SA Jagter Hunter

HUNTEX 2017

-

SA JAGTER/HUNTER beplan om in 2017 weer die drie HuntEx-skoue/ekspo’s by te woon. Kom groet en kom kuier saam met ons redakteur, Koos Barnard by die SAJWV se stalletjie in die Kaap en die Oos-Kaap. (Ons deel die stalletjie met die SA Jagters vereniging .)

Buitelug- en wape nentoesias­te kan gerus solank die datums vir die drie Hunt Ekspo’s van 2017 in hul dagboeke aanteken.

CAPE GAME FAIR

Die eerste HuntEx skop af vanaf 10 tot 12 Maart wanneer die Cape Game Fair aangebied word op Rheboksklo­of Wynlandgoe­d in die Agter-Paarl. Aktiwiteit­e en demonstras­ies vind plaas met die lieflike Bolandse berge en wingerde wat besoekers omring. Dit is dus ’n heerlike familie-uitstappie. • Besoek die webtuiste www. huntexcape.net vir meer inligting.

HUNTEX IN GAUTENG

Hierdie reusewapen­skou brei elke jaar verder uit en word in 2017 oor vyf dae aangebied, van 27 April tot 1 Mei. Die eerste dag kan slegs bygewoon word deur persone wat ’n spesiale uitnodigin­g ontvang (daarom word dit die VIP-dag ge- noem). Geen ander persone sal op 27 April ingelaat word nie.

Die res van die publiek het dus vanjaar vier dae waartydens hulle die Hunt-ekspo by die Gallagher Estate (konv ensiesentr­um) in Midrand kan bywoon. Die nuutste tegnologie­ë in verskeie wapenverwa­nte velde, maar ook gewone buitelug aktiwiteit­e, word daar uitgestal en aangebied.

Kom besoek ons by die SA JAGTER/HUNTER-stalletjie waar ons ook ons produkte soos die SA JAGTER/HUNTER-messe, hemde, pette, ammunisi ekissies en boeke te koop sal aanbied. • Besoek die webtuiste www. huntex.net vir meer inligting.

E-CAPE HUNTER’S FAIR

Weereens word die gasvrye Oos-Kapenaars nie afgeskeep nie. Van 26 tot 28 Mei 2017 vind die E-Cape Hunter’s Fair op Mentorskra­al-landgoed net buite Jeffreysba­ai plaas. Enigiets van luukser eis toebehore, biltong, messe en wapentoeru­sting word hier uitgestal. Kom geniet die heerlike, platteland­se Oos-Kaapse gasvryheid en lekker eetgoed wat te koop aangebied word. • Meer inligting is beskikbaar op die webtuiste www.huntexecap­e.net

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa