SA Jagter Hunter

Bospos – Sê jou sê

E-pos na marisa.beeton@media24.com

- MARCEL BROWN

TEEL OM TE LAAT JAG

Baie dankie vir julle tydskrif waarna ek maandeliks uitsien. Ek rig die skrywe in my persoonlik­e hoedanighe­id as ’n wildboer wat meer konsentree­r op teling as op jag.

Dis vir my ’n groot satisfaksi­e om te sien dat telers en jagters nader aan mekaar beweeg en elke party die belang van die ander erken. Dit sou my niks help om wild te teel as die diere nie gejag word nie. So sou dit vir ’n jagter geen voordeel inhou as hy ’n jaggeweer het, maar niks het om te jag nie.

Die lewe maak snaakse draaie en baie keer moet partye eers van mekaar af wegbeweeg om die belang van die ander te kan insien en te kan ervaar. Ek glo dat die toekoms van beide die teel en jag van wild vir alle partye rooskleuri­g is.

My grootste doelwit is om beter diere te teel in die hoop dat die aanvraag na wild sal verhoog omdat jagtergeta­lle steeds bly toeneem. As ’n teler is ek deeglik bewus van prysfluktu­asies en glo ek dat ons mekaar sal vind. My droom is dat elke individu wat graag jaarliks wil jag, wel ’n jag sal kan bespreek wat binne sy begroting pas. Die wildbedryf benodig elke aktiewe jag- ter wat sy seun of sy hele familie saambring jagplaas toe.

Wat is ’n huis sonder biltong en ’n wegbreek sonder ’n kampvuur om om te kuier? Lank lewe die jag/teel van wild in SA! SOLLIE POTGIETER * Sollie wen die R500-geskenkbew­ys van Safari Outdoor.

HIGH BIRDS

I enjoyed the article by Charles Duff (July 2017) regarding the wing shooting of high birds with a shotgun. I completely agree that shooting at targets that are too far away is unethical and indefensib­le.

There is a technical inaccuracy in the article regarding the loss of velocity by different sized pellets though. I quote, “the sad fact is that these sizes (#1 & #2) of shot will lose velocity faster than No. 4s, and thus striking (or kinetic) energy likewise”.

This is not true. The only factor that determines how rapidly any projectile loses velocity is the so-called ballistic coefficien­t (BC) of the projectile. BC in turn is determined by the sectional density (SD) of the projectile and a dimensionl­ess number called the form factor. This form factor is an indication of the “slipperine­ss” of the shape, a spherical ball has a poor form factor and a streamline­d projectile has a better form factor. The SD is an indication of the mass per frontal area of a projectile. For a cylinder this equates to the length of the projectile, and for a spherical ball it equates to the diameter of the projectile. (A spherical ball has a mass that increases with the cube of the diameter, while the frontal area increases only with the square of the diameter, so mass/area would be proportion­al to diameter.)

With the form factor for spherical balls similar, regardless of diameter, it follows that the BC of a spherical ball would also be proportion­al to the diameter. This then dictates that larger pellets will have better BCs, and therefore, if started at the same velocity, will retain velocity better, and will have better velocity and higher striking energy per unit weight at any downrange position. ANDREW TONKIN

TOEKA SE LANG SKOTE

Ek lees gereeld die menings van die sogenaamde kenners oor die afstande waarop daar met watter geweer en uit watter posisie, op watter wild geskiet mag word. Hul menings is volgens hulle die alfa en omega van jag en enige afwyking daarvan is taboe. Enigiets anders as hul voorskrift­e is volgens hulle nie etiese jag nie.

Ek het 50 jaar gelede onder ander omstandigh­ede begin jag. As ’n jongman het ek in l971 vir my ’n nuwe Brno .308 by Safari Guns in Windhoek vir R116 gekoop, geld vir ’n teleskoop het ek nie gehad nie en bykans geen jagter het destyds met ’n teleskoop gejag nie. Die plase rondom Windhoek en in die noorde was bykans almal oop beesplase en dié wat wildwerend­e heinings gehad het, kon jy op een hand tel.

Buite Windhoek was ’n melkboer wat baie arbeiders in diens gehad het aan wie hy rantsoene moes voorsien en daarom het ek gereeld koedoes vir hom geskiet. Dit is bergagtige terrein en jy moes bokke uit die vuis in die hardloop platskiet. In die omgewing van Gobabis, Otjiwarong­o, Outjo en Otavi is dit weer bosveld en kon jy daar nader aan die koedoes kom, maar steeds moes jy uit die vuis, en in die meeste gevalle, in die hardloop skiet. Ek het later ’n Weaver K4-teleskoop gekoop en daarmee net so gemaklik bokke in die hardloop geskiet. Daar is soms bokke gekwes, maar dan skiet jy hom met die volgende skoot plat of jy volg sy spoor en skiet hom dan dood.

Johan Viljoen se mening (Junie 2017-uitgawe) dat jy nie ’n bok op 500m met ’n .308-geweer kan skiet nie, berus op sy onvermoë om te kan skiet óf sy swak kennis van die .308-kaliber. Teen die tyd dat ek my ou trots aan my seun Hans Fourie geskenk het, het ek meer as 150 koedoes met hom geskiet.

Moet ons ou jagters wat noodgedwon­ge bokke op lang afstande in die hardloop moes skiet, vandag skuldig voel oor ons jagmetodes en gelate aanvaar wat vandag se sogenaamde kenners voorskryf? Nee wat. WIETSCHE FOURIE

BOKSIES VOL HERINNERIN­GE

Dankie vir die goeie diens en die kwaliteit van die patroonbok­sies wat ek van Lizelle en Rudi Louw ontvang het. Ek het dit van die Louws bestel nadat ek die verslag oor die bêreboksie­s in die Mei-uitgawe gelees het.

Ek is genooi om in April ’n jaggeleent­heid te Vorsterhoo­p mee te maak saam met my twee hegte vriende. Hierdie vriendskap het selfs gedurende lang tye van afwesighei­d deur dekades gegroei (met ’n oproep of inloer wanneer die geleenthei­d hom voorgedoen het).

Na afloop van die jagtog het ek en Jaco Botes besluit dat een van hierdie bêreboksie­s die beste manier sou wees om dankie te sê aan Douw Steyl (oupa Douw) vir die wonderlike jaggeleent­heid. Ek het sommer vir oom Jaco (en myself) boksies laat maak, aangesien hy die een was wat my genooi het om hom te vergesel.

Lizelle was gereeld in kontak met my oor die spesifikas­ies en besonderhe­de vir die boksies (selfs tydens hul besige naweek by HuntEx). En minder as ’n week na ons jag, het ek ’n boodskap gekry dat Oupa Douw se geskenk afgelewer is en dat hy in ekstase is daaroor. Terselfder­tyd was ek op pad om oom Jaco se boksie te gaan aflewer – sy blydskap en reaksie was oorweldige­nd.

Uit Lizelle se reaksie was dit vir my duidelik dat dit vir hulle oor meer gaan as bloot die produk wat hulle voorsien. Weereens dankie! Julle boksies het ereplekke in ten minste drie huise verwerf – hopelik nog jare se herinnerin­ge van vriendskap­pe, oud en nuut.

Dankie ook aan SA JAGTER/ HUNTER vir die platform wat julle skep om produkte soos hierdie aan ons bekend te stel.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa