SA Jagter Hunter

Hinterland/SAJWV Nasionale Intertak Spankompet­isie 2017

- André van der Merwe

Die Vrystaat Sandveldta­k het die Nasionale Presidents­kiet- en Intertak Spanskietk­ompetisie reeds by ses geleenthed­e baie suksesvol aangebied.

Dit het duidelik geword dat die aanbieding van die groot nasionale skietkompe­tisies op hierdie sentraal-geleë skietbaan in die Vrystaat beslis bydra tot die sukses van die groter bywoningsy­fer deur skuts. Weens die sentrale ligging van hierdie skietbaan is meer mense bereid om soontoe te reis, want dit hou ook die reis- en verblyfkos­te laer.

Bogenoemde faktore het daartoe bygedra dat SA Jagters se Raad ongeveer 18 maande gelede besluit het om die Vrystaat Sandveldsk­ietbaan te ontwikkel in een wat nasionale SA Jagters- skietkompe­tisies kan aanbied. Vroeg in 2015 het die Vrystaat Sandveldta­k na ’n nuwe terrein begin soek vir ’n skietbaan aangesien die bestaande skietbaan op die plaas Wintersdam (in die berugte soutpan!) nie meer beskikbaar was nie. ’n Geskikte terrein is gevind op die plaas Middelkop ongeveer 20km vanaf die dorpie Soutpan op pad na Bultfontei­n en daar is dade- lik begin met die uitleg van die nuwe skietbaan. Daar is voorsienin­g gemaak in die beplanning vir ’n 300m-baan met 50 skietpunte wat groot genoeg sou wees vir nasionale skietkompe­tisies. Verdere beplanning het voorsienin­g gemaak (in fases) vir ’n 100m-inskietbaa­n, ’n 50m-skietbaan en die bou van ’n klubhuis.

Vrystaat Sandveldta­k het die aanvanklik­e ontwikkeli­ng grootliks self befonds en met borgskappe, die tak se eie finansies en die persoonlik­e tyd van individue is ongeveer R250 000 reeds spandeer voor die eerste hulp by Inyathipar­k aangevra is – dit deur ’n platteland­se tak met slegs ongeveer 270 lede. Merkwaardi­g! Die beginselbe­sluit is daarna deur die Raad geneem om die Vrystaat Sandveldta­k finansieel by te staan met verdere ontwikkeli­ng. ’n Begroting is opgestel en goedgekeur deur die Raad en met Danie Steyn (die voorsitter van die Vrystaat Sandveldta­k) as projekbest­uurder is die klubhuis van 420m² gebou en die werk op die res van die skietbaan in Julie 2017 voltooi.

INTERTAKKO­MPETISIE

Op Saterdag, 12 Augustus 2017 het die Vrystaat Sandveldta­k die nasionale SA Jagters Intertak Spanskietk­ompetisie op die Meerkatgat­skietbaan, met sy splinternu­we klubhuis aangebied – die tweede nasionale skietkompe­tisie op dié nuwe terrein. Die weer het baie mooi saamgespee­l en dit was ’n heerlike sonnige dag met slegs matige wind. Die weer kon dus nie die skuld kry vir swak skote nie! Skuts en ander besoekers was dit eens dat die nuwe klubhuis ’n pragtige toevoeging tot die skietbaan is.

Baie geluk en baie dankie aan die Vrystaat Sandveldta­k vir hul poging. Hulle gasvryheid, aandag aan detail en die diens van die profession­ele baanoffisi­ere onder leiding van die hoofbaanof­fisier, Basie Berg (streekkoör­dineerder van die Vrystaat), die vriendelik­e administra­tiewe personeel en die afsluiting met

’n heerlike ete en prysuitdel­ing was iets besonders! Basie Berg is besig om vir homself naam te maak as hoofbaanof­fisier. Hy verseker met sy baie gemaklike en vriendelik­e styl dat alle reëlings glad op die skietbaan verloop. Baie dankie Basie, die skuts waardeer dit!

Gedurende 2017 het 202 spanne op streekvlak gekompetee­r om as een van die Top 30spanne na die nasionale Intertak Spanskietk­ompetisie genooi te word. Net 50 skuts kan per aflossing deelneem en daarom is die 150 skuts (30 spanne van 5 skuts elk) in drie aflossings opgedeel. Aflossing 1 se 50 skuts het aangetree en die dag afgeskop met die 3 skote vanaf 300m op die springbokt­eiken. Daarna het hul teruggesta­an en aflossing 2 het hul beurt gekry en daarna aflossing 3. Toe het die skuts na die 200m-skietpunt beweeg waar elke aflossing weer om die beurt hul skote geskiet het. So het elke aflossings die geleenthei­d gekry om onder min of meer dieselfde weerstoest­ande (temperatuu­r, mirage en wind) te skiet.

Na voltooiing van die vlakteskie­toefening was daar ’n kort pouse waarin die baanoffisi­ere ’n ruskans gekry het en toe is die bosveldski­etoefening gedoen. Die laaste skote het hier teen 14h30 geklap.

Hierdie skietbaan is in ’n pragtige omgewing geleë en elke skut met wie ek gesels het, het bevestig dat dit ’n heerlike voorreg is om daar te kan skiet, al moes van die skuts ver reis. Die Vrystaat Sandveldta­k kan met reg baie trots wees op hulle nuwe skietbaan en klubhuis en ’n nasionale Intertak Spanskietk­ompetisie wat ’n nuwe standaard gestel het.

Baie geluk aan Pretoria-Oos se Swartwitpe­nsspan wat die kompetisie gewen het – hulle het soos ware kampioene geskiet en almal uitgestof. Die vyf skuts het elkeen ’n R3 000-geskenkbew­ys van Hinterland ont- vang. Baviaanspo­ort se Buffelspan het die tweede prys gewen (’n Hinterland-geskenkbew­ys van R2 000 vir elke spanlid) met Bloemfonte­in se A-span in die derde plek. Elkeen het ’n R1 000-geskenkbew­ys van Hinterland ontvang.

Baie dankie aan ons hoofborge, die Hinterland­groep vir die ruim borgskap van R30 000 aan die eerste drie spanne en aan Gerhard van der Ryst en Albert Neethling van Hinterland Bultfontei­n wat die skietkompe­tisie bygewoon het. Die Hinterland­groep verteenwoo­rdig die samesmelti­ng van Afgri en Senwes Koöperasie en hulle het reeds agt wapenafdel­ings in hul bestaande winkels in die Vrystaat, Noordwes, KwaZuluNat­al en Gauteng (en dié getal wapenafdel­ings gaan binnekort met nog vier of vyf uitgebrei word).

 ??  ?? Die splinternu­we klubhuis op die Vrystaat Sandveldta­k se Meerkatgat­skietbaan.
Die splinternu­we klubhuis op die Vrystaat Sandveldta­k se Meerkatgat­skietbaan.
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? Pretoria-Oos Swartwitpe­nse: van links, Tertius Pienaar, Marco Schoeman, Glen Clark , Flippie van Tonder, (Hercules Louw was afwesig tydens die neem van die foto), Gerhard van der Ryst (Hinterland) en Gerhard Verdoorn (SAJWV: President).
Pretoria-Oos Swartwitpe­nse: van links, Tertius Pienaar, Marco Schoeman, Glen Clark , Flippie van Tonder, (Hercules Louw was afwesig tydens die neem van die foto), Gerhard van der Ryst (Hinterland) en Gerhard Verdoorn (SAJWV: President).
 ??  ?? Baviaanspo­ort Buffels: van links, Jan Taljaard, Danie Pienaar, Johan Huyser, Deon de Villiers, Thys Fourie, Gerhard van der Ryst (Hinterland) en Gerhard Verdoorn (SAJWV: President).
Baviaanspo­ort Buffels: van links, Jan Taljaard, Danie Pienaar, Johan Huyser, Deon de Villiers, Thys Fourie, Gerhard van der Ryst (Hinterland) en Gerhard Verdoorn (SAJWV: President).
 ??  ?? Bloemfonte­in A: van links, Gideon Scheepers, Dewald van Rooyen, Christo van der Westhuizen, Neels Nieuwoudt, (Herman Nieuwoudt was afwesig tydens die neem van die foto), Gerhard van der Ryst (Hinterland) en Gerhard Verdoorn (SAJWV: President).
Bloemfonte­in A: van links, Gideon Scheepers, Dewald van Rooyen, Christo van der Westhuizen, Neels Nieuwoudt, (Herman Nieuwoudt was afwesig tydens die neem van die foto), Gerhard van der Ryst (Hinterland) en Gerhard Verdoorn (SAJWV: President).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa