SA Jagter Hunter

Africa my Africa - wandering hunter’s mutterings

-

Herman Jonker het geen bekendstel­ling nodig nie. Lesers sal weet dat hy die man is wat ons maandeliks­e rubriek, Dooierus, skryf. En Herman is nie iemand wat op sy bek geval is nie. Hy sê ’n ding soos dit gesê behoort te word.

Soos met enige ander bedryf, loop dinge nie altyd klopdissel­boom in die wild- en jagbedryf nie en Herman is nie skaam om die kontrovers­iële aan te vat en eerlike kommentaar daarop te lewer nie. Wat Herman se kommentare oor ons almal se passie, die jagbedryf, uniek maak is die goeie skoot vlymskerp humor wat hy inweef in elke stukkie skryfwerk.

Africa my Africa is weereens ’n pennevrug van Herman wat mense sal laat glimlag, lag en dink. Hy laat beslis geen heilige buffels met rus nie. In hierdie Engelse boek lewer Herman kommentaar oor ’n verskeiden- heid jag- en wildsake wat hom, en ek glo vele ander, na aan die hart lê. Mense se beheptheid om te spog oor die grootte van hul trofeë word mooi uitgelig in die stukkie The little white hunter. Soms gaan sit die manne mos so ’n hele paar meter agter die bok of leeu of buffel as die foto geneem word. Dan lyk die dier veel groter in vergelykin­g met die jagter.

In Sexing chickens and serving buck en Paradise in the jungle gesels Herman oor wat ’n PH se job descriptio­n nou eintlik is en hoe dié manne se werk nie altyd so romanties en vervullend is as wat die meeste mense glo nie. Om ’n sogenaamde “pee-aitch” te wees verg veel meer as net om bokke vir kliënte op te spoor.

Vir koeëls wat nie land waar hulle moet nie, het jagters byna altyd ’n “goeie” verklaring. In Aberrant projectile justificat­ion spreek Herman hierdie tame- letjie aan en hy waarsku ook dat jy tog nie te gou moet vertel hoe goed jy nou eintlik skiet nie, veral nie voor jy ’n vel of twee in die sout het nie.

Herman sluit die boek af met ’n stukkie genaamd Dark Africa waarin hy skryf oor die feit dat Afrika nooit slaap nie. Hy nooi die leser om dieper te kyk as waar die son kan skyn, om Afrika in sy geheel te ervaar. ’n Besoek aan Afrika gaan nie net oor die sonskyn en die ikoniese spesies wat jy bedags kan sien nie. Daar is ’n groter, wyer wêreld wat wag om ontdek te word. Die nag kan of behoort ook te lei tot groter introspeks­ie... sodat jy waarlik kan sien.

Ek het die boek baie geniet en beveel dit met groot vrymoedigh­eid aan. * Africa my Africa deur Herman Jonker kan bestel word by adamastor@telkomsa.net teen R200 per ek-semplaar, posgeld uitgesluit.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa