SA Jagter Hunter

SA Jagters se hofaansoek teen die Minister van Polisie

- Fred Camphor

Teen hierdie tyd is dit reeds redelik wyd bekend dat SA Jagters besluit het om ’n hofaansoek te bring teen die Minister van Polisie oor die hernuwing van Vuurwapenl­isensies. Artikel 24 van Wet 60 van 2000 soos gewysig, bepaal dat alle “nuwe lisensies” wat sedert 2006 uitgereik is, hernu moet word. Hierdie hernuwings­aansoek moet ingevolge die Wet ingehandig word minstens 90 dae voordat die bestaande lisensie verval.

In beginsel handel die hofaansoek met die grondwetli­kheid van die Polisie en die Sentrale Vuurwapenr­egister se standpunt dat waar ’n lisensie verval het en daar nie betyds ’n aansoek om hernuwing van die lisensie ingedien is nie, die wapen ingehandig moet word by die naaste polisiesta­sie vir vernietigi­ng.

Die Wet maak op sigself geen spesifieke voorsienin­g vir so ’n besluit nie en magtig die Polisie ook nie om so ’n besluit te neem nie.

Sedert 2011 het ongeveer 175 000 of dalk selfs meer vuurwapenl­isensies reeds verval waarvoor daar nie aansoeke om hernuwing ingedien is nie. Die meeste van hierdie wapens is handwapens, aangesien die lisensie vir ’n selfverded­igingswape­n, wat bykans uit- sluitlik handwapens is, slegs vir vyf jaar geldig is. Dit het grootliks gebeur omdat eienaars van hierdie vuurwapens doodgewoon vergeet het dat dié lisensies ’n beperkte leeftyd het van slegs vyf jaar en nie na die vervaldatu­m opgelet het nie.

Hierdie wapeneiena­ars is geensins kriminele nie, hulle het geen kwade bedoelings gehad nie en het doodgewoon vergeet van die hernuwing van die lisensie. Net so is die wapens ook nie in enige kriminele optrede gebruik nie en is daar geen kwade bedoelings met die wapens nie.

Dit gebeur gereeld dat mense vergeet van die vervaldatu­ms van voertuigli­sensies en bestuurder­slisensies wat elkeen ook ’n beperkte leeftyd het. In hierdie gevalle word die lisensie hernu indien die persoon ’n administra­tiewe boete betaal en word die individu nie van sy eiendom (die motor) ontneem nie.

Verder het die Polisie en die SVR sedert 2011 elke lisensieaa­nsoek wat laat ontvang is, selfs so lank as vyf jaar nadat die lisensie verval het, ontvang, geprosesse­er en die lisensie hernu, indien die eienaar aan die gestelde vereistes voldoen. Daar is letterlik duisende gevalle waar sulke laat aansoeke vir hernuwing van lisensies aanvaar is en die hernuwings van die

lisensies uitgereik is.

In Februarie 2016 het die waarnemend­e Kommissari­s van Polisie egter ’n instruksie uitgereik aan alle polisiesta­sies om geen laat aansoek vir die hernuwing van ’n wapenlisen­sie in ontvangs te neem nie en om die betrokke aansoeker in te lig dat hy/sy onwettig in besit van die wapen is. In opdrag van die waarnemend­e Kommissari­s word die wapeneiena­ar dan ook ingelig dat die wapen by die Polisie ingehandig moet word.

SA Jagters is van mening dat hierdie optrede van die Polisie nie wettig kan wees nie en het daarom besluit om die Hofaansoek te bring in ’n poging om die Wet gewysig te kry om die leemtes in die Wet reg te stel. Die hofaansoek is voorberei, geliasseer en die hofstukke op die onderskeie partye beteken. Die Hooggeregs­hof in Noord-Gauteng (Pretoria) sal hierdie aansoek op 25 en 26 April 2017 aanhoor.

Die koste van hierdie hofaan- soek is baie groot en word ten volle gedra deur SA Jagters en die lede van die Vereniging. Uiteraard sal elke wapeneiena­ar van wie ’n lisensie reeds verval het of nog gaan verval bevoordeel word indien SA Jagters ’n gunstige uitspraak sou kry in die hofaansoek.

SA Jagters wil daarom ook ’n geleenthei­d skep vir alle wapeneiena­ars om by te dra tot die koste van die hofaansoek waaruit hulle in alle geval bevoordeel kan word. Die Vereniging wil egter nie bloot net bakhand by die publiek gaan bedel nie. Daar is besluit om die insameling van bydraes tot die Regshulpfo­nds te doen by wyse van ’n donasie waarin elke persoon wat ’n by- drae maak tot dié fonds die kans sal staan om in ’n gelukkige trekking een van ’n aantal baie goeie pryse te wen.

Om ’n bydrae te maak tot die Regshulpfo­nds van SA Jagters en terselfder­tyd outomaties in te skryf vir die trekking is uiters maklik. Gebruik die meegaande bankbesond­erhede en betaal elektronie­s ten minste R100 in die Regshulpfo­nds se rekening. Vir elke R100 of veelvoude van R100 wat inbetaal word, sal daar vir die betaler ’n elektronie­se kaartjie geskep word. Hierdie kaartjies word almal in ’n trekpoel geplaas en op 31 Maart en 26 April, die dag waarop die hofaansoek aangehoor word, sal die wenners dan getrek word. Jagpakkett­e word op 31 Maart getrek en die ander prys op 26 April.

Ons herhaal: Bydraes kan gedoen word deur bedrae in veelvoude van R100 elektronie­s oor te plaas na die bankrekeni­ng van SA Jagters se Regshulpfo­nds. As verwysing vir elke betaling moet jy die letter K en jou selfoonnom­mer verskaf.

SA Jagters sal die trekking doen en die gelukkige wenners van die pryse dan inlig deur die selfoonnom­mer wat jy as verwysing voorsien het, te skakel.

Die bankbesond­erhede as volg: Die naam van rekening/houer: SA Jagters Regshulpfo­nds Bank: ABSA Takkode: 632005 Rekeningno­mmer: 134305406 Verwysing: K + selfoonnom­mer (niks anders nie) • Gaan kyk gerus na die advertensi­e op bladsy 51 van hierdie uitgawe van SA JAGTER/ HUNTER om meer inligting oor die beskikbare pryse en die borge te kry.

Gee ‘n donasie vir SA Jagters se Regshulpfo­nds en staan ‘n kans om een van ‘n aantal uitstekend­e prys te wen.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa