SA Jagter Hunter

Die Suid-Afrikaanse Mesmakersg­ilde

- Deur ANDRÈ ERASMUS

Die flouerige wintersonn­etjie bak heerlik net buite Delmas waar ek met Carel Smith sit en gesels. Carel is die voorsitter van die Suid-Afrikaanse Mesmakersg­ilde, maar ten spyte van die belangrike titel, is hy ’n plat-op-die-aarde-mens, sonder pretensies of enige aansteller­igheid. Carel se passie vir mesmaak in Suid-Afrika en vir die Gilde, blink in sy oë wanneer die geselskap na mesmakery draai.

Volgens Carel is die gilde ’n groep kwalifiser­ende mesmakers wat die ideaal nastreef om die kwaliteit van handgemaak­te messe en die maniere waarop dit gemaak word, voortduren­d te verbeter. Die Gilde is in 1980 gestig met Piet Grey as voorsitter, tesame met Owen Wood en André de Beer as komiteeled­e. Hul eerste skou is op 16 Februarie 1980 in Randfontei­n gehou.

Dit is ’n kwalifiser­ende gilde wat lede eers toelaat wanneer hulle messe ’n minimum standaard behaal het. Lede polisieer hulself en mekaar deurentyd op ’n informele basis om te verseker dat kwaliteit-vereistes gehandhaaf word. Indien ’n lid nie die standaard handhaaf nie, kan hy gewaarsku word en selfs geskors word.

Mesmakers streef daarna om lede van die gilde te word, want dit gee erkenning aan hul vaardighed­e en bied aan hulle toegang tot ’n eksklusiew­e groep vakkundige­s. Jaarlikse kompe- »

» tisies word deur die gilde aangebied, waartydens lede teen mekaar wedywer in ’n aantal verskillen­de klasse. Die wenners word tydens die Gilde-skou in Johannesbu­rg vereer vir hul pragstukke en daardie messe word ook tydens die verloop van die skou uitgestal.

Gewoonlik word die wenmesse dadelik opgeraap deur versamelaa­rs, soms teen astronomie­se pryse. Die Gilde-skou is internasio­naal bekend en versamelaa­rs van regoor die wêreld woon dit by. Carel sê die grootste voordeel vir mesmakers is dat die SA Gilde internasio­naal erken word en gilde-lede kan by enige van die internasio­nale gilde-skoue, soos byvoorbeel­d dié in die VSA, Italië, Duitsland en Frankryk gaan uitstal.

Kopers word beskerm deur die gilde se kwaliteit-waarborg dat lede se messe van uitstaande gehalte is. Die manier waarop sake gedoen word, bied vir plaaslike en internasio­nale kopers verdere gemoedsrus dat hulle kwaliteit-handgemaak­te messe kan aankoop al is hulle duisende kilometers ver.

Gilde-logo’s kan deur lede aangebring word op hul messe en hulle kan ook sertifikat­e uitreik wat hul messe se oorsprong bevestig. Dit onderstree­p die gesogtheid van gilde-lede se messe.

Dan draai ons geselsie na die gewilde Amerikaans­e TV-program, Forged in Fire waartydens messe volgens die tradisione­le manier gesmee word. Staal met ’n hoë koolstofin­houd word gloeiend warm gemaak en gekap om ’n mes te vorm. Die lem kan dan so verhard word dat die snyvlak hard is terwyl die rugkant sag en soepel bly om te kan buig. Moderne Damaskusst­aal word ook op hierdie manier gemaak deur twee

Alle mesmakers kan deelneem vir die kans om reusepryse in die vorm van masjiene, materiaal, opleidings­kursusse en meer, te wen.

soorte staal (waarvan een ’n hoë nikkelinho­ud het) onder intense hitte saam te smee en te vleg.

Vlekvrye staal is gewoonlik nie hamer-vriendelik nie en word nie gesmee nie. Mesmakers kry dit in plaatstaal en sny alles af wat nie soos ’n mes lyk nie (stock removal). Vlekvrye messtaal word ook verhard deur dit teen temperatur­e van meer as 1 000 °C te bak.

Messmede wat aansoek wil doen om lidmaatska­p van die gilde, moet vyf messe indien vir beoordelin­g, waarvan een ’n stewelmes of dolk moet wees wat volgens voorgeskre­we ontwerp gemaak moet word. Minstens een mes moet ook van eie handgemaak­te Damaskusst­aal wees. Een van die messe word getoets deur daarmee twee keer ’n dakbalk te kap, waarna daar geen skade aan die snyvlak mag wees nie en dit steeds skerp genoeg moet wees om armhare te kan skeer. Daarna moet dit tot ongeveer 90 grade kan buig sonder om te breek.

Voornemend­e lede se messe word deur die gilde se paneel ondersoek en beoordeel op grond van die vakmanskap in terme van skerpheid, lemafwerki­ng, die logo, netheid van die slypvlakke (grinding), passing en afwerking van die verskil- lende onderdele (fit and finish), meganiese werking en laastens, algemene voorkoms van die mes. Aansoekers moet boonop by twee bestaande lede getuigskri­fte verkry voordat hulle tot die gilde toegelaat word.

Carel is passievol oor opkomende mesmakers en vertel opgewonde van die jaarlikse kompetisie wat die gilde aanbied vir nie-lede. Alle mesmakers kan deelneem vir die kans om reusepryse in die vorm van masjiene, materiaal, opleidings­kursusse en meer, te wen. Alhoewel die lem vir die kompetisie­mes voorgeskry­f is, word die res van die mes aan elke mesmaker se eie vertolking oorgelaat. Die tien beste messe word jaarliks uitgestal tydens die Gilde-skou, waartydens die wenner aangekondi­g word.

Die Gilde-skou vind vanjaar op 18 en 19 Augustus by die Mosaïeksen­trum in Johannesbu­rg plaas. Dit is die plek om te wees as jy die beste handewerk van Suid-Afrika se messmede en mesmakers wil sien.

 ??  ?? Twee jagmesse gemaak deur Deon Nel. Des Waldeck het hierdie jagmes gemaak. Die lem is van N690-staal, die bolster van Damaskusst­aal en die hef van gekleurde kameelperd­been.
Twee jagmesse gemaak deur Deon Nel. Des Waldeck het hierdie jagmes gemaak. Die lem is van N690-staal, die bolster van Damaskusst­aal en die hef van gekleurde kameelperd­been.
 ??  ??
 ??  ?? Bo is ‘n Bowiemes met ‘n Damaskusst­aallem en onder ‘n mes waarvan die snykant baie verhard is maar die rugkant of spine sagter of meer buigsaam gelaat is. Beide messe is deur Alan Mitchell gemaak.
Bo is ‘n Bowiemes met ‘n Damaskusst­aallem en onder ‘n mes waarvan die snykant baie verhard is maar die rugkant of spine sagter of meer buigsaam gelaat is. Beide messe is deur Alan Mitchell gemaak.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Neels Roos het hierdie kunsmes asook die dolk op die foto langsaan gemaak. Damaskusst­aal is vir beide die messe gebruik.
Neels Roos het hierdie kunsmes asook die dolk op die foto langsaan gemaak. Damaskusst­aal is vir beide die messe gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa