SA Jagter Hunter

’n Beter greep

-

As jy ’n geweer vinnig wil oorhaal, is dit noodsaakli­k dat jy nie moet rondtas na die grendelhef­boom of grendel- knop nie. Alhoewel die grendelkno­ppe van die meeste gewere groot genoeg is om maklik te hanteer, is hulle tog na sommiges se mening net daardie klein bietjie té klein. Dis eenvoudig ’n feit dat groter grendelkno­ppe makliker en vinniger hanteer. Dit lyk natuurlik glad nie so mooi soos die elegantes wat veral by spoggewere in die klassieke styl aangetref word nie en dis een rede waarom sommige mense hulle vermy.

Die oplossing is ’n vinnig-verwyderba­re grendelkno­p wat jou toelaat om met jou geweer te spog wanneer jy wil. In Europa is grendelkno­ppe van rubber gewild en Derek Ingenbleek van Pretoria het ’n groot klomp daarvan ingevoer. Hierdie swart grendelkno­ppe word bloot oor die bestaande grendelkno­p geglip (’n bietjie olie op die geweer se grendelkno­p maak dit maklik) en kan weer ewe maklik afgehaal word. Ons redakteur, Koos Barnard, het sulke grendelkno­ppe op die meeste van sy gewere en beveel dit met groot vrymoedigh­eid aan. As jy eers een maal so ’n grendelkno­p gebruik het, sal jy die praktiese waarde daarvan insien. * Om van hierdie handige rubbergren­delknoppe te bestel, wat R100 stuk kos (posgeld uitgesluit), kontak vir Derek Ingenbleek van Pretoria by 082653-8283.

 ??  ?? Hefboomkno­ppe van rubber is prakties en kan gou verwyder word as jy met jou geweer wil spog.
Hefboomkno­ppe van rubber is prakties en kan gou verwyder word as jy met jou geweer wil spog.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa