SA Jagter Hunter

DRA JOU GEWEER GEMAKLIK

-

Jagters wat gereeld te voet jag, sal weet dat ’n gemaklike draband of geweerbelt die jagervarin­g baie lekkerder maak. Daar is niks so frustreren­d as om die hele tyd met jou geweer te moet stoei terwyl jy stap nie. Dis veral effense swaar gewere wat ’n lekker breë maar gemaklike belt vereis.

Swannie Swanepoel van Bethlehem in die Vrystaat maak sulke belde van egte leer. Dis ’n sagte belt wat bestaan uit ’n hele aantal “skakels”. Ons het dit in die jagveld getoets en gevind dat dit jou in staat stel om die geweer baie gemaklik te dra. Die belde word voorsien in vasgesteld­e lengtes en kan nie verstel nie, tensy jy van die skakels uithaal. Dis nie ’n groot probleem nie, want die meeste stapjagter­s gebruik geweerbeld­e slegs om die geweer te dra.

Hierdie geweerbeld­e verkoop teen slegs R350 (posgeld uitgesluit) wat ’n ware winskoop is. * Vir meer besonderhe­de of om te bestel kontak vir Swannie by 084-583-9781.

 ??  ?? Swannie Swanepoel se geweerband­e van egte leer laat jou ‘n geweer baie gemaklik dra.
Swannie Swanepoel se geweerband­e van egte leer laat jou ‘n geweer baie gemaklik dra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa