SA Jagter Hunter

Sê jou sê

E-pos na marisa.beeton@media24.com

-

LANGAFSTAN­DJAG

Ek verwys na Johan Viljoen se brief wat in Juniemaand gepublisee­r is. Ek respekteer jou opinie rakende langafstan­djag, maar kon nie anders as om uit jou skrywe af te lei dat jy nie welbekend is daarmee nie, Johan.

Vele gevegte is al geveg oor die etiek daarvan en daarom gaan ek nie nou daaraan aandag gee nie. Wat wel ’n feit is, is dat langafstan­djag na ons oorgewaai het van die VSA en ongelukkig is dit hier om te bly, en die belangstel­ling daarin groei daagliks. Om dit dus bloot af te keur as iets oneties en onverantwo­ordelik, gaan nie belangstel­lendes afskrik nie. Dalk kan die negatiewe energie eerder gebruik word om mense op te lei en bewus te maak van wat dit behels en wat nodig is om dit suksesvol te implemente­er.

Dit is wat ons by African Long Range Hunters Associatio­n (’n organisasi­e onder die CHASAsambr­eel) as doelwit het en nooi jou graag uit na ons volgende skietdag. Daar sal jy eerstehand­s kan ervaar wat langafstan­dskiet werklik behels – dis toewyding, lang ure se dopvoorber­eiding, ladingontw­ikkeling en baie ure se skietbaano­efening onder alle toestande. En selfs na alles is die meeste skuts nog nie gemaklik om ’n skoot oor ’n lang afstand na ’n bok te neem nie. Baie van ons lede jag nooit verder as 400m nie, maar geniet die geleenthei­d om hulle gewone fabrieksja­ggewere te toets op afstande tot 1 000m en is meestal verras met die resultate. Buitendien is die oefening op langer afstande goud werd as daardie trofeerooi­bokram nie nader as 280m bekruip kan word nie.

Onthou ook dat daar in elke faset van die lewe maar cowboys is. Hierdie tipe mense sorteer onder gewone biltongjag­ters en net so ook by langafstan­djag, maar hulle is in die minderheid en word by verre oorskadu deur die toegewyde jagters – mense wat alles op ’n wettige, verantwoor­delike en volhoubare wyse doen. ’n Toegewyde langafstan­djagter spandeer baie ure op die skietbaan om te oefen vir eenskoot-doodskote en ¼MOA-groepies, ken sy toerusting beter as die normale geweereien­aar en skiet maklik 1 200 skote onder verskillen­de toestande, net sodat hy daardie één lang skoot op ’n bok suksesvol kan afdruk.

Hierdie mense toets die werklike klik-waarde van hulle teleskope, maak seker dat dit wel ’n ¼MOA of ⅛MOA is en maak voorsienin­g daarvoor as dit nie die geval is nie. Daar is dus nie sprake van ’n “4-bokke hoog en 2-bokke links”-Kentucky- holdover- manier van mik nie.

Loop-en-bekruipjag sal altyd vir my en baie van ons lede die lekkerste en mees belowende vorm van jag bly en langafstan­djag is nie in kompetisie daarmee nie. Net soos wat bakkiejag, voorsitjag en boogjag ook nie ten doel het om loop-en-bekruipjag te vervang nie. Dit is maar net ander vorme van jag en almal kan saam bestaan onder die breë sambreel van jag in SA.

Dit was nog altyd my gevoel dat die anti-jagbrigade nie van jag hou nie en daarom almal wil forseer om ook nie te jag nie. Laat ons as jagters nie dieselfde modus operandi handhaaf en dit waarvan ons nié hou nie, afmaak as oneties en onverantwo­ordelik nie – dis ’n groter gevaar vir jag as wat die anti-jagbrigade ooit kan wees... EUGENE HARMSE * Eugene wen die Safari Outdoor-geskenkbew­ys van R500.

TROFEEJAGT­ER IN WORDING

Sommige manne soos ek, sukkel om ’n bedrewe skut te wees en moet fyn luister na raad tydens jagtogte en op die skietbaan.

Gelukkig is my maat Edward ’n toegewyde jagter wat my touwys maak en sy jarelange verworwe kennis met my deel. Manne soos Edward ontferm hulle oor ons wat nie veel weet van jag en gewere nie, en maak van ons ware jagters, met genoeg geduld en opoffering. Hy het selfs tyd afgestaan om my geweer te glassbed (wat dit ook al mag beteken).

Baie dankie vir die beste jagtydskri­f in SA. Ek deel die tydskrif in sarsies op en binne drie dae is hy klaar gelees.

Julle trofeejagt­er in wording. MARCEL LANDSBERG

MY VERNIETJAG­VRIENDE

Dit is weer sulke tyd – dit is winter en die eerste jagsessie is reeds agter die rug.

Ek jag nou al om en by 22 jaar lank en het al ’n skoot of wat mis geskiet en ’n bok of drie gekwes. Maar my vriende wat saam met my werk, het in die sewe jaar wat ek hulle ken, nog nooit mis geskiet nie, nooit verder as vyf treë agter ’n geskiete bok aangeloop nie, en as hulle vingers beweeg, dan weet hulle die biltong is daar.

Die afgelope week het ek weer by ’n goeie vriend gaan jag en ’n koedoekoei en twee rooibokke platgetrek. Die volgende dag (Vrydag) is ek vroeg terug huis toe. By die huis aangekom na ses ure op die pad, het ek dadelik die bokke bewerk, biltong gesny, wors gemaak en doodmoeg die aand laat in die bed geklim.

Saterdagog­gend sesuur bel een van my vriende my: “Wat maak jy volgende naweek, ek wil kom biltong jag by jou (huis)...”

Toe hy sy vinger lig om aan my voordeur te klop, was dit soos ’n kolskoot vir hom, want toe hy die aand later ry, gaan daar sommer ’n hele paar stukke biltong saam met hom huis toe – nog ’n “vernietjag” wat my vriend gekry het!

Ek wil net aan al my vriende sê: Ek het my foon verloor, so e-pos my asb. wanneer julle ’n naweek wil kom jag. My e-posadres is johan@as-jy-vriende-wilbly-skiet-jou-eie-bok.com. JOHAN BADENHORST

BAIE DANKIE, SAJWV

Dis met groot genot dat ek hierdie dankiebrie­f aan die SAJWV rig vir die prys wat ons gewen het deur ’n donasie te maak aan die vereniging se Regshulpfo­nds. Die beskikbaar­stelling van hierdie pryse bewys weereens dat die SAJWV die belange van sy lede, en die van alle geweereien­aars op die hart dra.

Skoonpa Henry Lange het jagpakket nr 4 gewen en omdat hy nie jag nie, is ek saamgenooi om die skietwerk te doen (ek het ook die helfte van die eland gekry).

Die Nel-familie van Ellisras was ons gasheer en -vrou tydens die jag. Aan Kobus, in die foto saam met Henry, die baardman, baie dankie vir jou hulp en vriendelik­heid. Hierdie pragtige familiepla­as met uitstekend­e fasiliteit­e en lieflike uitsig vanaf ’n plato, is amper uitsluitli­k op wild gerig.

Dankie vir die nuwe vriende wat ons gemaak het – ek gaan volgende seisoen by Cobus jag. Cobus kan gekontak word vir jagbesprek­ings by 082-896-8861. PIET BOTHA (Die Rhodesiese rooinek)

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa