SA Jagter Hunter

SA Jagters hou gholfdag

-

Op Vrydag 9 Junie 2017 het SA Jagters vir die eerste keer in die geskiedeni­s ’n gholfdag aangebied. Hierdie dag is gehou met die uitsluitli­ke doel om geld in te samel vir die vereniging se Regshulpfo­nds.

’n Totaal van 120 deelnemers het op ’n koue oggend om 11h30 op die gholfbaan van Wingate Park Country Club in Pretoria afgeslaan.

Die laaste houe is teen ongeveer 17h30 gespeel, waarna die spelers hulle effens kon verfris voordat hulle die ete, prysuitdel­ing en veiling bygewoon het. Die dag en aand het hoogs suksesvol afgeloop en in totaal is R212 000 met die gholfdag en veiling vir die Regshulpfo­nds ingesamel.

Ons het ’n groot verskeiden­heid pryse as geskenke ontvang en ook ’n groot reeks donasies van items wat opgeveil is. Die donasies vir die veiling het gewissel van ’n jaggeweer, ’n verskeiden­heid goeie wyne, ’n geslypte diamant tot ’n aantal jagpakkett­e.

Die donasies wat die grootste pryse op die veiling gelok het, was:

• ’n 9.3x62 Mauser-jaggeweer, gebou op ’n oorspronkl­ike Mauser-aksie deur John Brussel van Brussel Gunstockma­kers in Parow, opgeveil vir R25 000.

• ’n Geslypte diamant van 0.79 karaat wat opgeveil is vir R18 500. Dit is ge-

skenk deur Theo de Koker en geslyp deur Fred van Wyk, met die bemiddelin­g van SA Jagters se Diamanttak.

• Die besonderse bydraes van Sandrivier 58-; Swartland- en Overbergta­kke van SA Jagters wat ’n groot aantal donasies van besonderse wyne en ander items gewerf het om opgeveil te word – in sigself het dit ’n reusebydra­e tot die inkomste van die dag gelewer.

SA Jagters wil graag hul hart- like dank oordra aan elkeen van die spelers wat ingeskryf en aan die dag deelgeneem het, aan alle donateurs wat pryse geskenk het en ook aan diegene wat items geskenk het wat opgeveil is. Sonder julle ondersteun­ing sou dit nie vir ons moontlik gewees het om van hierdie dag ’n sukses te maak nie. Baie dankie.

Die uitdaging? Volgende jaar doen ons nog beter!

 ??  ?? Gholfspele­rs staan by een van die borge, King Price, se stalletjie naby een van die putjies by Wingate Park Country Club.
Gholfspele­rs staan by een van die borge, King Price, se stalletjie naby een van die putjies by Wingate Park Country Club.
 ??  ??
 ??  ?? Al die pryse wat opgeveil is tydens die gholfdag.
Al die pryse wat opgeveil is tydens die gholfdag.
 ??  ?? PSG was een van die borge by die gholfdag.
PSG was een van die borge by die gholfdag.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa