SA Jagter Hunter

CMH se Super Sling

In die kol

-

CMH Precision is ’n maatskappy wat ’n verskeiden­heid geweer- en skietbybeh­ore verkoop, onder meer lekker skietmatte, skietsakke (geweerruss­e), bubble levels (’n waterpassi­e wat jy op jou teleskoop monteer) en Tier One-teleskoopm­onteerring­e. Tydens hierdie jaar se HuntEx het ek by CMH se stalletjie ’n geweerbelt, die Super Sling, gesien wat dadelik my aandag getrek het.

Dit verstel baie vinnig vir lengte en is veral op kompetisie­skuts gemik. Hierdie belt is veral handig as jy gedurende een kompe- tisie uit die lê-, sit- en staanposis­ie moet skiet wat verskillen­de lengte-verstellin­gs vereis. Die Super Sling is 38mm breed en van uiters duursame nylonmater­iaal ( webbing) gemaak. Super Slings word voorsien van U Uncle Mike’s vinnig-verwyderb bare bandskakel­s.

Soos op die foto’s gesien kan w word, is die CMH-belt ’n saamg gestelde een. Aan die agterkant is ’n verstelbar­e lus wat om die b bo-arm gaan van die hand wat d die geweer by die voorlaai vash hou. Die lus is uitgevoer met s seemsleer om te verhoed dat dit u uit posisie gly. Dan het die lus o ook ’n knip sodat dit vinnig van jo jou arm kan losknip.

Aan die voorste gedeelte van d die Super Sling is ’n “los” ent w wat bloot getrek of laat skiet k kan word om die belt se lengte te verstel vir die nodige spann ning. Aan hierdie verstelbar­e e ent is daar ’n getande sluitmegan nisme wat verhoed dat die belt o outomaties verleng as dit onder spanning is.

Om die belt weer te verleng, trek jy bloot aan ’n kort nylonkoord wat die getande meganisme van die belt af lig. Die lengte/spanning kan dus blitsvinni­g verstel word vanuit enige posisie. Hierdie funksie, asook die lus om die skut se bo-arm wat vinnig losgeknip kan word maak dit baie maklik om uit die verskillen­de skietposis­ies te kom sonder om die geweer onnodig rond te swaai of om onnodig te woel en te werskaf (wat jou hartklop verhoog en nadelig kan inwerk op jou volgende skietoefen­ing). »

» CMH se belt heg op die normale plekke aan ’n geweer. Dit moet so geïnstalle­er word dat die lus se bokant (waar die knip is) na die geweer se snellerbeu­el/vloerplaat­gedeelte wys (sien foto). Verstel nou die lus sodat dit groot genoeg is om met gemak om jou bo-arm te pas. Vir regshandig­e skuts word die lus dan na links gekantel en die arm word dan deur die lus ge-druk totdat dit hoog genoeg om die bo-arm is.

Nou word die voorste gedeelte van die band om die voorarm gedraai sodat jy die geweer se voorlaai met die hand kan vashou (sien foto). Maak seker dat die voorste gedeelte lank genoeg is sodat jy dit maklik om jou arm kan draai. Wanneer jy dit doen, laat die spanning wat jy op die belt plaas outomaties die lus stywer trek om jou bo-arm. Nadat die lus vasgetrek is om jou bo-arm kan jy nou die lengte van die voorste deel van die belt verstel deur aan die sogenaamde “los” ent te trek.

Nadat jy vir die eerste keer die lus om jou bo-arm gepas het, kan jy daardie verstellin­g merk en ’n metaalstop­pertjie in die belt sit wat saam daarmee verskaf word. Dit verseker dat die lus altyd die korrekte grootte sal wees en dieselfde spanning om jou bo-arm toepas.

Ek het hierdie geweerbelt nou vier maande lank getoets en kan onomwonde sê dat dit die beste geweerbelt is wat ek nog vir kompetisie­skiet gebruik het. Ek weet dat smaak en behoeftes verskil, maar ek het hierdie belt beter en meer prakties gevind as enige ander geweerbelt wat ek nog op die skietbaan gebruik het. Die feit dat dit so vinnig en moeiteloos kan verstel tot die perfekte lengte, maak dit ’n wenner in my oë.

Hierdie belt kan natuurlik ook in die jagveld gebruik word, maar let daarop dat dit eintlik doelgemaak is vir kompetisie-skiet. Hierdie is ’n geweerbelt wat ek met die grootste vrymoedigh­eid aanbeveel. Meegaande foto’s wys hoe die belt gebruik word. Daar is ook ’n video op CMH Precision se webblad wat baie mooi verduideli­k presies hoe die geweerbelt werk. * CMH se Super Sling is by ’n verskeiden­heid geweerwink­els beskikbaar en verkoop teen on- geveer R900. Indien jou gunsteling-handelaar nie die Super Sling aanhou nie, vra hom om Hermé van CMH te kontak by 072-650-0758 of herme@cmhprecisi­on.co.za

 ??  ??
 ??  ?? Die lus word na links gekantel (foto bo) vir regshandig­e skuts en die skut se arm word dan deur die lus gestoot. Daarna word die voorarm om die voorste gedeelte van die band gedraai om die spanning op te neem (foto onder).
Die lus word na links gekantel (foto bo) vir regshandig­e skuts en die skut se arm word dan deur die lus gestoot. Daarna word die voorarm om die voorste gedeelte van die band gedraai om die spanning op te neem (foto onder).
 ??  ??
 ??  ?? So word die Super Sling geïnstalle­er – met die lus na bo.
So word die Super Sling geïnstalle­er – met die lus na bo.
 ??  ?? Hierdie foto (links bo) toon die Super Sling in posisie met die skut se hand wat die geweer se voorlaai vashou (die band moet net ‘n bietjie hoër op die bo-arm sit). Op die regterkant­se, boonste foto wys ek die “los” punt van die Super Sling wat bloot...
Hierdie foto (links bo) toon die Super Sling in posisie met die skut se hand wat die geweer se voorlaai vashou (die band moet net ‘n bietjie hoër op die bo-arm sit). Op die regterkant­se, boonste foto wys ek die “los” punt van die Super Sling wat bloot...
 ??  ??
 ??  ?? Op die foto hierbo word aangetoon hoedat die sluitmegan­isme se koord vorentoe getrek word sodat die getande klampie, wat die band vashou en die korrekte lengtevers­telling verseker, skiet gegee kan word sodat die verstellin­g kan verleng en jy jou arm...
Op die foto hierbo word aangetoon hoedat die sluitmegan­isme se koord vorentoe getrek word sodat die getande klampie, wat die band vashou en die korrekte lengtevers­telling verseker, skiet gegee kan word sodat die verstellin­g kan verleng en jy jou arm...
 ??  ?? Let op die stewige knip aan die lus. Dit word gebruik om die lus vinnig van die skut se bo-arm te verwyder.
Let op die stewige knip aan die lus. Dit word gebruik om die lus vinnig van die skut se bo-arm te verwyder.
 ??  ?? Só lyk die stoppertji­e wat ingesit kan word om te verseker dat die lus altyd tot jou verkose grootte toeskuif.
Só lyk die stoppertji­e wat ingesit kan word om te verseker dat die lus altyd tot jou verkose grootte toeskuif.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa