SA Jagter Hunter

Sauer en Sig Sauer se wenners

- Deur KOOS BARNARD

JP Sauer & Sohn is ’n ou Duitse maatskappy uit 1751 wat tot vandag toe nog beken dis vir kwaliteitp­rodukte. S au e r-gewer eis al vir baie jare nie net in Duitsland ’n gunsteling nie, maar regoor die wêreld.

Sauer is oor die algemeen sinoniem met duur, hoë-kwaliteit gewere, maar die moderne mark het dié maatskappy gedwing om ook meer bekostigba­re produkte te versprei. Goedkoop Amerikaans­e en Japannese gewere is baie gewild en Sauer moes ’n teenvoeter daarvoor vind. Die resultaat is die Sauer 100 wat vir ongeveer R17 000 verkoop. Dis wel meer as wat sommige ander intreevlak­gewere kos, maar Sauer se kwaliteit kan nie bevraagtek­en word nie.

Ons het onlangs ’n S100 van naderby beskou en ook ’n paar skote daarmee op die skietbaan geskiet. Hierdie Sauers is beskikbaar met ’n beukehoutk­olf (beech wood) wat gekleur is, asook met ’n sintetiese kolf. Ons toetsmodel het die houtkolf gehad. Iets wat dadelik opval, is dat die kolf vir beide regterhand­se en linkerhand­se skuts geskik is. Daar is geen wangstuk nie en die pistoolgre­ep het aan beide kante ’n palm swell. Laser-gesnyde ruitwerk versier die voorlaai en die pistoolgre­ep. Die voorlaai eindig ook in ’n netjiese schnabel. Hegpunte vir bandskakel­s is op die normale plekke aan die voorlaai en agterkolf aangebring en die kolf word afgerond deur ’n dun, swart skopkussin­g.

Soos dit met die meeste in- treevlak-gewere die geval is, het die Sauer ook maar sy stukkie plastiek – die magasynkas is van ’n polimeerpl­astiek gemaak. Die magasynkap­asiteit is vyf patrone vir standaard-kalibers en vier vir magnums. Patrone word trapsgewys (staggered) in die magasyn gepas, wat meebring dat jy die magasyn vol kan maak sonder om dit uit die geweer te verwyder. Verblydend is egter dat die magasynkni­p mooi versink lê in die vloerplaat­gedeelte reg voor die magasynkas. Hierdie is een magasynkas wat jy nie sommer maklik sal verloor deur die magasynkni­p per ongeluk te aktiveer nie.

Soos met baie van die Euro- pese modelle die geval is, sluit die grendel nie in nokgleuwe in die aksie nie, maar in gleuwe in die loop self. Dis gewoonlik die geval waar daar van ruilbare lope gebruik gemaak word en waar die lope deur ’n krimpprose­s aan die aksie gepas word. Die agente vir Sauer, die L&Ogroep, sê egter dat die Sauer 100 se loop indraai en nie in plek gekrimp word nie. Al Sauer se lope word deur die koue hamerprose­s gevorm.

Soos julle uit die foto kan aflei, is die grendelsta­m dieselfde deursnee as die sluitnokke en let op dat die S100 drie sluitnokke het in stede van twee opponerend­es. Dit bring mee dat die

grendelhef­boom net sowat 60° gelig moet word om dit te ontsluit vir herlaai. ’n Veerbelaai­de uittrekker asook twee veerbelaai­de uitwerpers word in die versinkte grendelkop gehuisves. Die twee uitwerpers (sien foto bo) sorg dat doppe baie positief uitgewerp word.

Die aksie is geboor en getap vir teleskoopm­onteerbasi­sse en baie sal bly wees om te verneem dat enige basisse wat geskik is vir die Remington Model 700, op die Sauer pas. Sauer self beveel egter hulle Hexalock-basis/ ringstelle aan en dis waarvan die toetsgewee­r voorsien was. Hierdie vinnig-afhaalbare monteersis­teem werk met ’n hefboom wat aan elke teleskoopr­ing vas is. Die hefboompie word bloot vorentoe geswaai waarna die teleskoop met ring en al verwyder kan word (sien foto).

Anders as sommige meer bekostigba­re gewere, is die Sauer 100 van ’n drieposisi­e-veiligheid­sknip voorsien. In die agterste posisie word die slot heeltemal gesluit en kan die geweer nie vuur nie. In die middel-posisie kan die geweer steeds nie vuur nie, maar dit laat jou toe om die grendel/slot oop te maak en die geweer te laai of om ’n patroon uit die kamer te verwyder. In die voorste posisie is die geweer natuurlik ten volle operasione­el. Wanneer die Sauer oorgehaal is, steek ’n pennetjie wat rooi gekleur is by die slagpenhul­s uit en kan jy met een oogopslag sien of die geweer oorgehaal is al dan nie. Die grendelsto­p sit agter aan die linkerkant van die aksie. ’n Lang reguit gleuf in die grendel, waarin die grendelsto­p pas, verseker dat die grendel op die grendelsto­p ry en dit sorg vir die gladde werking van die grendel. Die grendelhef­boom is van staal, maar word afgerond deur ’n sintetiese grendelkno­p.

Sauer 100’s word gewoonlik nie van oop visiere voorsien nie en dit was ook die geval met die toetsgewee­r. In standaard-kalibers is die loop 56cm (22”) lank terwyl magnum-kalibers van 61cm (24”)-lope voorsien word. Die Sauer 100 is tans in 12 kalibers beskikbaar (.222; .223; .243; .270; .308; .30-06; 6.5mm Creedmoor; 6.5x55; 8x57; 9.3x62; 7mm Rem Mag en .300 Win Mag). Standaard-gewere weeg 3.05kg en die .308 en .30-06 word voorsien van lope waarvan die groefdraai 1 in 11” is. Die 6.5’e se groefdraai is 1 in 8.6”.

Ek was aangenaam verras met hoe lekker die geweer hanteer, hoe goed die kolf my pas en hoe gemaklik die pistoolgre­ep in my hand voel. Die palm swell is presies die regte grootte vir my hand en as ek die geweer aangooi, lê dit dadelik op die teiken.

Die verstelbar­e sneller (2kg tot 1kg) is reeds in die fabriek lig gestel, het mooi skoon gebreek en was ’n plesier om te gebruik.

Tydens die twee skietbaans­essies het die Sauer, wat vir die .308 Win-patroon gekamer is, sonder enige probleme gefunksion­eer. Dit het glad gevoer en die doppe te alle tye positief uitgewerp, maak nie saak hoe vinnig ek die geweer oorgehaal het nie. Die feit dat die grendel net 60° lig, maak dat jy hierdie geweer baie vinnig kan oorhaal.

Tydens die eerste sessie het ons vyf drieskoot-groepering­s van die skietbank af geskiet op 100m met Norma se 165gr-ammunisie. Die toetsgewee­r het hom heel goed van sy taak gekwyt en die gemiddeld van die vyf groepe was net oor die 30mm.

Die S100 is ’n geweer wat ek met vrymoedigh­eid aanbeveel.

Die L&O-groep versprei ook Sig Sauer optiese produkte – teleskope en afstandmet­ers. Saam met die Sauer-geweer het ons die geleenthei­d gehad om ’n Sig Sauer-teleskoop, die Tango4 6-24x50 wat ’n 30mm-buis het, onder oë te neem. Sig Sauer, ’n oorspronkl­ike Switserse maatskappy se hoofkwarti­er is al vir etlike jare in Amerika. Onder die saalgedeel­te (waar die stelknoppe geleë is) staan duidelik dat die Tango4 in Oregon ontwerp is, wat dié produk se Amerikaans­e oorsprong bevestig.

Sig Sauer is onder die meeste mense bekend vir die hoë-kwaliteit pistole wat hul vervaardig. In 2015 het Sig Sauer tot die optiese mark toegetree. Hoewel hulle nog in hul babaskoene is wat optiese produkte betref, kan ’n mens nie anders as om beïndruk te wees met die kwaliteit van die Sig Sauer-teleskope en -afstandmet­ers nie.

Die afwerking van die Tango4 »

» 6-24x50 is werklik goed en die stelknoppe draai nie te maklik nie. Wanneer ’n mens sommige teleskope se stelknoppe draai, is die klikkies nie duidelik hoorbaar nie en dit voel amper asof die ratjies daarvan uitgewerk of nie goed afgewerk is nie. Dis beslis nie die geval met die Sig Sauer nie. Begin aan hom stel en jy kom agter, dié produk is kwaliteit. Wat dadelik opval, is die gryskleuri­ge afwerking van die teleskoop en sy taktiese-tipe stelknoppe sonder doppies.

Die parallaks verstellin­g i sop die normale plek aan die linkerkant van die saal en vorm ’n integrale geheel met die kruishaar se ligskakela­ar. Hierdie twee-in-een stelknoppe is deesdae standaard op baie teleskoopm­odelle. Die parallaks verstellin­g fokus die beeld vanaf 50m.

’n Unieke funksie van dié teleskoop is die venstertji­e met merkers agter aan die vertikale stelknop wat die gebruiker in staat stel om dadelik te sien op watter rotasie die stelknop is. Dit kan ’n maksimum van vyf rotasies stel en elke rotasie verteenwoo­rdig 12MOA – dus 60MOA-verstellin­g in totaal. Elke klikkie stel die trefpunt ’n ¼MOA aan op 100 jaarts (ongeveer 7.2mm op 100m). Die stelknop vir rigting (regs en links) het ook ’n sluitfunks­ie wat verhoed dat dié per abuis gedraai word en die teleskoop uitstel.

Soos deesdae die gebruik is met baie teleskope, is die oogstuk van die Sig Sauer van die vinnige fokus-tipe. Die model wat ons geëvalueer het se kruishaar is in die eerste of voorste fokusvlak of -seksie geleë en raak dus al “vetter” soos die vergroting opgedraai word. In realiteit beteken dit maar net dat die kruishaar se afmetings en die spasie tussen die afmikmerki­es in verhouding tot die teiken altyd dieselfde bly, maak nie saak op watter vergroting dit gebruik word nie. As jy dus die teleskoop se afmikmerki­es met jou lading/ koeëlkombi­nasie gekalibree­r het, kan jy hulle op alle vergroting­s gebruik om in die kol te skiet op die gekalibree­rde afstande.

Die MOA-tipe kruishaar verlig heeltemal as die beligting aangeskake­l word. Vir sommige kan dit ’n probleem wees aangesien so ’n hele verligte kruishaar dit soms moeilik maak om die teiken daaragter te sien as jy in die nag skiet. Die oplossing is om die laagste verligting te gebruik wat jou sal toelaat om die kruishaar te sien.

Ek het baie van die swewende kolletjie gehou wat as die kruishaar se middelpunt gebruik word. Vir my oë werk sulke kolletjies baie goed. Volgens my mening is die spasies tussen die afmikmerki­es ’n bietjie te groot en nie regtig van praktiese nut nie. Dis egter ook ’n feit dat baie skuts liewer hul teleskope vir afstand stel as om die afmikmerki­es te gebruik. Indien jy stel, kan jy jou eie zero-afstande bepaal. Met vaste afmikmerki­es is jy gebind tot sekere zero-afstande.

Wat die glas se helderheid betref, kan ek noem dat die Sig Sauer uitstekend vergelyk met teleskope wat soortgelyk geprys is op die mark. Die meeste handelsmer­ke word deesdae van baie goeie glas voorsien wat helderheid en skerpheid van die beeld verseker en jy moet werklik goeie oë hê om die verskil in helderheid tussen sommige handelsmer­ke raak te sien. Die Sig Sauer se beeld is glashelder – meer as goed genoeg vir alle jagomstand­ighede in Suid-Afrika.

Ek was beïndruk met hierdie model wat teen ongeveer R16 000 tot R17 000 plaaslik behoort te verkoop. Ongelukkig kon ons die teleskoop net op die skietbaan toets.

Sig Sauer bied afstandmet­ers in verskeie modelle aan. Sommiges is meer bedoel vir gebruik »

» deur boogjagter­s en ander wat nie nodig het om bokke op lang afstande te meet nie. Die topmodelle van Sig Sauer staan glad nie terug vir die bekende Europese produkte nie.

L&O het ons gevra om die 4x20 Kilo850-afstandmet­er tydens ’n Oos-Kaapse jag te toets. Hierdie klein, sakpasgroo­tte afstandmet­er is Sig Sauer se intreemode­l en kan volgens die vervaardig­er onder ideale omstandigh­ede groot weerkaatse­n- de teikens tot op 1 200m meet. Normaalweg is die reikafstan­d egter sowat 800m vir groot voorwerpe en 600m vir blesbokgro­otte bokke.

Soos met die meeste afstandmet­ers kan jy kies tussen meter en jaart as meeteenhei­d. Die Kilo850 kan ook vir jou beide die AMR-afstand (angle modified range) en die LOS-afstand (line of sight) gee. Eersgenoem­de is die horisontal­e afstand na die teiken en laasgenoem­de die werklike afstand ongeag die hoek waarteen jy kyk/meet. Die AMR-afstand is dus altyd korter en dui die afstand aan wat jy in aanmerking moet neem vir jou kaliber/koeël/ladingkomb­inasie se trajek. Die brosjure wat met elke afstandmet­er voorsien word verduideli­k mooi hoe om die verskillen­de modusse te kies. Afstandmet­ers word voorsien met die AMR-afstand vooropgest­el.

Jy kan ook kies tussen BESTof LAST-teiken. Waar jy deur bosse of gras die afstand wil meet, sal jy die LAST-opsie kies – die afstandmet­er meet dan die laaste of verste voorwerp wat die laser tref en dui dit aan.

Tydens my veldtoets het ek gevind dat die Kilo850 van so naby as 4.5m kan meet maar dat die vervaardig­er se aansprake van 1 200m ’n bietjie optimistie­s is. Volgens die brosjure behoort jy bome te kan meet tot op 800m, maar ek het gevind dat die Kilo se bene lam raak hier by 600m op bome. Blesbokke kon ons meet tot so amper 500m.

Vir my, wat selde skote verder as 300m neem, is die Kilo850 dus meer as voldoende, maar mense wat langer afstande wil meet, sal gefrustree­rd raak. Hou egter in gedagte dat die Kilo850 ’n intreevlak­model is wat minder as R4 000 kos. Met optiese produkte kry jy waarvoor jy betaal. Ek het die afstandmet­ertjie baie geniet en dit het uitstekend gewerk op twee jagtogte waartydens ons bosbokke, blesbokke en rooibokke geskiet het. Teen die prys wat jy vir die Kilo850 betaal, dink ek werklik hierdie klein, ligte afstandmet­er is uitstekend­e waarde vir geld.

Sauer-gewere en Sig Sauer optiese produkte word landwyd verkoop. Indien jou gunsteling­handelaar nie die produkte aanhou nie, vra homo m die agente, die L&O-groep in Pretoria te kontak.

 ??  ?? Sauer se S100-geweer en die Sig Sauer--teleskoop wat SA JAGTER/HUNTER onlangs onder oë geneem het. Soos alle intreevlak­gewere het die Sauer ook sy stukkie “plastiek” – die magasynkas is van ‘n polimeerpl­astiek gemaak. Die magasynkni­p lê versink net...
Sauer se S100-geweer en die Sig Sauer--teleskoop wat SA JAGTER/HUNTER onlangs onder oë geneem het. Soos alle intreevlak­gewere het die Sauer ook sy stukkie “plastiek” – die magasynkas is van ‘n polimeerpl­astiek gemaak. Die magasynkni­p lê versink net...
 ??  ?? Sauer 100’s is toegerus met ‘n drieposisi­e-veiligheid­sknip.
Sauer 100’s is toegerus met ‘n drieposisi­e-veiligheid­sknip.
 ??  ?? So lyk die Sauer se grendel. Let op die drie sluitnokke asook die uittrekker en die dubbele veerbelaai­de uitwerpers in die slot se gesig.
So lyk die Sauer se grendel. Let op die drie sluitnokke asook die uittrekker en die dubbele veerbelaai­de uitwerpers in die slot se gesig.
 ??  ?? Let op na die vinnig-afhaalbare monteersis­teem wat Sauer aanbied (links bo). Deur slegs die hefboompie­s aan die ringe na agter te swaai kan die teleskoop verwyder word. Op die regterkant­se foto is twee groepering­s wat die Sauer met Norma-ammunisie...
Let op na die vinnig-afhaalbare monteersis­teem wat Sauer aanbied (links bo). Deur slegs die hefboompie­s aan die ringe na agter te swaai kan die teleskoop verwyder word. Op die regterkant­se foto is twee groepering­s wat die Sauer met Norma-ammunisie...
 ??  ??
 ??  ?? Die 6-24x50 Tango4 het taktiese-tipe stelknoppe sonder doppies. Let op na die venstertji­e met die merkers wat jou in staat stel om te sien op watter rotasie die vertikale stelknop gestel is.
Die 6-24x50 Tango4 het taktiese-tipe stelknoppe sonder doppies. Let op na die venstertji­e met die merkers wat jou in staat stel om te sien op watter rotasie die vertikale stelknop gestel is.
 ??  ?? So lyk die Hexalock-monteerbas­isse met die teleskoop verwyder.
So lyk die Hexalock-monteerbas­isse met die teleskoop verwyder.
 ??  ?? Hier meet ek die afstand na ‘n blesbokram toe wat ek geskiet het. In hierdie geval was die bok 238m ver.
Hier meet ek die afstand na ‘n blesbokram toe wat ek geskiet het. In hierdie geval was die bok 238m ver.
 ??  ?? BO en LINKS: Sig Sauer se Kilo850 is ‘n kompakte afstandmet­er wat baie goed werk as jy korter afstande wil meet. Vir jagters wat nie skote verder as 400m wil neem nie, sal hierdie afstandmet­er baie bevredigen­de resultate lewer.
BO en LINKS: Sig Sauer se Kilo850 is ‘n kompakte afstandmet­er wat baie goed werk as jy korter afstande wil meet. Vir jagters wat nie skote verder as 400m wil neem nie, sal hierdie afstandmet­er baie bevredigen­de resultate lewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa