SA Jagter Hunter

MEER OOR XANDER BAILEY

-

Xander Bailey skiet die Vlaktetabe­l met ’n Howa .22-250 wat ’n 1 in 9”-groefdraai het, hy gebruik 75gr A-max-koeëls met ’n CKG taktiese kolf van Arms in Pretoria. Die geweer is toegerus met ’n Sightron-teleskoop.

Vir die Bosveld-tabel gebruik hy ’n standaard-K98, .308 met 110gr V-max-koeëls met ’n Swarovski-teleskoop. Altwee kolwe kan stel om sy lengte te pas. Xander help met die herlaaipro­ses – hy gooi die kruit in die doppies en sorg dat al die doppies kruit in het en hy plaas die koeëls met die pers in die doppies nadat alles vir hom opgestel is.

Van jongs af het Xander baie belang gestel in die buitelewe en natuur. Enigiets wat kon skiet, hetsy kettie, blaaspyp of kleilat, het hom gefassinee­r. Reeds op driejarige ouderdom het hy sy eerste Daisy by Chad Gillie, eienaar van die Arms-geweerwink­el in Pretoria gekry. Vanaf sesjarige ouderdom het hy kompeteren­d begin deelneem aan groepering­kompetisie­s, SA Jagterstab­elle en veldskiet vir die Arms-span.

Sedert hy sy CZ 200-windbuks ontvang het, het sy skietvernu­f merkwaardi­g verbeter. Sy eerste senterslag-geweer waarmee hy begin skiet het, was ’n Sako .223. Hy is ook ’n ywerige jagter en geniet die slag en bewerking van wildsbokke.

 ??  ?? Die elfjarige Xander Bailey met al sy medaljes.
Die elfjarige Xander Bailey met al sy medaljes.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa