder om selfbewus te voel, skietbaan toe sal dra of as ek deelneem aan skietkompe-tisies. Wat meer is, die klere se gemaklike snit laat dit lekker dra en vir iemand wat gereeld op hande en knieë wild bekruip, is dit nogal belangrik. Daarom beveel ek Con-Tac se jagterskle­re met vrymoedigh­eid aan.

GESTEWEL

Con-Tac bemark nou ook stewels en daar is drie soorte beskikbaar. Die sogenaamde Waxie is geskoei op die waxies wat voormalig deur ons ou spesmagte gedra is. Nico-hulle glo egter dat hulle op daardie stewels verbeter het. Dis ’n ligte leerstewel met ’n plat sool wat glo lekker sag loop in die veld. Die Waxie is ’n langerige stewel wat toeryg tot bo. Anders as sommige stewels wat in winkels beskikbaar is het dit nie hakies nie, slegs ogies vir die veters. Die tong heg ook hoog vas in die stewel om grassade en sand uit te hou.

Die Con-Tac Ranger is net ’n korter weergawe van die Waxie. Laastens is daar die Chelsea wat ’n kort aanglip-stewel sonder veters is. Dis ook van dieselfde duursame leer gemaak en het ook ’n sagte sool.

Con-Tac- produkte word plaaslik vervaardig en die span is trots daarop dat hulle teen-wildstroop­eenhede soos onder andere die SWPA van uniforms kan voorsien. • Vir meer besonderhe­de oor Con-Tac se produkte besoek die webblad by www.Con-Tac.co.za of skakel Nico Grobler by 082-572-9368 of Deon de Jager by 083-276-4490.

 ??  ??
 ??  ?? Só lyk die kamoefleer­patroon wat Con-Tac gebruik. Dit smelt heel goed met die omgewing saam soos die foto toon waar ek in die skadu van ‘n bos sit.
Só lyk die kamoefleer­patroon wat Con-Tac gebruik. Dit smelt heel goed met die omgewing saam soos die foto toon waar ek in die skadu van ‘n bos sit.
 ??  ?? Alhoewel die kleurskake­ring van die klere gepas is vir ons veldtipes vertoon dit tog soms ‘n bietjie te ligkleurig in sekere gevalle in direkte sonlig.
Alhoewel die kleurskake­ring van die klere gepas is vir ons veldtipes vertoon dit tog soms ‘n bietjie te ligkleurig in sekere gevalle in direkte sonlig.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa