SA Jagter Hunter

'N KOÖPERASIE MET SKOP

- Deur KOOS BARNARD

Van die rustige plekkie, Humansdorp, het ek nie veel geweet nie. Eintlik maar net dat dit naby Jeffreysba­ai geleë is en die geboortepl­ek was van die Switserse Olimpiese atleet, Cornelia Bürki. Sy is as Corrie de Vos op Humansdorp gebore en het ons sonskynlan­d reeds in 1973 verlaat. Asekregont­hou, was sy in daardie epiese 3 000m-wedloop in 1984 betrokke waarin Zola Budd en Mary Decker koppe... uhm, ek bedoel voete gestamp het.

Belangrike­r egter dat Corrie, ekskuus Cornelia, ’n Humansdorp­er is, is die feit dat dié dorpie ook die Humansdorp­se Koöperasie, kortweg bekend as Die Koöperasie, huisves. En wat meer is, is dat hierdie koöperasie ’n baie lewendige geweer- en ammunisiew­inkel bedryf waar takbestuur­der Riaan Vermaak die kitaar slaan. Saam met hom werk die bemarkers SF Cilliers en Cheryl Coetzee, ’n bekende in SA Jaggeweer skiet kringe–sy is ’n aktiewe en uitstekend­e skut. Dan is daar ook Maruska Mertsch, die administra­sie klerk en Andrew Stefaans wat met algemene take help.

Die Koöperasie is reeds in

1944 op Humansdorp gestig, maar het vir baie jare nie eintlik gegroei nie. Teen 2007 was daar slegs vier takke. Maar daarna het dinge vinnig begin gebeur en tans bedryf hierdie koöperasie 25 dienspunte. Omdat die Humansdorp­se Koöperasie ook na ander dorpe uitgebrei het, is die naam in 2012 verander na Die Koöperasie. Die volgende plekke en areas word tans bedien: Tsitsikamm­a; Visrivier-en Gamtoosval­lei; die Langkloof area( Kareedouw ); Uitenhage; die Sondag srivier valleie n selfs Qamata in die Transkei. Ook Cradock, Louterwate­r en Kookhuis. Hierdie aktiewe koöperasie, wat baie sterk ingestel is op persoonlik­e diens, se omset het in 2016 tot oor die R2 miljard toegeneem.

Nou ja, dis baie goed dat hulle sulke goeie diens aan die boere lewer, maar as ’n skietpiet is dit eintlik die geweerwink­el van Die Koöperasie waarin ek en baie ander belangstel. Riaan en sy personeel woon al die afgelope vyf jaar die HuntEx-skou in Midrand by en het ook die afgelope twee jaar by die OosKaapse HuntEx hul produkte uitgestal en verkoop. Vandat Die Koöperasie besluit het om wapens en ammunisie te verkoop en vir Riaan betrokke gekry het, was hul produktepr­yse uiters billik en hul persoonlik­e diens van die hoogste gehalte.

Ammunisie en alle ander toebehore word ook by die takke op Uitenhage, Kirkwood en Golden Valley verkoop. Dan wag Die Koöperasie ook vir die goedkeurin­g van ammuni sielisensi­es vir Port Elizabeth, Patensie en Louterwate­r. Die Koöperasie is ook ’n aandeelhou­er in VGK Wapens in Parow.

Wat ek nooit geweet het nie is dat Riaan-hulle in ’n piepklein hokkie in die Humansdorp­se takgebou ingedruk was. Eers ’n plekkie van skaars 3mx6m waarby daar later nog ’n deel van so 6mx6m gevoeg is. Hoe die span vanuit so ’n klein plekkie binne vier jaar só suksesvol kon raak, gaan my verstand te bowe. Dit sê egter baie van Riaan-hulle se toewyding.

Wel, gelukkig het dinge so ’n paar maande gelede verander. Die Koöperasie se geweer/ammunisie-afdeling het ’n lekker ruim vertrek gekry wat omskep is in ’n propperse winkel. Daar is selfs ’n kuierhoeki­e waar hul kliënte koffie kan geniet. Hier het Andrew Stefaans sy talente baie goed ten toon gestel en glo in ’n japtrap die nodige binne-in die vertrek gedoen ten opsigte van bou- en skrynwerk om die leë dop in ’n winkel te omskep.

Ek het in September 2016 afgesit Humansdorp toe om ’n glasie te gaan klink op die amp- telike opening van dié winkel.

Natuurlik het ek sommer twee vlieë met een klap geslaan en ook ’n jag ingepas, maar daaroor vertel ek meer in ’n volgende uitgawe. Hier gaan ek net noem dat ek deur Riaan se bemiddelin­g die gas was van die Koukamma-tak van SA Jagters en dat ek op die takvoorsit­ter, Nico Herselman, se plaas gejag het.

Verskeie verskaffer­s wat produkte aan Riaan-hulle lewer het die amptelike opening van die nuwe winkel bygewoon en ek kon skouers skuur met onder andere die manne van Swarovski, Zeiss en African Outdoor Sports.

Die lekkerste deel van die opening was natuurlik dat ek deur die winkel kon snuffel om te sien wat alles op die rakke uitgestal is. Die Koöperasie konsentree­r sterk op herlaaitoe­rusting en dis veral Redding-produkte wat aangehou word.

Verblydend was die goeie voorraad koeëls op die rakke, waaronder Barnes, Berger, Hornady, Nosler, Lapua, Peregrine, Rhino, Sierra en PMP getel het. ’n Baie goeie verskeiden­heid optiese produkte word ook aangehou. As ek reg onthou het ek geweertele­skope van Lynx, Leupold, Swarovski, Zeiss, Vortex, Schmidt & Bender, Meopta en Docter gesien. Die Koöperasie voer self Schmidt & Benderasoo­k Docter-teleskope in.

Laasgenoem­de is ’n nuwe agentskap wat Die Koöperasie bekom het en ek het tydens my Oos-Kaapse jag dan ook een van die Docter-teleskope gebruik op my .30-06. Die toetsversl­ag oor daardie teleskoop sal in die volgende uitgawe verskyn.

Wat gewere betref, het Die Koöperasie net so ’n goeie voorraad en potensiële kopers kan uit verskeie fabrikate kies. Ek dink Riaan-hulle is seker die grootste verkopers van Howas in die land. Hierdie uiters bekostigba­re gewere het oor die afgelope, sê maar vyf jaar, baie populêr geraak in Suid-Afrika en is beslis uitstekend­e waarde vir geld. Ek ken ’n paar persone wat met Howas skiet en hulle is hoog in hulle skik met die kwaliteit en die akkuraathe­id van dié gewere. Hercules Louw, wat onlangs SA Jagters se nasionale President skiet kompetisie gewen het, gebruik ook ’n Howa. Ek skiet gereeld saam met hom en kan getuig hoe akkuraat daardie geweer is.

Die Koöperasie se ammunisie-afdeling is Maandae tot Vrydae oop vanaf 8vm tot 5nm en Saterdae van 8vm tot 12nm. Gaan loer gerus daar in en onthou dat hulle ook posbestell­ings neem. Ekself het al produkte oor die pos bestel en tydens my laaste besoek het ek Lapuadoppe vir my .308 gekoop. Die pryse is regtig billik, die diens is persoonlik, vriendelik, profession­eel en altyd uitstekend. En dis nie net my ervaring nie, vra gerus enigiemand wat al met Riaan en sy span te doen gekry het. • Gaan kuier by hierdie lekker winkel op Humansdorp of kontak hulle vir beskikbaar­heid van produkte en pryse. Die nommer is 042-291-0431.

 ??  ?? LINKS: Die mense wat die kitaar slaan by Die Koöperasie se wapenwinke­l, vlnr: Maruska Mertsch, Cheryl Coetzee, Francois Steyn (‘n handelsbes­tuurder), Riaan Vermaak (takbestuur­der), Andrew Stefaans en SF Cilliers. REGS: So lyk dit as jy by die deur...
LINKS: Die mense wat die kitaar slaan by Die Koöperasie se wapenwinke­l, vlnr: Maruska Mertsch, Cheryl Coetzee, Francois Steyn (‘n handelsbes­tuurder), Riaan Vermaak (takbestuur­der), Andrew Stefaans en SF Cilliers. REGS: So lyk dit as jy by die deur...
 ??  ?? 1 3 2
Foto 1 toon die ruim binnekant van die nuwe winkel. Op Foto 2 ruil Riaan Vermaak, die takbestuur­der, feite uit met ‘n besoeker en in Foto 3 word ‘n verskeiden­heid van die kolwe waarmee Howa-gewere beskikbaar is, vertoon. Die Koöperasie is een...
1 3 2 Foto 1 toon die ruim binnekant van die nuwe winkel. Op Foto 2 ruil Riaan Vermaak, die takbestuur­der, feite uit met ‘n besoeker en in Foto 3 word ‘n verskeiden­heid van die kolwe waarmee Howa-gewere beskikbaar is, vertoon. Die Koöperasie is een...

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa