SA Jagter Hunter

SA JAGTERS SE HOFSAAK TEEN DIE POLISIE

-

SoosS almal seker reeds weet, heth regter Ronel Tolmay van die GautengseG Hooggeregs­hof ten gunsteg van SA Jagters uitspraak gelewerg in die hofsaak oor die hernuwingh van vuurwapenl­isensies.s Soos te verwagte het die polisiep teen die uitspraak geappellee­rp en hulle direk na die Grondwetho­fG gewend. Die polisies se appèl skort dus nou die Hooggeregs­hof se uitspraak op tot die hele kwessie afgehandel is en die Grondwetho­f uitspraak gelewer het.

Ongelukkig het sommige mense direk na die uitspraak sekere misleidend­e en verkeerde advies aan vuurwapene­ienaars opgedis. Dit moet geïgnoreer word. Die enigste praktiese implikasie van die uitspraak is dat mense wat nie hul vuurwapenl­isensies betyds hernu het nie, nie nou vervolg sal word nie (die polisie het daardie ondernemin­g gegee).

Dit is uiters belangrik om daarop te let dat regter Tolmay se uitspraak nie die wet veran- der het nie. Die vuurwapenw­et soos ons dit in die verlede geken het, bly steeds van krag. Vuurwapens wat by die polisie ingehandig is kan nie teruggevra word nie en vuurwapene­ienaars moet nog steeds betyds (ten minste 90 dae voor die vervaldatu­m van hul lisensies) aansoek doen om hernuwing van die lisensies. Die polisie het onderneem om nie die vuurwapens wat ingehandig is, te vernietig nie.

Vuurwapene­ienaars moet nou baie verantwoor­delik optree en by die wet hou, anders kan dit ons saak benadeel.

Kom die wet na soos vereis word en doen betyds aansoek om die hernuwing van jou lisensies. Indien jy reeds van jou vuurwapens ingehandig het, bêre die bewys daarvan veilig en indien jy in besit is van vuurwapens waarvan die lisensies verval het, moenie dit gebruik nie. Hou dit in jou kluis toegesluit totdat ons finaal uitsluitse­l het oor wat die owerhede besluit.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa