SA Jagter Hunter

SNIPER 4 LIFE SE WENNERS

-

In die Julie-uitgawe van SA JAGTER/HUNTER het ons berig oor die Sniper 4 Life-kompetisie wat deur Sniper Africa geloods is om erkenning te gee aan lojale kliënte van Sniper Africa. Die jagervarin­g van ’n leeftyd (Hunt of a lifetime) is as prys aangebied aan ’n gelukkige jagter en twee vriende. Die jagpakket sluit ’n buffelbul, njalabul, koedoebul en drie rooibokram­me in.

Op 10 Augustus 2017 is die finale trekking vir hierdie kompetisie by The Rooftop Café in Rosebank gehou. Adriaan Woudstra (van HuntEx-faam) het die trekking behartig. Die gelukkige wenner is Mercia van Vuuren van Kempton Park. Sy het ingeskryf tydens HuntEx wat in April vanjaar by Gallagher Estate in Midrand gehou is. Haar man, Anton, is die gelukkige jagter en sal haar vergesel tydens die jagtog. (Sy het ingeskryf met die doel om die jag vir hom te wen!) Baie geluk, Anton en Mercia!

’n Profession­ele rolprentsp­an sal die jagters vergesel om die jagervarin­g op film vas te lê. Hulle word ook tydens die jagtog voorsien van Sniper-kamoefleer­drag en -toerusting. Die totale waarde van die prys is dus aansienlik meer as R150 000. Die jag sal op die plaas Rietfontei­n in die Zeerust-distrik plaasvind en word deur Green South Safaris aangebied. Sniper Africa en James Hill van Rietfontei­n het op die nippertjie besluit om ook troospryse vir die ander vier finaliste beskikbaar te stel. ’n Blouwildeb­ees en nog rooibokke is as troospryse aangebied.

 ??  ?? Op die foto is (van links) Cassiem Kolia (van Sniper Africa), die wenner, Mercia van Vuuren en Zubair Kola (Sniper Africa).
Op die foto is (van links) Cassiem Kolia (van Sniper Africa), die wenner, Mercia van Vuuren en Zubair Kola (Sniper Africa).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa