Herlaaipotpourri – Deel 1
Nie almal van onss volkie is lief vir r lees nie, veral nie as dit tegnies van aard is nie. Ek kry dikwels kort vragies wat nie noodwendig in ’n uitgebreide artikel of met ’n lang verduideliking beantwoord hoef te word nie. Trouens, gesoute herlaaiers se goeie begrip het soms net ’n halwe woord nodig. Ofskoon baie van hierdie vrae, of goed waaroor ’n mens wonder, reeds in publikasies behandel is, het ek gedink om ’n paar van die meer algemene vrae in ’n kort vraagen-antwoord-reeks te hanteer.
VRAAG
Kan klein handwapen slagdoppies( smal l pi stolp rim ers) ook vir die herlaai van geweerammunisie gebruik word, byvoorbeeld die .222 en .223 Remington?
KASSIE SE KOMMENTAAR
Dit behoort nie gedoen te word nie, omdat handwapen slagdoppies se bekertjie aansienlik sagter i sas dié van kleingeweer slagdoppies. Handwapen slagdoppies wat in geweerammunisie gevuur word, kan deur die slagpen gepriem word (’n gaatjie insteek of brand) en dit kan beserings vir die skut tot gevolg hê. Hierteenoor kan geweer slagdoppies in handwapen ammunisie k ets (weier om af te gaan). Die eenvoudige antwoord is dus: nee, verkieslik nie.
VRAAG
Wanneer ruim ’n mens die binnewand van ’n doppie se nek en wanneer skil jy die buitewand?
KASSIE SE KOMMENTAAR
Die buitewand van ’n doppie se nek word dunner geskil om te verseker dat die dopnek ruimte het om uit te sit in ’n geweer se kamer wat ’n nou nekdeursnit het. Dit word gedoen om onaanvaarbaar hoë drukvlakke te voorkom. Verder word dit ook gedoen om doppies se nekke ’n eweredige dikte te gee vir beter potensiële konsentrisiteit van die gelaaide patroon, veral as matryse met nekbussies gebruik word.
Wanneer doppies van ’n groter kaliber afgenek word om in ’n kleiner kaliber te gebruik, verdik die nek se wanddikte, veral aan die onderkant van die nek (naaste aan die skouer). Dis veral die geval as die nuutgevormde doppie se nek langer is as die oorspronklike dop se nek en die nuwe nek uit ’n gedeelte van die skouer of selfs die sywand van die dop gevorm word. Wanneer ’n verdikking van die basis van die doppie se nek plaasvind (die vorming van die sogenaamde doughnut), as gevolg van metaalvloei tydens die afvuur van die skoot, moet die binne-nekwand ook met ’n ruimer gesny word om die verdikking te verwyder. Indien dit nie gdoen word nie kan daardie doughnut die koeël só stewig vasknyp dat drukvlakke gevaarlik hoog kan styg tydens die afvuur van die skoot. Beide binne-nekwandruim en buitenek-wandskil is spesialis-operasies wat met die regte gereed- skap gedoen moet word. Raadpleeg dus gepaste handleidings of spesialiste voordat jy jou hand daaraan waag.
VRAAG
Is dit nodig om nuwe doppies te vormdruk ( size) voor hulle gelaai word?
KASSIE SE KOMMENTAAR
Dit hang af. As die doppies vir die bepaalde kaliber gemaak is en die bekke is mooi rond en haaks, is dit nie noodsaaklik om hulle te vorm voordat jy hulle gebruik nie. Dieselfde geld ook as die nekke sonder duike is en die doppie se binne-deursnee voldoende is om almal dieselfde spanning/greep om die koeëls uit te oefen. Wanneer die doppies egter tot dieselfde lengte gesny moet word, of jy moet die nekke skil, is dit noodsaaklik om hulle met ’n volmaat-matrys te vorm. Die kort van die lang storie is dat hoe meer die doppie korrek van die begin af behandel en daarna in stand gehou word, hoe beter diens sal jy daaruit kry.
VRAAG
Ek het in die winter ladings in my .22-250 gebruik wat goed gewerk het. Van die patrone het oorgebly, maar toe ek dit in Desember skiet, het die doppe tekens van hoë druk gewys. Van die slagdoppies het uitgeblaas en die grendel het moeilik oopgemaak. Het die patrone/ kruit verouder?
KASSIE SE KOMMENTAAR
Dit is onwaarskynlik dat die kruit verouder het. Wat moontlik gebeur, is dat die temperatuur waaronder die dryfmiddel verkeer wanneer dit ontbrand, ’n invloed het op die brandspoed en die gevolglike vrylating van gas (druk). In die somer is die omgewings temperatuur hoër as in die winter. Die temperatuur word deur ’n goeie geleier van »
» hitte, naamlik die koperdoppie, vinnig na die dryfmiddel toe oorgedra. Daar is nie ventilasie binne-in die doppie nie, gevolglik is die interne temperatuur van die dryfmiddel heelwat hoër as die omgewings temperatuur. Voeg hierby die temperatuur wat tot die dryfmiddel toegevoeg word as die patroon uit ’n warm kamer gevuur word en jy kan die hoë druk verklaar.
Hierdie verskynsel is gewoonlik meer prominent as die lading wat in die winter gebruik is naby aan die maksimum lading vir die betrokke geweer is – byvoorbeeld as die veiligheid sbuffer klein eras 10% is. Met ander woorde as die lading meer as 90% van die maksimum druk vir daardie geweer/ kaliber is. ’n Winterlading wat by ongeveer 20 º C goed presteer het, kan in die somer by 35 º C met tussen 3 000 en 4 000psi styg. Warm geweerkamers kan hierdie patroon temperature opstoot na 45 º C en meer, afhangend van hoe lank die patroon in die kamer is voordat die skoot gevuur word. Die van julle wat bevoorreg was om met masjiengewere te werk, sal onthou dat gewere wat uit geslote kamers vuur, gereeld spontane skote afvuur ( cook offs) as gevolg van hoë kamer-temperature. Vir optimale werkverrigting is dit dus nodig om ladings wat na aan die maksimum-kerf is effens afwaarts aan te pas onder warmer omgewingstoestande. Probeer dus altyd bepaal teen watter spoed die geweer die beste presteer sonder om maksimum drukvlakke te oorskry. Pas dan die lading aan om teen daardie spoed te skiet, ongeag die temperatuur.
VRAAG
My geweer skiet baie goed met die fabriek s ammunisiewa t ek gekoop het. My teleskoop is daarmee ingestel en ek ken die trajek goed genoeg om sinvol te kompenseer vir langer skote. As ek nie meer daardie ammunisie in die hande kan kry nie, kan ek deur handlaai die lading dupliseer?
KASSIE SE KOMMENTAAR
Sonder om te weet watter dryfmiddel gebruik is (ook die lotnommer), kan die lading self nie gedupliseer word nie. Moenie die kruit uit ’n patroon weeg en dan daarvolgens ’n lading opmaak met ons plaaslike kruit nie. Baie vervaardigers gebruik ’n industriële dryfmiddel of versnyde dryfmiddels wat nie kommersieel beskikbaar is nie. Dit is uiters riskant om die tipe dryfmiddel te raai deur visuele identifikasie. Verskille kan wel tussen hoofgroepe dryfmiddels, naamlik enkelbasis (stokkieskruit), dubbelbasis-balkruit of dubbelbasis-vlokkies gemaak word, maar dit is waar dit stop. Kortweg gestel, moenie dit doen nie, dit is ’n gevaarlike speletjie. Wat jy wel kan doen, is om ’n paar fabriekspatrone oor ’n chronograaf te skiet en dan op die regte manier ’n lading met ’n plaaslik vervaardigde aanbevole dryfmiddel te ontwikkel tot die geweer die fabriekslading se koeëlsnelheid dupliseer.
VRAAG
Ek besit ’n semi-outomatiese geweer en vind dat sommige van die patrone soms moeilik kamer. Hoe kan ’n mens hierdie probleem te bowe kom?
KASSIE SE KOMMENTAAR
Patrone wat moeilik kamer is ’n verskynsel wat nie nét by semioutomatiese gewere voorkom nie, maar ook by grendel-aksiegewere. Daar is drie hoofgroepe vormmatryse, naamlik die volmaatmatrys ( full length-sizing die), die nekmatrys ( neck-sizing die) en die rompmatrys ( bodysizing die). Die nekmatrys word gewoonlik gebruik deur diegene wat patrone laai vir kompeterende akkurate skiet oor langer afstande. Nekmatryse vorm net die doppie se nek, nie die romp nie. Dus pas die doppie nog knus in die geweer se kamer soos dit uitgesit het tydens die afvuur van die skoot. Nádat die doppie vir ’n aantal kere net by die nek gevorm is, sal dit stywer in die kamer pas. Soveel so, dat dit weer oor sy volle lengte gevorm sal moet word ( full length-sizing).
Met’ n grendelaksie geweer is die irritasie nie so groot nie, omdat die grendel ’n geweldige groot wringkrag uitoefen om die patroon in die kamer te sluit. By semi-outomatiese gewere is die grendelveer nie altyd sterk genoeg om die patroon in die kamer te sluit nie. Dit is om hierdie rede dat die volmaatmatrys vir ’n semi-outomatiese geweer aanbeveel word, omdat die volmaatmatrys die doppie terugvorm na ’n afmeting effens kleiner as die geweer se kamer, maar gewoonlik nie so knap soos die fabriekspatroon se spesifikasies nie.
Die rompmatrys is baie handig om patrone wat reeds gelaai is, se skouers en rompe genoegsaam terug te druk sodat die patroon maklik voer en kamer. Die rompmatrys maak glad nie kontak met die patroon se nek nie en beïnvloed glad nie die nekspanning wat reeds deur die nekmatrys op die dopnek oorgedra is nie. Afgesien van die gebruik van die rompmatrys om doppies te vorm, is dit is dus ideaal om hierdie matrys byderhand te hou om gelaaide patrone wat stram kamer, te vorm dat hulle glad voer en kamer. Rompmatryse is ook in smalbasisgrootte beskikbaar, sou dit nodig wees om doppe meer as vir ’n standaard-jaggeweer se kamer terug te vorm. SLIM LAAIE N GENIET DIT!