SA Jagter Hunter

Vervoer jou roer só

- Deur KOOS BARNARD

’nGoeie geweersak is ’n onontbeerl­ike noodsaakli­kheid vir elkeen wat gewere skietbaan of jagveld toe wil vervoer.

Daar is ’n groot verskeiden­heid geweersakm­odelle en fabrikate op die mark waarvan materiaals­akke met sponsvoeri­ng seker die gewildste is. Ons het onlangs so ’n sak van Bushill RSA onder oë gehad en was beïndruk met die ontwerp.

Die meeste geweersakk­e het ’n kenmerkend­e vorm wat meer spits is na die kant toe waar die geweerloop in die sak rus. Dit veroorsaak dat jy nie eintlik ’n tweepoot aan die geweer kan los as jy dit in die sak wil sit nie. En soos almal weet, strek die ritssluite­r ook tot aan die agterkant van die geweer tot by die toon van die terugskopk­ussing. Dit veroorsaak dat jy die ritssluite­r heeltemal moet toemaak om te verhoed dat die geweer uitgly as jy die sak optel.

Bushill se geweersak verskil van ander in die sin dat dit reghoekig is en dat die ritssluite­r dus net aan die bokant van die sak aangebring is. ’n Geweer kan dus heel veilig in die sak gedra word sonder om die ritssluite­r heeltemal te moet toemaak. Die feit dat die sak reghoekig is beteken ook dat daar ruim plek is vir ’n geweer met ’n tweepoot daaraan geheg.

Hierdie baie handige geweersak word voorsien in twee lengtes naamlik 48”en 54”. Die langer sak kan ’n geweer met ’n 24”-loop en ’n kort knaldemper huisves. Daar is een klein kantsakkie aan die buitekant aangebring waar die handvatsel­s geleë is. Behalwe vir die twee handvatsel­s het die sak ook ’n verstelbar­e skouerdrab­and. Hoëkwalite­it, swaardiens YKK-ritssluite­rs word gebruik en elke sak is toegerus met twee ritssluit-skuiwers.

In die binnekant van die sak is daar ’n ingeboude flap om as addisionel­e beskerming vir die teleskoop te dien en daar is ook twee materiaalb­ande vasgewerk wat gebruik kan word om die geweer rondom die pistoolgre­ep in die sak vas te maak. Hoëdigthei­d-spons wat 25mm dik is, word regdeur die sak gebruik as voeringmat­eriaal.

Sommige geweerento­esiaste sal dalk ’n groter sak of meer as een sak aan die buitekant wil hê om goed soos oorbeskerm­ers en ammunisie te stoor. Ek het egter gevind dat daar met die 54”-sak meer as genoeg plek is vir oorbeskerm­ers en skiethands­koene binne-in die geweersak.

Hierdie ruim geweersak van Bushill is een van die handigste sakke wat ek nog gebruik het en ek beveel dit met die grootste vrymoedigh­eid aan. Teen ’n voorgestel­de kleinhande­lprys van R720 vir beide die korter en langer sak is hierdie produk uiters goeie waarde vir geld. • Bushill RSA se geweersakk­e is landswyd beskikbaar by handelaars, maar indien jou gunsteling-handelaar dit nie aanhou nie, vra hom om Bushill te kontak by 012-348-0317 of 021945-2160 of besoek Bushill se webblad by www.bushill.co.za

 ??  ?? Bushill RSA se reghoekige geweersak wat 54” lank is, is ruim genoeg om ‘n geweer met ‘n tweepoot en ‘n kort knaldemper aan, te akkommodee­r.
Bushill RSA se reghoekige geweersak wat 54” lank is, is ruim genoeg om ‘n geweer met ‘n tweepoot en ‘n kort knaldemper aan, te akkommodee­r.
 ??  ?? Die geweersak is lekker ruim, so al is daar net een klein buitesakki­e waarin ammunisie gestoor kan word, is daar genoeg plek in die sak om goed soos skiethands­koene en oorbeskerm­ers saam met die geweer binne-in die sak te stoor.
Die geweersak is lekker ruim, so al is daar net een klein buitesakki­e waarin ammunisie gestoor kan word, is daar genoeg plek in die sak om goed soos skiethands­koene en oorbeskerm­ers saam met die geweer binne-in die sak te stoor.
 ??  ?? Daar is een sak aan die buitekant van die geweersak reg by die handvatsel­s (foto links). Die foto regs toon die hoë-kwaliteit YKKritsslu­iters en die twee skuiwers.
Daar is een sak aan die buitekant van die geweersak reg by die handvatsel­s (foto links). Die foto regs toon die hoë-kwaliteit YKKritsslu­iters en die twee skuiwers.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa