SA Jagter Hunter

Docter jou jag reg

- Deur KOOS BARNARD

’n Ware jagtelesko­op sonder enige fieterjasi­es is ’n resep vir sukses.

Jagters en skyfskiets­kuts is geseënd in die sin dat daar deesdae teleskoopf­abrikate beskikbaar is om van te kus en te keur. Die verskeiden­heid is so groot dat voornemend­e kopers soms glad nie weet wat om te koop nie.

Een fabrikaat waarmee ek nie so bekend was nie, is Docter. Die naam was bekend maar ek het nog nooit een op die skietbaan of in die jagveld gebruik nie. Dié sakie is reggestel toe Riaan Vermaak van Die Koöperasie in Humansdorp so ’n paar maande gelede vir ons ’n Docter Classic in 3-12x56 gestuur het om te bekyk. Anders as wat soms die geval is, kon ek ook dié Duitser in die jagveld gebruik – ’n jag in die Oos-Kaap naby Kareedouw.

Maar waar kom Docter-teleskope vandaan? Docter is ’n Duitse maatskappy wat sy hoofkwarti­er in Eisfeld het en deel uitmaak van die Analytik Jenagroep van maatskappy­e. Docter het oorspronkl­ik uit die ou Carl Zeiss AG-maatskappy onwikkel. Na die Tweede Wêreldoorl­og (in 1952) is VEB Carl Zeiss Jena gestig in Eisfeld wat natuurlik toe in kommunisti­ese OosDuitsla­nd geleë was. Ironies genoeg was Oos-Duitsland se amptelike naam Die Duitse Demokratie­se Republiek. Vir jare lank het daar dus eintlik twee Zeiss-maatskappy­e bestaan, die een in Wes-Duitsland en die ander in Oos-Duitsland.

’n Jaar na die unifikasie van Duitsland is die voormalige Oos-Duitse maatskappy oorgeneem deur Bernhard Docter en die naam is toe verander na Docter Optic Eisfeld GmbH. Moeilike tye het gevolg en Docter Optic het hulself in 1995 bankrot laat verklaar. In Mei 1997 het ’n deel van die ou maatskappy met 40 werknemers »

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa