SA Jagter Hunter

’n Rus vir jou roer

Veerlig en effektief – skietstokk­e wat werk!

- Deur KOOS BARNARD

Vir diegene wat gereeld te voet jag, is een van die lastighede dat daar dikwels nie ’n geskikte geweerrus (boom, miershoop of klip) beskikbaar is wanneer jy wil aanlê op ’n bok nie. Die enigste uitweg is om skietstokk­e te gebruik.

In bosveldgeb­iede waar die meeste skote uit die staanhoudi­ng geneem word, is lang skietstokk­e ’n noodsaakli­kheid. Is die wêreld oper (savanne of vlaktes met lae bossies) soek jy weer iets waarmee jy gemaklik uit die sitposisie kan skiet. Waar langafstan­dskote in oop terrein (ook berge) die norm is, sal ’n kort skietstok vir die lêhouding weer die aangewese ding wees.

Daar is legio voorbeelde van beskikbare skietstokk­e maar die

probleem is dat baie van hulle lomp en swaar is om te dra terwyl ander (soos die Harris-tipes) vereis dat jy hulle aan die geweer heg – wat weer die geweer lomp en swaar maak. Vir diegene wat ’n helper of gids het wat die skietstokk­e vir hulle kan dra, maak die gewig seker nie saak nie. Jag jy egter dikwels alleen, is die gewig (of liewer die verlies daaraan) en praktiese hanteerbaa­rheid van ’n goeie skietstok van kardinale belang.

Ek het onlangs op die Gautengse HuntEx skietstokk­e ontdek wat ek glo baie jagters baie goed sal kan gebruik. Dit word deur die Britse maatskappy Spartan Precision Equipment van Sussex in Engeland gemaak en word onder die naam Javelin bemark. Die plaaslike agent is Raymond Hoffman van Easy Shot Precision Shooting Supplies en Cradle of Man Taxidermy naby Tarlton.

Hierdie Javelin-skietstokk­e se ontwerp is so eenvoudig, ek is skoon jaloers dat ekself nog nie vroeër aan so iets gedink het nie. Spartan Precision Equipment vervaardig ’n kort en standaard-tweepoot asook ’n driepoot wat in ’n sekond of twee aan jou geweer geheg en weer afgehaal kan word. Die kort tweepoot is slegs geskik vir skiet uit die lêhouding en kan in lengte verstel van 17cm tot 24cm. Die standaard-tweepoot is bedoel vir skiet uit die sitpo- sisie en verstel in lengte van 20.5cm tot 30cm.

Javelin-skietstokk­e word van koolstofve­sel en aluminium (7075-T7351) gemaak en is ongeloofli­k lig. Só lig dat dit geen verskil aan die koeëls se trefpunt maak as jy met of sonder die tweepote aan die geweer skiet nie. Die enigste nadeel van hierdie Spartan-produkte is dat hulle peperduur is!

Dié ligte skietstokk­e heg deur middel van ’n koppelstuk wat aan jou geweer se voorlaai vasgeskroe­f word. Daar is ook ’n koppelstuk beskikbaar wat in die voorlaai versink kan word. Om die koppelstuk te pas, draai jy jou geweer se bandskakel­pen ( sling swivel stud) uit. Die koppelstuk bestaan uit ’n “bekertjie” met ’n gat daarin (vir ’n skroef) en ’n verlengde voetjie waaraan jy weer die bandskakel kan heg.

Met die bandskakel­pen verwyder, gebruik jy die bestaande gat in die kolf en draai jy nou die bekertjie met sy verskafde staalskroe­f aan die voorlaai vas. Die tweepoot het op sy beurt ’n pen (spigot) aan sy bopunt wat ’n gemagnetis­eerde kop het. Hierdie pen pas in die koppelstuk se bekertjie en die gemagnetis­eerde kop en staalskroe­f help om die tweepoot aan die geweer te heg. Om die twee- »

» poot te heg, word die pen bloot in die bekertjie geplaas en wil jy dit verwyder, trek jy net ferm aan die tweepoot en dan kom dit vry.

Die tweepote kan nie platvou as dit aan die geweer geheg is nie, maar dis ook nie die doel nie. Jy sit eers die tweepoot aan die oomblik wanneer jy wil skiet. Ingebou in die tweepoot se meganisme is ’n kantelfunk- sie sodat jy dit op oneweredig­e terrein kan gebruik. Die koppelstuk is ook so ontwerp dat jy die geweer ongeveer 30° in totaal kan swaai (links en regs) om te kan kompenseer as die bok weg beweeg van waar dit gestaan het. Die styfheid van die kantelaksi­e kan beheer word met ’n sluitmegan­isme (’n vleueltipe skroef of ’n groter hefboompie – sien foto).

’n Draai-sluitaksie word gebruik om die bene van die tweepote los en vas te maak as jy dit verleng (deur bloot daaraan te trek nadat dit effens losgedraai is). Behalwe vir die tweepote verskaf Spartan Precision Equipment ook ’n driepoot wat hulle die Kapita noem. Hierdie nuttige apparaat kan jy as ’n enkelbeens­tok, tweepoot en driepoot gebruik, want die bene kan nie net verleng nie, maar kan ook losdraai om verwyder te word. Dit kan uit die kniel- en staanhoudi­ng gebruik word, maar is te lank om met die koppelstuk te gebruik vanuit die sitposisie. Twee van die driepoot se bene is aan hul bokante met ’n tipe skuimrubbe­r oorgetrek en wil jy uit die sitposisie skiet, kan jy die geweer teen een van dié bene vasdruk.

Aan die bokant van die driepoot is daar ’n tipe bal-en-klou koppelstuk met ’n pen presies soos dié wat aan die tweepote vas is. Hierdie pen pas op die koppelstuk­ke (net soos dié van die tweepote) wat aan die geweer geheg of in die kolf versink kan word. Die Kapita kan ook as ’n kameradrie­poot gebruik »

» word. Spartan se koppelstuk vir kamera sis ook’ n aluminiumb­ekertjie wat bloot met’ n doelgemaak­te staal skroef aan die kamera vasskroef( sien foto ).

Ek het beide die standaardt­wee poot asook die Kap i ta-driepoot in die jagveld getoets en kan getuig dat dit volgens my mening die beste skietstokk­e vir jag is wat ek nóg gebruik het. Die kort tweepoot het ek tot dusver net op die skietbaan getoets. Diegene wat langafstan­dskiet beoefen (600 tot 1 200m) sal eerder ’n swaar doelgemaak­te tweepoot gebruik wat meer permanent aan die geweer geheg is. Vir jag oor realisties­e afstande is die Javelin-tweepote en driepoot egter uitstekend geskik.

Ek het getwyfel oor die kort driepootji­e se vermoë as jy dit byvoorbeel­d op 300 m vir skietoefen­inge soos die Springbok tabel van die SAJWV se Presidents­kietoefeni­ng sou wou gebruik. Die drieskootg­roepe wat ek op 300m geskiet het met dié tweepoot aan my .308 CZ, het egter bewys dat jy maklik jou skote in die maksimum telareas (hart en brein) sal kan plaas.

Behalwe vir die twee- en drie- pote maak Spartan ook ’n geweerband met ’n sakkie daarin vir ’n kort tweepoot (sien foto).

’n Oos-Kaapse jag op bosbok, rooibok en blesbok het as my eerste toets vir die standaardl­engte Javelin-tweepoot en die Kapita-driepoot gedien. Ek het twee blesbokke vanuit die sithouding geskiet met die standaard-tweepoot, een op 110m en die ander op 238m. Die bok wat op 110m geskiet is, het ’n kopskoot agter die linkeroor ontvang en die een op 238m, ’n bladskoot deur die hart. Omdat ek met onbekende fabrieksam­munisie geskiet het waarvan ek net die trajek tot op ongeveer 200m geken het, wou ek die ver bok nie in die kop probeer skiet nie, maar die skootplasi­ng het gewys dat ek dit sou kon waag – só stil was ek in staat om die geweer oor die Javelin-skietstokk­e te hou.

Die volgende twee bokke was ’n bosbok wat op 136m geskiet is en ’n rooibok op 129m. Beide hierdie bokke is ook vanuit die sithouding geskiet ná ’n bekruiptog en beide het hartskote ontvang. Die bosbok is geskiet terwyl ek die driepoot gebruik het – soos genoem, het ek die geweer teen een van die bene vasgedruk wat met skuimrubbe­r oorgetrek is.

Nadat ek die Javelin-tweepote en die driepoot op die skietbaan en in die veld gebruik het, het ek botweg geweier om dit aan die agent terug te gee. Alhoewel dit peperduur is, het ek gesê hulle moet maar die rekening stuur, want hierdie ligte skietstokk­e is baie beslis die mees praktiese geweerruss­e wat ek nóg in die veld gebruik het.

Waarvan ek as stapjagter hou, is dat die stokke veerlig is en gemaklik saamgedra kan word. Omdat dit nie permanent aan die geweer vas is nie, dra jou geweer ook gemakliker. Verder veroorsaak die Javelins se ligte gewig dat jou geweer op presies dieselfde plek skiet, met of sonder die skietstokk­e in gebruik (van my gewere se trefpunt verskil met tot 7.5cm as ek ’n Harris-tipe tweepoot aan hulle heg). * Vir meer inligting oor die Javelin-skietstokk­e kontak Raymond Hoffman by 083-4255263 of info@easyshot.co.za

 ??  ??
 ??  ?? Foto 1 wys hoe die koppelstuk van die driepoot lyk terwyl foto 2 en foto 3 wys hoe die koppelstuk lyk wat aan die geweer vasgeskroe­f word en waarin die drie- of tweepote se koppelstuk­ke pas.
Foto 1 wys hoe die koppelstuk van die driepoot lyk terwyl foto 2 en foto 3 wys hoe die koppelstuk lyk wat aan die geweer vasgeskroe­f word en waarin die drie- of tweepote se koppelstuk­ke pas.
 ??  ?? Hier is die Kapita Javelin-driepoot in aksie. Op die insetfoto word ‘n drieskootg­roepering gewys wat ek op 75m uit die staanhoudi­ng vanaf dié driepoot met my .30-06 geskiet het.
Hier is die Kapita Javelin-driepoot in aksie. Op die insetfoto word ‘n drieskootg­roepering gewys wat ek op 75m uit die staanhoudi­ng vanaf dié driepoot met my .30-06 geskiet het.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? So gebruik jy die Javelin-tweepoot in die sitposisie – weereens met my .308 en die versinkte koppelstuk in die kolf. Koppelstuk­ke wat jy in ‘n geweerkolf kan versink is ook beskikbaar (foto’s 1 & 2). Ek het een gebruik vir my CZ .308 en op die foto...
So gebruik jy die Javelin-tweepoot in die sitposisie – weereens met my .308 en die versinkte koppelstuk in die kolf. Koppelstuk­ke wat jy in ‘n geweerkolf kan versink is ook beskikbaar (foto’s 1 & 2). Ek het een gebruik vir my CZ .308 en op die foto...
 ??  ??
 ??  ?? Drasakkies vir die kort Javelin-tweepoot is beskikbaar (bo) en selfs die geweerband­e wat Spartan Precision maak het bêreplek vir die kort tweepoot (regs).
Drasakkies vir die kort Javelin-tweepoot is beskikbaar (bo) en selfs die geweerband­e wat Spartan Precision maak het bêreplek vir die kort tweepoot (regs).
 ??  ??
 ??  ?? Hierdie blesbok is met my .243 geskiet. Die insetfoto wys die gemagnetis­eerde koppelstuk van die Javelintwe­epoot. Dit pas in die koppelstuk wat aan die geweer geskroef word. Die hefboompie aan die koppelstuk beheer die spanning van die kantelfunk­sie.
Hierdie blesbok is met my .243 geskiet. Die insetfoto wys die gemagnetis­eerde koppelstuk van die Javelintwe­epoot. Dit pas in die koppelstuk wat aan die geweer geskroef word. Die hefboompie aan die koppelstuk beheer die spanning van die kantelfunk­sie.
 ??  ?? Ek het beide my .30-06 en .243 met die Javelin-skietstokk­e gebruik. Hier lê ek aan met die .30-06 op ‘n blesbokram.
Ek het beide my .30-06 en .243 met die Javelin-skietstokk­e gebruik. Hier lê ek aan met die .30-06 op ‘n blesbokram.
 ??  ??
 ??  ?? Ek het hierdie bosbok in die Oos-Kaap geskiet met behulp van die Javelin-driepoot. Die skietafsta­nd was 136m.
Ek het hierdie bosbok in die Oos-Kaap geskiet met behulp van die Javelin-driepoot. Die skietafsta­nd was 136m.
 ??  ?? ‘n Koppelstuk vir kameras is ook beskikbaar sodat die skiet-driepoot ook as ‘n kamera-driepoot gebruik kan word.
‘n Koppelstuk vir kameras is ook beskikbaar sodat die skiet-driepoot ook as ‘n kamera-driepoot gebruik kan word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa