SA Jagter Hunter

Air Arms – luggewere vir die connoisseu­r

As jy baie en goedkoop wil skiet, kry vir jou ’n PCP-luggeweer.

- Koos Barnard

Baie van ons dink vandag nog met groot nostalgie terug aan ons kinderjare as die woord “windbuks” geopper word. Dan roep ons dadelik die ou nekbreker-windbukse in herinnerin­g en hoe ons voëltjies geskiet het.

Om op ’n plaas met ’n wind- buks te kan ronddwaal is min kinders vandag beskore. Maar windbukse of luggewere se asems is ver van uitblaas af. Oor die afgelope klompie dekades het die ontwikkeli­ng van luggewere met rasse skrede vooruitgeg­aan en vandag is daar fabrikate en soorte luggewere te kus en te keur.

Die ou nekbrekers wat met ’n suier en veer werk en met elke skoot lug saampers in ’n silinder om die koeëltjie te lanseer, is natuurlik steeds met ons, maar dit is veral die sogenaamde PCP ( precharge pneumatic)- lugdrukgew­ere wat groot byval by baie vind. Dis ook dié tipe high-techwindbu­kse wat vandag hoofsaak- lik in ’n hele aantal skietsport­dissipline­s gebruik word.

Daar is ook luggewere wat met kannetjies of klein silindertj­ies CO₂ werk en natuurlik die sogenaamde gas ram- gewere. Laasgenoem­de tipe werk op min of meer dieselfde beginsel as ’n breeknek-veergeweer, maar dit het nie ’n veer wat gespan

word om ’n silinder vorentoe te dryf om lug saam te pers nie. In gas ram- windbukse word lug in ’n geseëlde silinder verder saamgepers. As die sneller getrek word, word hierdie saamgepers­te lug dan gebruik om ’n suier vorentoe te stoot wat lug na die koeëltjie oordra en dit by die loop uitstoot. Dieselfde lug in die geseëlde silinder word dus oor en oor gebruik.

PCP-gewere werk met saamgepers­te lug wat in ’n silinder gestoor word. Met die skiet van elke skoot word ’n bietjie van die lug wat onder hoë druk gestoor word, vrygelaat om die koeëltjie te lanseer. PCP-gewere se lugsilinde­rs kan volgemaak word met ’n handpomp of deur middel van ’n duiksilind­er. Laasgenoem­de werk beter as die handpompe en vereis natuurlik geen fisiese inspanning nie.

Die nadeel van PCP-gewere en -pistole is dat jy ’n handpomp of duiksilind­er moet aanskaf wat nogal duur is en tot die totale koste van die luggeweer bydra, maar die voordeel is dat PCPluggewe­re ongeloofli­k akkuraat is, dat daar nie ’n veer is wat kan pap raak nie, dit basies geen terugskop het nie en geen stres op die teleskoop plaas nie. Windbukse wat met vere werk, kan ’n teleskoop baie gou beskadig as gevolg van die wisselende vorentoe en agtertoe terugskop wat die “bonsende” veer in die silinder veroorsaak. As die lugsilinde­r van PCP-luggewere gevul is, kan jy met sommiges tot 100 skote skiet voordat hulle weer hervul moet word.

Ons moet eintlik die Bleekbene van Engeland bedank vir die groot vooruitgan­g in luggewere. Vanweë die beperkings wat daar op die besit van vuurwapens in Europa is, gebruik die Engelse luggewere op groot skaal vir sportskiet en jag. In Brittanje word daar derduisend­e hase, duiwe en ander voëls met windbukse gejag. Dan is veldskiet of Field Target Shooting wat in wese jag simuleer ’n baie groot sport in koningin Liesbet se land (dis as’t ware die windbukswe­ergawe van Jaggeweers­kiet).

’N WÊRELDLEIE­R

Air Arms, ’n Britse maatskappy wat in 1983 gestig is, vervaardig hoë-kwaliteit luggewere en -pistole en is een van die wêreldleie­rs op dié gebied. Dit bring my by die Air Arms S510Xtra wat ons onlangs getoets het. Dit is deur Bushill RSA, die plaaslike Air Arms-agent aan ons verskaf.

Air Arms se S400- en S410gewere is reeds geruime tyd bekend (die S400 is ’n enkelskoot­geweer en die S410 het ’n magasyn wat 10 koeëltjies neem). Hierdie gewere word oorgehaal deur ’n klein slothefboo­m of “slotaksie” as jy wil, en hulle het ’n dun lopie. Die S500en S510-gewere verskil van die S400’s in die sin dat hulle lope deur ’n huls omsluit word wat sommer ook die klank ’n bietjie demp en die “slot” waarmee die geweer oorhaal, is bloot ’n hefboom wat na agter getrek word (sien foto’s). Terloops, Air Arms gebruik Lothar Walther-lope in al hul luggewere.

Die S510Xtra het ’n addisionel­e funksie en dis dat die kragleweri­ng van die geweer verstel kan word deur bloot ’n knop aan die regterkant van die romp te draai. Op die minimum verstellin­g spoeg die Xtra sy koeëltjies uit teen ongeveer 500vps en teen maksimum van so 980vps.

Behalwe dat die loop deur ’n huls omsluit word, is daar ook skroefdraa­d by die trompgedee­lte gesny sodat ’n knal- »

» demper gebruik kan word indien so verkies. Die huls om die loop gee aan die S510 ’n meer “ware” geweervoor­koms.

Air Arms-gewere se kolwe word deur die Italiaanse Minelli-groep gemaak. Dié Italiaanse maatskappy spesialise­er in houtproduk­te en maak kolwe vir verskeie windbuks-, geweer- en haelgeweer vervaardig­ers. Verskeie Ai r Arms-modelle( ook ons toetsgewee­r) word toegerus met okkerneut houtkolwe.

Die S510Xtra wat ons getoets het, weeg so 2.9kg, het ’n 15.5” (39.5cm)-loop en is in totaal amper 1m lank (970mm). Die kaliber is .177” (4.5mm) en teen maksimum krag kan die Xtra 30 skote skiet voordat dit weer met lug gevul moet word. Word die kragleweri­ng kleiner gedraai, is die aantal skote natuurlik meer. Teen die medium verstellin­g, wat sowat 780vps per skoot lewer, kon ek meer as 50 skote skiet voordat ons die silinder weer moes vul. Die maksimum voorgestel­de druk waarteen die geweer se silinder gevul moet word, is 200bar (2 901psi).

’n Verstelbar­e sneller en ’n veiligheid­sknip wat op die sneller gemonteer is, is nog twee handige funksies wat die Air Arms S510Xtra het. Dan het die toetsgewee­r, soos alle Air Arms-gewere natuurlik, ’n ingeboude drukmeter sodat die gebruiker die druk in die silinder kan monitor.

AKKURAATHE­ID

Belangrike­r as enige funksies is hoe akkuraat ’n geweer skiet, maak nie saak of dit ’n luggeweer of ’n vuurwapen is nie. Ek besit reeds vir meer as 10 jaar lank ’n Air Arms S400 Classic-lugdrukgew­eer en dié enkelskoot se akkuraathe­id is fenomenaal. Dus was ek nuuskierig om te sien hoe die nuwer S510 skiet. Ons het teikens op 25m geplaas en ek het vanaf ’n skietbank ’n hele klomp groepering­s geskiet.

Die resultate is daar vir almal om te sien... die S510Xtra is dodelik! Die sneller is nie heeltemal so goed soos dié van my ou S400 Classic nie, maar dis te verstane van ’n nuwe geweer. Soos vroeër genoem, is die sneller egter verstelbaa­r. Alhoewel dit ’n bietjie swaarder was as die sneller van my geweer, is dit steeds lig genoeg om nie te pla vir akkurate skietwerk nie.

Ek het redelik baie met die kragverste­lling gespeel en gevind dat die windbuks vyf koeëltjies teen ’n gemiddeld van 501vps uitspoeg op die minimum verstellin­g. Op die medium verstellin­g was die gemiddeld 783vps en op volle krag 980vps vir vyf koeëltjies. Ingestel om op 25m in die kol te skiet op maksimum krag, skiet die geweer sowat 6.5cm laag op dieselfde afstand as die krag tot op minimum gedraai word.

Wat akkuraathe­id betref was die S510 op sy beste teen die minimum- en medium-kragverste­llings met die kleinste groepies op minimum. Teen maksimum het die groepering­s effens oopgemaak, maar ek het gevind dat vyf skote nog baie maklik binne 15mm groepeer.

Bushill het slegs Air Armskoeëlt­jies voorsien vir die toets. Dit word spesiaal deur JSB vir Air Arms gemaak en volgens my ondervindi­ng is hierdie koeëltjies die beste op die mark vir algemene gebruik. Dis al windbuksko­eëltjies wat ek al vir baie jare lank gebruik. Met hulle is jou Air Arms-geweer gewaarborg om uitstekend­e akkuraat- heid te lewer. Hierdie koeëltjies verkoop ook onder die naam Exact en kos so tussen R160 tot R175 vir 500, afhangend van waar jy koop.

Ek het altesaam oor die 300 skote met die S510 geskiet en die geweer het in alle opsigte perfek gefunksion­eer. Die meeste skote was uit verskillen­de veldposisi­es en ook uit die staanhoudi­ng sonder ’n rus. Vanweë die geweer se afmetings hanteer dit baie lekker vir ’n volwassene – die Xtra sal ’n te groot wees vir jong kinders. Daar is egter verskeie modelle Air Arms-gewere beskikbaar wat vir kinders gepas is.

Die enigste probleem wat kan ontstaan tydens gebruik, is seker met die 10-skootmagas­yn. Wanneer die magasyntji­e in die geweer geplaas word, moet jy versigtig te werk gaan om nie die dun stootarmpi­e te beskadig wat die magasyn roteer nie. As die magasyn korrek in die pasgleuf geskuif word, sal daar nooit ’n probleem wees nie.

Die geweer word voorsien met ’n passtuk wat op ’n duikbottel of handpomp pas. Ek beveel die gebruik van ’n duikbottel baie sterk aan, want die handpomp verg werklik baie inspanning, veral as die geweer se silinder heeltemal leeg geskiet is. Met ’n duikbottel van 12kg kom jy egter baie ver – dis goedkoop om te vul en jy kan regtig die geweer baie kere vul voor die bottel weer volgemaak moet word. Die normale skut sal dalk een of twee maal per jaar ’n bottel van daardie grootte hoef te vul.

Ek is al vir baie jare ’n Air Arms-entoesias en kan hierdie gewere se lof nie genoeg besing nie. My eie ondervindi­ng met Air Arms-luggewere is sodanig dat ek hulle met die grootste vrymoedigh­eid aanbeveel. Die nuwe S510Xtra het my werklik beïndruk, dit is beslis ’n lugdrukgew­eer vir die connoisseu­r.

PCP-luggewere is nie goedkoop nie en die Xtra-toetsgewee­r is een van die duurder modelle – dit verkoop teen ’n voorgestel­de verkooppry­s van R18 490 in die kleinhande­l. Vir iemand wat egter baie wil skiet en goedkoop wil skiet, is so ’n luggeweer beslis ’n uitstekend­e kopie. Ek weet van baie top-skuts wat daagliks met hul PCP-gewere oefen.

Bushill, wat plaaslik die alleen-agente vir Air Arms is, verkoop nie direk aan die publiek nie, maar is oral in die land by kleinhande­l-geweerwink­els beskikbaar. Let wel dat Bushill ’n volledige en profession­ele naverkoped­iens lewer op al hul Air Arms-produkte. • Indien jou handelaar nie Air Arms-produkte aanhou nie, vra hom om Bushill te kontak by 012-348-0317, 021-945-2160 of besoek Bushill RSA se webblad by www.bushill.co.za

 ??  ?? Luggewere is ideaal vir diegene wat wil leer skiet of baie wil oefen. PCP-gewere soos die S510Xtra is ook lig genoeg sodat dames en kinders dit maklik kan hanteer. Hier lê Marisa Beeton aan met ‘n S510.
Luggewere is ideaal vir diegene wat wil leer skiet of baie wil oefen. PCP-gewere soos die S510Xtra is ook lig genoeg sodat dames en kinders dit maklik kan hanteer. Hier lê Marisa Beeton aan met ‘n S510.
 ??  ?? Bo is my ou Air Arms S400 Classic en onder die nuwe S510Xtra waarvan die kragleweri­ng verstelbaa­r is. Die S510 is deur Bushill RSA van ‘n 4-16x Hawke-teleskoop voorsien vir ons toetse.
Bo is my ou Air Arms S400 Classic en onder die nuwe S510Xtra waarvan die kragleweri­ng verstelbaa­r is. Die S510 is deur Bushill RSA van ‘n 4-16x Hawke-teleskoop voorsien vir ons toetse.
 ??  ?? Die linkerkant­se foto toon die hefboom wat die geweer oorhaal in die teruggetre­kte posisie. Let op na die pyltjie wat die knop aantoon wat gedraai kan word om die krag van die luggeweer te vermeerder of te verminder. Op die boonste foto word die indeksmerk­ie aan die anderkant van die luggeweer se romp getoon. Dit stel jou in staat om te sien of die geweer op minimum of maksimum krag gestel is.
Die linkerkant­se foto toon die hefboom wat die geweer oorhaal in die teruggetre­kte posisie. Let op na die pyltjie wat die knop aantoon wat gedraai kan word om die krag van die luggeweer te vermeerder of te verminder. Op die boonste foto word die indeksmerk­ie aan die anderkant van die luggeweer se romp getoon. Dit stel jou in staat om te sien of die geweer op minimum of maksimum krag gestel is.
 ??  ?? Heel links is die Air Arms-koeëltjies van 8.44gr wat ons gebruik het asook die 10-skootmagas­yn van die geweer.Die foto links toon twee 10-skootgroep­erings (op 25m geskiet). Die een na die sebra se kop is van ‘n skietbank af geskiet en die een na sy hart van die staande posisie oor skietstokk­e. Een skoot het weggeglip.
Heel links is die Air Arms-koeëltjies van 8.44gr wat ons gebruik het asook die 10-skootmagas­yn van die geweer.Die foto links toon twee 10-skootgroep­erings (op 25m geskiet). Die een na die sebra se kop is van ‘n skietbank af geskiet en die een na sy hart van die staande posisie oor skietstokk­e. Een skoot het weggeglip.
 ??  ??
 ??  ?? BO: Die toetsgewee­r het foutloos gefunksion­eer tydens die meer as 300 skote wat ons daarmee geskiet het. Selfs met die verstellin­g op maksimum krag het dit steeds baie goeie akkuraathe­id op 25m gelewer. INSETSEL: Die tienskoot-groepering op die staalplaat­jie (op 25m) is vanuit ‘n veldskietp­osisie geskiet.
BO: Die toetsgewee­r het foutloos gefunksion­eer tydens die meer as 300 skote wat ons daarmee geskiet het. Selfs met die verstellin­g op maksimum krag het dit steeds baie goeie akkuraathe­id op 25m gelewer. INSETSEL: Die tienskoot-groepering op die staalplaat­jie (op 25m) is vanuit ‘n veldskietp­osisie geskiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa