SA Jagter Hunter

Bospos – Sê jou sê

E-pos na marisa.beeton@media24.com

-

NERINA-DAMESKOSHU­IS DRA BY TOT NATUURBEWA­RING

Ek het grootgewor­d in die platteland, daar op die Hoëveld van Mpumalanga. By ons as kinders is die volgende beginsels en waardes ten opsigte van die natuur ingeskerp: Respekteer dit, bewaar dit vir die nageslag en benut daaruit sonder om ’n wanbalans te veroorsaak.

As kinders het ons onder meer r die Roofvoël bewarings reservaatt in Dullstroom besoek en het ek ’n liefde vir uile ontwikkel.

Ek studeer tans aan die Universite­it van Stellenbos­ch en is woonagtig in Nerina-dameskoshu­is. In die koshuis se vierkant is ’n jakarandab­oom en twee jaar gelede het Nerina se koshuisbes­tuur toestemmin­g gegee dat ek ’n uilkas in die boom mag opsit nadat ’n uilpaar gereeld op my vensterban­k kom sit het. Die een uil het só mak geword dat ek amper aan hom kon raak.

Die broeipaar het toe in die hok ingetrek en onlangs het twee kleintjies uitgebroei. Een is ongelukkig dood, maar die ma en oorblywend­e baba sien ek gereeld. Ek hoop dat die uile elke jaar sal terugkom om te broei. CHANTEL DU TOIT

• Chantel wen die R500-geskenkbew­ys van Safari Outdoor.

DROMEWORDW­AAR

In die Maart 2016-uitgawe van SA JAGTER/HUNTER is Renier Joubert se wenbrief, Vuurwapen vir die arm man, geplaas waarin hy vertel het hoe hy te werk gegaan het om ook na al die jare ’n jaggeweer te kon aanskaf sonder om ’n arm en ’n been daarvoor te betaal. Behalwe vir die Safari Outdoor-geskenkbew­ys het hy ook ’n verrassing gekry – ’n jaguitnodi­ging van Riaan Laubscher van Windhoek.

Renier vertel: Ek was, nodeloos om te sê, verstom toe ek die uitnodigin­g via SA JAGTER/HUNTER ontvang! Ek en Riaan het kontak gemaak, reëlings getref sodat ek uiteindeli­k die eerste week in Mei na Namibië vertrek het waar Riaan my by die lughawe kom optel het. Dit was die ervaring van ’n leeftyd, en dít waaroor ek net kon droom, het begin waar word.

Die middag na my aankoms is ons plaas toe, het gewere ingestel en Riaan het die teleskoop se gebruiksaa­nwysings geduldig aan my verduideli­k. Heerlike gesellige kuiers het gevolg, vroegoggen­dkoffie en beskuit, en toe is ons na ’n plaas naby Leonardvil­le. Wat ’n pragtige land! Ons het baie wild langs die pad gekry: gemsbokke, rooihartbe­este, duikers en natuurlik springbokk­e. Op die plaas aangekom, het vriende van Riaan en sy twee seuns ons vergesel. Daar is ’n gemsbok vir die een seun belowe, en ons is in die kamp in waar die betrokke gemsbok gesoek moes word. Laatoggend het die seun hom geskiet. Kopskoot!

OK, nou was my senuwees al mooi op hol, want die manne laat dit maklik lyk, maar ek weet dat dinge nie altyd so maklik is as wat dit lyk nie. Die eerste bok wat ek toe moes skiet, skiet ek toe natuurlik heel mis. Maar Riaan gee raad wat my weer rustig maak. (Veral vir sy geduld en rustigheid respekteer ek hom baie.)

En toe word my droom waar. ’n Springbokr­ammetjie gekry, so 80m van ons af, en Riaan laat my aanlê, verduideli­k weereens vir my hoe om reg asem te haal, rustig te raak en die sneller te druk. ’n Perfekte skoot! Wat ’n gevoel! Wat ’n blydskap! Hoe verduideli­k jy aan iemand anders wat dit nie self ervaar het nie?

En die kersie op die koek? Ek het ook die voorreg gekry om ’n gemsbok te kon skiet!

Ai, maar dit was ’n groot oomblik! Dankie, Riaan!

SAJAGTER/HUNTER, dankie dat julle my brief geplaas het. Dankie dat julle Riaan se uitnodigin­g aangestuur het! My droom om te gaan jag is bewaarheid!

GOEIE DIENS, MANNE!

Skuts weet dat dit ’n redelike gespook kan afgee om die regte herlaaikom­ponente te kry wanneer dit by ’n nuwe geweer kom. Dit kan ook baie maklik ’n baie duur oefening word.

Ek was gelukkig om ’n 6.5x57 Mauser van my oupa te erf, ’n geweer wat 30 jaar in die kluis gestaan het (oor hy nie wou groepeer nie?). En so begin my huiswerk. Ek spoor 160gr Hornady InterLock-koeëls op en met groot geluk kry ek die geweertjie se resep binne 20 skote, maar die fyn groepering vir die tipiese 100m-bosskoot ontbreek nog.

’n Vriend sien toe dat die loop se groewe voor by die tromp beskadig is en ek laat sny die loop korter en laat dit weer kroon. Dis ’n groot sukses! Met vreugde in my hart geniet ek toe die volgende 40 of wat patrone wat oor is na die groepering-soektog en so leer ken ek die geweer sommer ook beter

Toe ek egter weer koeëls wil koop om te herlaai, kon geen handelaar help nie. Na ’n jaar se gesoebat besluit ek toe om buite my geografies­e ligging telefonies te begin soek. Ek fynkam die advertensi­es in SA JAGTER/ HUNTER en spoor ’n handelaar op wat kan help. Na twee weke, soos belowe, skakel hulle my om my in te lig dat my koeëls gearriveer het. Toe ek die koeëls gaan haal, het ek vriende saamgenooi, want dié wapenwinke­l is 120km ver en my vriende kon ook by dié tipe diens baat.

Manne met wapenwinke­ls, ek spandeer my geld graag daar waar ek welkom voel, en so ook al my vriende wat saam met my skiet en jag, selfs al moet ons ’n paar kilometer aflê om goeie diens te ontvang.

 ??  ?? Renier Joubert by die gemsbok wat hy naby Leonardvil­le in Namibië platgetrek het. Hierdie ondervindi­ng het sy jagdroom bewaarheid.
Renier Joubert by die gemsbok wat hy naby Leonardvil­le in Namibië platgetrek het. Hierdie ondervindi­ng het sy jagdroom bewaarheid.
 ??  ??
 ??  ?? Die uilhok en uil in die jakarandab­oom in Nerina se vierkant (bo) en Chantel du Toit (onder).
Die uilhok en uil in die jakarandab­oom in Nerina se vierkant (bo) en Chantel du Toit (onder).
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa