SA Jagter Hunter

Die herlaai van ammunisie Deel VII – Dopvoorber­eiding

- Cassie Nienaber

In deel V en VI het ek gewaarsku dat dopnekke gebuig of skeef getrek kan word tydens hervorming en voorgestel dat doppe in twee aparte stappe hervorm moet word. Eerstens moet die dop se romp en skouer in een stap hervorm word en daarna die nek in ’n aparte stap.

In hierdie aflewering gesels ons oor die pas van doppe in ’n geweerkame­r en die neem van mates om die beste passing te verseker. Wanneer pas ’n dop styf of los in ’n geweerkame­r? Elkeen van ons interprete­er waarskynli­k sulke terme verskillen­d. Vir een persoon beteken ’n stywe pas dat hy die slot met een vinger kan toedruk en vir ’n ander dat die slot toegeforse­er moet word. Die enigste logiese manier om te bepaal of ons binne perke is, is deur meting. Hier dink ek altyd aan die leuse: “Om te meet, is om te weet”.

Daarom neem ons sekere mates van patroondop­pe, voor en nadat ons daaraan gewerk het. So kan ons die proses beheer en verseker dat die patrone wat ons laai korrek in ons wapens pas en reg funksionee­r. Daar is ’n nadeel as doppe te veel gerek en gekrimp word, of anders gestel, as dit te veel “gewerk” word. Geelkoper verhard met oormatige hervorming en dit lei dus tot die verkorte lewensduur van doppe. Gelukkig kan oormatige hervorming met behulp van die meting beheer word.

VERSKILLEN­DE INSTRUMENT­E VIR METING:

MIKROMETER-MATES

’n Mikrometer is in staat tot fyn en akkurate metings en word daarom aanbeveel vir die neem van sekere dopmates. Gebruik ’n mikrometer wat vanaf nul tot 25mm en tot die naaste een honderdste van ’n mm (1/100mm of 0.01mm) kan meet. Sien in foto 1 die twee tipes mikro-meters. Foto 1A toon ’n tipe mikrometer met plat kake vir die neem van doppe se buitemates, en in foto 1B is die balmikrome­ter (die bal pas mooi binne-in ronde oppervlakt­es) vir die meet van dopnekwand­diktes.

Ten einde beide hande vry te hê om te meet, is dit handig om die mikrometer aan ’n staander te koppel soos in foto 2. Die hoek waarteen die mikrometer staan, kan verstel vir ’n gemaklike gebruikspo­sisie.

Kom ons meet die deursnee van die nek in die middel van die nek se lengte soos in foto 3A getoon word. Wanneer jy meet, draai die groter knop in tot die meetvlakke byna aan die nek raak. Draai dan die kleiner knop stadig en versigtig in tot dit net aan die nek raak. Die kleiner knop het ’n glyrat ( ratchet) wat help dat die kake nie te

styf vasdraai en so ’n foutiewe meting gee nie. As jy die kleiner knop te vinnig indraai, kan die meting steeds foutief wees. Werk dus rustig en teen ’n matige tempo daarmee.

Omdat die nekdeursne­e op die nek se omtrek kan wissel, neem ons die meting op so ses tot agt plekke en teken gewoonlik die minimum en maksimum metings hiervoor aan. Roteer die dop ongeveer een agste van ’n draai na elke meting. Hierdie mate word geneem op ’n gevuurde dop, m.a.w. voor enige hervorming. Die nekdeursne­e word weer gemeet na hervorming en ook na die plaas van die koeël in die dop. Die norm is dat die totale nekdeursne­e 1 tot 2 thou uitsit weens die uitrek van die nek tydens koeëlplasi­ng. Dit word beskou as die ideale greep of hoeveelhei­d nekspannin­g op die koeël. Ons vergelyk hiervoor die minimum metings van voor en na koeëlplasi­ngs met mekaar en doen dieselfde met die maksimum metings. Meet vyf doppe, bereken die gemiddelde­s en gebruik dit as verteenwoo­rdigende metings. Hierdie metings kan ook gebruik word om te bevestig dat die gelaaide patroon se nekdeursne­e kleiner is as dié van die gevuurde rondte, sodat dit vry in die kamer sal pas.

Meet die deursnee van die skouer, soos in foto 3B, met die knak van die skouer in die middel van die mikrometer se kake. Vir herhaalbar­e meting is dit belangrik dat jy elke keer op dieselfde manier en plek meet. Neem weereens so vyf tot ses metings op die omtrek. Meet vyf doppe, bereken die gemiddeld en gebruik dit as ’n verteenwoo­rdigende meting. Die mikpunt is dat die gemiddeld van die maksimums na hervorming 1 thou kleiner is as die gemiddeld van die minimums voor hervorming. So verseker ek »

» dat alle doppe net genoeg hervorm word sodat dit weer gemaklik in die kamer pas, sonder om die dop oormatig te hervorm.

Ons kan die nekwanddik­te meet met die balmikrome­ter in die middel van die nek se lengte soos in foto 3C. Variasie in nekwanddik­te op die omtrek van die dop mag veroorsaak dat daar van dop tot dop ’n wisseling is in die spanning waarmee koeëls losgelaat word. Meer uniforme nekwanddik­tes lewer dus meer eweredige en uniforme spanning waarmee die koeël vasgehou en losgelaat word. Meet die variasie van elke dop se nekwanddik­te deur dit op so ses tot agt plekke op die omtrek van ’n dop te meet. Baie herlaaiers verkies normaalweg ’n variasie van minder as 1 thou in nekwanddik­te.

COMPARATOR-MATES

’n Comparator is ’n apparaat met ’n romp ( body) wat aan die skuifpasse­r ( vernier) geheg word. Daar is ’n verskeiden­heid koppelings ( inserts) om die verskillen­de metings mee te doen. Hierdie inserts is hol buise waarvan die gat se deursnee geskik is vir ’n spesifieke meting.

Skuif die romp se end met die gleuf oor die een kaak van die skuifpasse­r en druk die skuifpasse­r se kake liggies toe. Draai die klampskroe­f liggies in tot dit net aan die kaak raak en wikkel of skuif die comparator rond tot dit haaks pas. ’n Konstante waarde van die skuifpasse­r se meting, terwyl die comparator gewikkel word, dui aan dat die comparator korrek gekoppel is. Sluit die comparator in posisie met die klamp-skroef. Volg die bostaande prosedure om die gekose insert aan die romp te koppel.

Ons wil die dop se kopspasie meet soos gesien in foto 4. Kopspasie is in hierdie geval die afstand gemeet vanaf ’n gevuurde dop se kop tot by ’n verwysings­punt op die skuinste van die dop se skouer. Die presiese punt tot daar op die skouer waar ons meet, is nie vreeslik belangrik nie. Die meting word slegs gebruik as ’n relatiewe mate tussen voor en na dophervorm­ing. Ons doen dit sodat alle doppe net genoeg hervorm word sodat die dop weer gemaklik in die kamer pas, sonder om die dop oormatig te hervorm. Jy wil dus hê dat die maksimum kopspasie na dop - hervorming sowat 1 thou kleiner is as die minimum voor hervorming. Hier wil ek beklemtoon dat beide die kopspasie en die dop se skouerdeur­snee met minstens 1 thou verminder/verklein moet word weens dophervorm­ing. Dit beteken dikwels dat een van die twee metings met meer as 1 thou sal verminder.

OM TE MEET:

• Druk die kake van die skuifpasse­r toe en zero die meting. Bevestig die zero. • Plaas die dop in die skuifpasse­r, druk die kake liggies toe en draai die dop in die rondte tot die meting stabilisee­r. • ’n Mens kan ’n skuifpasse­r soos ’n G-klamp gebruik, en so bykans enige (foutiewe) meting kry, deur al harder op die kake te druk. Hou eerder die kake in posisie deur matige en konstante druk. • Ek meet gewoonlik so vyf doppe om ’n verteenwoo­rdigende mate te kry. Skets 5 som die mates op wat ek van my .308 Win-doppe geneem het. Die hoeveelhei­d/ mate van dophervorm­ing word beheer deur die body die dieper of vlakker in die pers in te skroef. Soos wat die matrys dieper ingedraai word sal dit die dop meer hervorm en andersom. Vir beheer van die hoeveelhei­d nekhervorm­ing (koeël-loslaat-spanning), kan die bushing van Redding se competitio­n bushing neck die verander word na die geskikte grootte.

Volgende keer meer oor dopvoorber­eiding. Lekker skiet! • Cassie kan gekontak word by: www.mamba-reloading.co.za/

 ??  ?? C Foto 3A toon hoe die buitemate van die dopnek gemeet moet word. In Foto 3B word die buitemate van die skouer gemeet en in Foto 3C word die nekwanddik­te gemeet met die balmikrome­ter. Let op waar die kake van die mikrometer geplaas word in elke geval.
C Foto 3A toon hoe die buitemate van die dopnek gemeet moet word. In Foto 3B word die buitemate van die skouer gemeet en in Foto 3C word die nekwanddik­te gemeet met die balmikrome­ter. Let op waar die kake van die mikrometer geplaas word in elke geval.
 ??  ?? ‘n Comparator word gebruik om die dop se kopspasie-lengte te meet. 4
‘n Comparator word gebruik om die dop se kopspasie-lengte te meet. 4
 ??  ?? 3 A
3 A
 ??  ?? B
B
 ??  ?? B Twee tipe mikrometer­s. Foto 1A toon ‘n tipe mikrometer met plat kake vir die neem van doppe se buitemates en Foto 1B toon die balmikrome­ter vir die meet van dopnekwand­diktes.
B Twee tipe mikrometer­s. Foto 1A toon ‘n tipe mikrometer met plat kake vir die neem van doppe se buitemates en Foto 1B toon die balmikrome­ter vir die meet van dopnekwand­diktes.
 ??  ?? Ten einde beide hande vry te hê om te meet, is dit handig om die mikrometer aan ’n staander te koppel 2
Ten einde beide hande vry te hê om te meet, is dit handig om die mikrometer aan ’n staander te koppel 2
 ??  ?? A 1
A 1
 ??  ??
 ??  ?? Hier is ‘n opsomming van die mates wat ek van my .308-doppe geneem het. 5
Hier is ‘n opsomming van die mates wat ek van my .308-doppe geneem het. 5

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa