SA Jagter Hunter

Hercules se wêreldreko­rd

-

Hercules Louw se wêreldreko­rd is behaal in die 25m Precision Rifle vir senterslag­gewere. In dié oefening word ’n totaal van 30 skote geskiet in drie sarsies van 10 skote elk (dus drie teikens met 10 skote per teiken). Vyf minute word vir elke sarsie van 10 skote toegelaat.

’n Voltal is 300 punte en die maksimum moontlike telling is 300 punte met 30 v-kolle. Hercules het 300 uit 300 geskiet met 23 v-kolle. Die vorige rekord was ook ’n voltal met 20 vkolle. Dis gehou deur nog ’n Proteaspan­lid, Flippie van Tonder.

Hercules gebruik ’n Marlin 1894-hefboomaks­iegeweer in .44 Magnum-kaliber wat toegerus is met ’n Lynx 2.5-15x50 LX2-teleskoop. Sy lading is 8.6gr MP200 agter ’n 200gr Frontier CMJkoeël wat 1 160vps by die tromp gee. Die doppe is van PMP en die slagdoppie­s van Winchester.

 ??  ?? Hercules Louw met sy Marlin .44 Magnum. Op die onderste foto is twee van die teikens van sy wêreldreko­rdtelling.
Hercules Louw met sy Marlin .44 Magnum. Op die onderste foto is twee van die teikens van sy wêreldreko­rdtelling.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa