En as ’n blou­wil­de­bees storm?

As ’n groe­ne in die bos­veld jag, skiet hy som­mer mak­lik ’n bloue in plaas van ’n rooie...

SA Jagter Hunter - - INHOUD - Chris­ti­aan Jou­bert

Ek en die man­ne is ’n ruk ge­le­de T­ha­ba­zim­bi toe om ’n bok of twee vir die pot te skiet. Dit was al laat in die jag­sei­soen, so die vries­kas was dol­leeg en ons was drin­gend op soek na ’n stuk­kie vleis. Die 1 000ha-plaas was mooi, maar dit was ruig en dit was my heel eer­ste Bos­veld­jag te voet.

Laat­mid­dag op die plaas aan­ge­kom, be­gin ons by­na da­de­lik ’n vuur­tjie aan die gang kry. Die vuur­maak­plek is op ’n se­ment­blad wat om­ring is met ’n hei­ning van hout­paal­tjies – be­skut en som­mer baie lek­ker ruim vir groot kui­er en kos­maak.

Ons is eg­ter vroeg bed toe en dou­voor­dag, voor ’n mos­sie kon piep, was ons al­mal reeds op en ge­reed vir die jag­dag wat voor­lê. My pa het ge­sê hy sal vir my bok be­taal – ek kan ’n bles­bok­of ’n rooi­bok­ram skiet.

BLES­BOK OF ROOI­BOK

Die plaas is met paad­jies in blok­ke van agt­stes ver­deel en elk­een van ons is saam met ’n gids af­ge­laai op een van dié blok­ke. Ek, wat nog nat ag­ter die ore is as dit by jag kom, kry toe ’n jong­man met ’n bloed­rooi mus. Bo en be­hal­we sy jeug­di­ge (on­er­va­re?) ou­der­dom, kan hy nie ’n en­ke­le woord A­fri­kaans ver­staan nie. Na ’n ent se stap, moet ek eers stop om in my Boe­re-In­gels aan hom te pro­beer ver­dui­de­lik dat hy nie al die tak­kies en droë bla­re moet raak trap nie.

Ter­wyl ons stap, pro­beer ek om ’n dik­ne­krooi­bok­ram deur die ro­syn­tjie­bos raak te sien, maar al wat ek voor my kan sien, is die man se rooi kap­pie. El­ke nou en dan raak ek op­ge­won­de as ek die ge­kap hoor van ho­rings wat stoei, maar dan is ek net so vin­nig te­leur­ge­steld as ek sien dis net die hout­kap­per­tjie teen ’n do­ring­boom.

So is dag een ver­by son­der dat ek ’n en­ke­le dik­nek te sie­ne kon kry. Ek is ge­luk­kig da­rem nie die e­nig­ste man son­der ’n bok nie. Om die kamp­vuur vra die man­ne waar­na ek op soek is. Na­dat hul­le ge­hoor het ek be­taal nie vir die bok nie, be­gin hul­le skerts met, “Nou wat as ’n blou­wil­de­bees jou in die veld storm?” en “As jy ’n e­land skiet wat storm, kan jou pa mos nie kwaad wees nie?” My pa sit net in stil­te en lag vir die man­ne se sto­ries. Ons gaan weer vroeg bed toe om­dat ons vroeg wil op­staan.

“Van­dag is die dag,” sê ek vir my­self op dag twee, “Daar­die dik­nek gaan lê...” Ek en Rooi­kap­pie is weer die veld in. Teen mid­dag se kant sien ek ’n trop­pie bles­bok­ke ’n ent van my af. Ek be­duie vir die man met die hoed dat hy moet bly staan so­dat ek die bok­ke kan be­kruip. Ek val plat en be­gin sta­dig na­der be­weeg, ag­ter ’n bos­sie in so­dat die bok­ke my nie moet raak­sien nie. Na ’n ent­jie se kruip vang my oog ’n paar ka­meel­per­de wat ag­ter ’n do­ring­boom staan en hul­le­self ver­gaap aan die s­naak­se ding met sy dik jas en sy maat­jie met die rooi hoed. Net toe ek bin­ne skiet­af­stand van die bles­bok­ke is, be­sluit die lang­nek­ke dat hul­le wil om­spring en weg­hol. Die bles­bok­ke volg toe na­tuur­lik hul­le voor­beeld. En vir die res van die dag het ek weer net “tak­bok­ke” ge­sien.

Die man­ne se ge­skerts en slim­praat­jies om die kamp­vuur raak net meer... “Wat van die blou­wil­de­bees? As jy prys per ki­lo ver­ge­lyk is die blou­wil­de­bees ’n be­ter ko­pie.” En my pa sit net daar in stil­te en lag vir die man­ne se sto­rie­tjies.

My ge­dag­tes be­gin dwaal en ek dink: “Wel, hy het da­rem nie nee ge­sê toe die man­ne so spot nie.” Ek gaan bed toe met die stres­vol­le ge­dag­te dat mô­re die laas­te dag in die veld is, en tot dus­ver lyk die veld maar leeg.

Vroeg­dag is ek eg­ter met nu­we veer­krag in my stap die veld in.

Ek skiet met ’n .30-06 Mau­ser wat my ou­pa vir my ge­gee het. Dit was sy eer­ste jag­ge­weer wat hy ge­koop het toe hy 21 jaar oud was, so die ge­weer het nie mo­der­ne fie­ter­ja­sies op/aan nie. Ek be­sit ook nie ’n skiet­stok nie, so ek breek vir my ’n dooie tak met ’n mik af as plaas­ver­van­ger. Rooi­kap­pie dra die stok en ek die ge­weer.

Teen die mid­dag se kant (ek het steeds nie ’n en­ke­le bok ge­sien nie) hoor ek ewe skie­lik ’n ge­skar­rel in die gras en ek loop ver­sig­tig om ’n ro­syn­tjie­bos om te pro­beer on­der­soek in­stel, maar ek sien niks wat die la­waai kon ver­oor­saak het nie en ek ver­moed dat dit se­ker net ’n veld­muis is. Maar toe ek op­kyk, staan ’n blou­wil­de­bees in die ska­du van ’n boom, 80 me­ter van my af, mooi plankd­wars.

Ek roep vir Rooi­kap­pie na­der met die skiet­stok, lê aan en KADOEF! klap die skoot. Die bul bok­spring en... weg is hy! “Per­fek­te skoot,” dink ek by my­self en sit die bees ag­ter­na die bos­se in. Om­dat ek nog dom en on­er­va­re is, merk ek nie die skiet­plek of die boom waar die bok ge­staan het toe ek hom ge­skiet het nie.

SPOORVAT EN SOEK

Na ’n ent­jie se soek, skop die re­a­li­teit in: Ek het hom ge­kwes! Ons soek bloed en spo­re, maar kry ab­so­luut niks. Ek be­sef dat ons die skiet­plek moet soek en ek kry uit­ein­de­lik ’n plek wat min of meer be­kend lyk, maar nie ek of Rooi­kap­pie kry e­ni­ge te­kens van ’n bok wat ge­skiet is nie. Niks nie.

Ek kou reeds my na­els as ek dink dat ek vir my pa moet gaan sê ek het ’n bok ge­kwes, en nog­al een wat drie keer die prys is van ’n rooi­bok of bles­bok. Na ’n lang soek­tog be­sef ek dat ek my pak­slae maar soos ’n man sal moet vat en ek bel my pa.

Met el­ke trrr trrr van die te­le-»

Na ’n ent­jie se soek, skop die re­a­li­teit in: Ek het hom ge­kwes! Ons soek bloed en spo­re, maar kry ab­so­luut niks.

» foon klim my hart ver­der in my keel op. Die a­dre­na­lien pomp meer as toe ek die bok ag­ter­na ge­storm het. “Hal­lo, as­kies ek is nie nou be­skik­baar nie,” hoor ek my pa se bood­skap. Ek bel my ma om haar te ver­tel wat ek nou aan­ge­vang het en om te sien of my op­roe­pe deur­gaan. Ek wil haar vra om vir my te bid, want ek is diep in die sop.

Ek be­gin weer soek, en daar lui my foon! Dit voel of my foon in ’n stuk lood ver­an­der wan­neer ek hom op­tel en teen my oor druk. Dis my pa. Ek ver­tel hom wat ge­beur het en hy kry al die mans wat by die kamp was op die bak­kie en laat weet hul­le is op pad na my toe. Ons sal me­kaar by die naas­te grens­pad kry en ek be­gin stap. Rooi­kap­pie bly ag­ter om die plek te merk.

Op pad na die ont­moe­tings­punt loop ek reg teen ’n trop­pie e­lan­de ver­by, die een bul raak on­rus­tig en be­gin blaas. Ek voel klein en ek vloek vir Murp­hy ter­wyl ek ’n patroon in die ka­mer stoot. Toe ek uit­ein­de­lik ver­by hul­le is, dank ek net my ster­re dat hul­le niks ge­maak het nie, want dan sou my pa se ge­sig soos Rooi­kap­pie se mus ge­lyk het.

Ek kry die man­ne, ons vorm ’n lyn en be­gin deur die veld te stap in die rig­ting waar­in my blou­wil­de­bees ver­dwyn het. Ter­wyl ek stap, is my moed in my skoe­ne. Maar toe kom die op­roep: “Hier lê jou blou­wil­de­bees.” ’n Berg val skie­lik van my skou­ers af, maar toe be­sef ek dat ek steeds ’n bloue in plaas van ’n rooie ge­skiet het.

Toe ek na­der kom, groet my pa my met ’n ste­wi­ge druk (om­hel­sing); ek dink hy was te ver­lig om kwaad te wees. Soos die kraai vlieg, het die bok 300 me­ter van die skiet­plek af ge­lê, maar hy het eers een­kant toe ge­hol, ’n draai ge­maak en te­rug­ge­sir­kel voor hy dood neer­ge­val het.

Met die slag­te­ry ont­dek ons dat my eer­ste in­stink reg was; die blou­wil­de­bees se hart het los in sy bors­kas ge­lê. Ek het sy hart mors­af ge­skiet, voor die een voor­been in, ag­ter die an­der voor­been uit. Al die bloed het bin­ne die dier se bors­kas uit­ge­pomp en nie ’n en­ke­le drup­pel het op die grond be­land nie. Ek be­sef net weer­eens hoe taai ’n blou­wil­de­bees reg­tig is.

Vir ou­laas het ons die laas­te aand met lek­ker har­te saam­ge­kui­er om die vuur in die ge­sel­li­ge braai-a­rea, skil­pad­jies ge­maak en gems­bok­pot ge­ëet.

So ein­dig my eer­ste Bos­veld­jag toe heel goed na­dat din­ge am­per skeef ge­loop het.

FOTO BO: Chris­ti­aan en sy gids met die rooi mus by die blou­wil­de­bees­bul wat hy plat­ge­trek het. HOOFFOTO: Koos Bar­nard.

Die man­ne woes be­sig om kos te maak. Hier het ons lek­ker ge­kui­er.

Ons was sog­gens voor son­op reeds ge­reed om te jag.

Die hart van die wil­de­bees was flen­ters ge­skiet.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa

© PressReader. All rights reserved.