SA Jagter Hunter

Hoe om QuickLOAD te gebruik Deel I I

- Cassie Nienaber

In hierdie artikel gaan ons voort met die neem van metings vir QuickLOAD.

1. DOPVOLUME

Water se volume en gewig is direk verwant, 1 liter water weeg 1kg. As ons dus weeg hoeveel grein water ’n dop neem, bepaal ons daarmee daardie dop se beskikbare volume.

Die maksimum beskikbare dopvolume word vir ’n gevuurde dop gemeet, met die slagdop steeds in plek. Omdat die gevuurde dop die naaste aan die werklike kamergroot­te is, word dopvolume gemeet voor enige hervorming of ander werk aan die dop gedoen is.

Dit is net baie makliker om te weeg met ’n elektronie­se skaal as met ’n balkie-skaal. Foto 1 toon die toerusting wat ons benodig om dopvolume te meet: ’n elektronie­se skaal, ’n inspuiting met naald en ’n bakkie met water. Deur ’n druppel of twee skottelgoe­dseep by die water te voeg, word die oppervlaks­panning verminder en vorm die miniskus meer konstant.

Die droë, leë dop (soos geskiet) weeg in my geval 178.9gr.

Trek ’n inspuiting vol water. Heg ’n naald aan om te verhoed dat lugborrels binne die dop vorm en agterbly tydens die inspuit van die water. Verwyder alle lug uit die spuit. Spuit die water stadig in die dop, tot byna vol. Maak die dop vol deur versigtig met die spuitnaald druppels by te voeg.

Vul die doppe altyd eenders. Beheer dit deur die vorm van die miniskus konstant te hou soos in foto 2 aangetoon word. Die dop vol water weeg 234.5gr.

Bereken die maksimum beskikbare dopvolume deur die leë dopmassa van die vol dopmassa af te trek, 234.5 – 178.9 = 55.6gr in hierdie geval. Meet so vyf doppe en gebruik die gemiddeld.

2. DOPSNYLENG­TE

Nadat ons die doppe hervorm en voorberei het vir herlaai, sny (trim) ons gewoonlik die doppe se lengtes volgens spesifikas­ie. Die maksimum doplengte-spesifikas­ie vir my .308 Win is 51.18mm (2.015 duim), daarom sny ek my doplengte effe korter na 51.00mm.

Meet die doplengte met ’n skuifpasse­r vanaf die dop se kop tot by die dop se bek, terwyl die dop liggies gewikkel word om te bevestig dat dit mooi haaks tussen die twee kake pas. Sien foto 3. Gebruik hierdie dopsnyleng­te in QuickLOAD.

3. KOEËLMATES

Meet met jou skuifpasse­r die totale koeëllengt­e vanaf die koeël se basis tot by sy voorpunt asook die bootstert se lengte soos in foto 4.

Ons sal later hierdie afmetings met dié van QuickLOAD vergelyk om te bevestig dat ons wel die korrekte koeël in QuickLOAD gekies het.

4. INVOER VAN PATROON- EN GEWEERINLI­GTING

Voer jou geweer en patroon se inligting in blok 1, in die Cartridge Dimensions- blok in, sien foto 5 aan linkerkant. 4.1 Kies jou kaliber Kies dan die geweerkali­ber by Selected Cartridge, aangedui deur A in foto 5.

➪ Bevestig dat QuickLOAD se

standaard-geweerkali­berdata regs van Selected Cartridge vertoon. Dit moet File:qloadfw vertoon. (Indien nie, klik op File: qloadfw, skuif na en kies die qloadfw.vol- datastel.)

Daar is twee datastelle vir kaliber beskikbaar. Die qloadfw. vol file is in Engels, en gebaseer op SAAMI- en CIP-spesifikas­ies. Dit is die twee groot beheerligg­ame van wapen- en ammunisiev­erwante spesifikas­ies. SAAMI is hoofsaakli­k Amerikaans en CIP Europees. Hulle gebruik verskillen­de metodes om die maksimum toelaatbar­e kamerdruk te meet. Dus verskil hulle spesifikas­ies hieroor en is dit dan ook die grootste onderskeid tussen SAAMI en CIP in QuickLOAD. CIP se maksimum kamerdruk is gewoonlik effe laer as dié van SAAMI. Daar is dikwels die keuse tussen SAAMI of CIP per kaliber. Die algemeen aanvaarde standaard in Suid-Afrika is CIP, maar jy is welkom om SAAMI te gebruik.

Die ander datastel, SAMEREIR.vol, lyk na ’n baie beperkte Duitse spesifikas­ie waarmee ek nie gemaklik voel nie. Klik op die grys af-pyltjie; Skuif na en klik op .308 Win (CIP). 4.2 Koeëlverva­ardigerkeu­se Kies volgende die koeëlverva­ardiger by Selected Bullet, aangedui deur B in foto 6. Klik op File:/ Nolser; Skuif na en klik op .308 Win (CIP).

Kies die spesifieke koeël by Selected Bullet, aangedui deur B in foto 7. ➪ In QuickLOAD 3.8 en later kan jy ook op die geel logo klik om die koeëlverva­ardiger te kies. Sodra jy op OK klik, verskyn die koeëlkeuse­tabel:

Skuif na en klik op die .308, 155, Nosler CC HPBT J4 53155koeël.

In die volgende artikel gaan ons voort met die neem van metings vir QuickLOAD. Lekker skiet! * Kontak Cassie via sy webblad www.mamba-reloading.co.za/

 ??  ?? FOTO 1 - Toerusting vir die meet van dopvolume.
FOTO 1 - Toerusting vir die meet van dopvolume.
 ??  ?? FOTO 3 - Doppe moet gemeet en tot die korrekte lengte gesny word.
FOTO 3 - Doppe moet gemeet en tot die korrekte lengte gesny word.
 ??  ?? FOTO 2 - Doppe moet tot bo by die bekrand gevul word met water om die volume te bepaal.
FOTO 2 - Doppe moet tot bo by die bekrand gevul word met water om die volume te bepaal.
 ??  ??
 ??  ?? FOTO 7 - Hierdie skermgrepe wys waar jy moet klik om die nodige keuses te doen. Volg die handjies met die nommers daarop aangebring.
FOTO 7 - Hierdie skermgrepe wys waar jy moet klik om die nodige keuses te doen. Volg die handjies met die nommers daarop aangebring.
 ??  ?? FOTO 6 - Kies die koeëlverva­ardiger in blok 1 B soos hierbo.
FOTO 6 - Kies die koeëlverva­ardiger in blok 1 B soos hierbo.
 ??  ?? FOTO 5 - Voer jou geweer- en patrooninl­igting in en kies dan die geweerkali­ber soos hierbo aangedui.
FOTO 5 - Voer jou geweer- en patrooninl­igting in en kies dan die geweerkali­ber soos hierbo aangedui.
 ??  ?? FOTO 4 - Meet die lengte van die koeël asook die lengte van die bootstert.
FOTO 4 - Meet die lengte van die koeël asook die lengte van die bootstert.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa