SA Jagter Hunter

In die kol ’n Biltongker­wer vir fynproewer­s

-

SA JAGTER/HUNTER het onlangs die geleenthei­d gehad om een van Tom Wostenholm se bobaas-biltongker­wers te gebruik en te beoordeel.

Soos lesers op die foto kan sien, bestaan dié biltongker­wers uit ’n groterige gemonteerd­e lem en ’n voetstuk of basis van hout. Tom, wat al ses jaar lank biltongker­wers maak, doen al die werk self met die hand. Hy maak nie net al die onderdele nie, maar ook die verskillen­de voetstukke vir sy biltongker­wers. Die lemgrootte en staal van al die ontwerpe is dieselfde, dis net die voetstukke wat verskil. Hoewel hy hoofsaakli­k oondgedroo­gde swarthout gebruik (dit trek nie krom nie) werk hy wel soms met ander soorte hout. Olienhout kan nogal mooi basisse oplewer as jy die regte stuk hout in die hande kry.

Daar is baie biltongker­wers in die mark, maar sommige van hulle rook nie die pyp as dit kom by werkverrig­ting nie. Tom Wostenholm se biltongker­wers is gewaarborg om jare lank hard te werk. Hy het al oor die 3 000 biltongker­wers verkoop en tot dusver is slegs een kerwer teruggestu­ur vir onderhoud.

Die lemme word van vlekvrye staalalloo­i gemaak wat

4.5mm dik is. Tom slyp ook self die hoek van die lemme en pas so ’n paar “geheime” toe wat maak dat die kerflem deur biltong glip soos ’n warm mes deur botter. Volgens Tom kan een lem maklik ’n halfton biltong kerf. Die lem se kurwe is van so ’n aard dat nat biltong baie dun gesny kan word. Hierdie ker- wers het egter vele gebruike en is nie net tot biltongker­f beperk nie. Dit kan in die kombuis gebruik word om tjop-tjop groente op te kerf, leer te sny, asook papier en karton en ook cable ties.

Tom maak verskillen­de basisvorms, van ’n basiese een tot vorms met integrale of los bakkies vir die biltong.

Dan ets hy ook dieremotie­we op die lem, deur middel van ’n chemiese proses, alles volgens die kliënt se behoeftes. Enige naam, handelsmer­k of kenteken kan op die lem aangebring word. Pryse wissel van R750 tot so R3 500. Let wel dat, ongeag die prys van die kerwer, die lemme van dieselfde gehalte en grootte is.

Ons het Tom se biltongker­wer op die proef gestel en kan in alle eerlikheid sê dat dit van hoogstaand­e gehalte is. Dit kerf harde, sagte en nat biltong ewe goed. Ons het ook Tom se aansprake dat die kerwer ander materiale en groente kan kerf getoets en gevind dat dit nie sommer bekpraatji­es is nie. Hierdie biltongker­wer kán beslis meerdoelig aangewend word en die gehalte is sodanig dat ons glo dit jare se swaardiens­werk sonder probleme sal lewer.

Tom glo dat daar wel mense is wat dalk net sulke goeie kerwers kan maak soos hy, maar hy is oortuig niemand kan ’n beter biltongker­wer maak nie. Ons is nogal geneig om Tom te glo! Die lemme van die biltongker­wers word lewenslank gewaarborg.

Tom het aan ons genoem dat hy normaalweg ’n paar kerwers in voorraad het. Na bestelling neem dit ongeveer ’n week voor versending plaasvind. Vanaf Septemberm­aand elke jaar begin die bestelling­s egter instroom vir die Kersseisoe­n en dan kan dit langer neem om bestelling­s af te handel. Indien jy dus in so ’n biltongker­wer belangstel, plaas maar daardie bestelling vroegtydig.

Nadat ons hierdie biltongker­wer vir ’n maand lank vir biltongker­f en ander werkies gebruik het, kan ons dit met groot vrymoedigh­eid aanbeveel. Dit is voorwaar ’n produk geskik vir die fynproewer. * Bestel by timberstom@gmail. com of skakel 082-960-2843. Tom sal met graagte ’n pryslys met foto’s aanstuur.

 ??  ??
 ??  ?? So lyk die basiese biltongker­wer wat Tom Wostenholm maak. Die verkooppry­s is R750.
So lyk die basiese biltongker­wer wat Tom Wostenholm maak. Die verkooppry­s is R750.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa