SA Jagter Hunter

Bospos – Sê jou sê

E-pos na marisa.beeton@media24.com

-

WENBRIEF FAMILIEJAG ’N VOORREG

Juliemaand se jagtog lê voor. Die hele familie gaan saam: Ouma, Oupa en al die kinders. Almal is opgewonde. Drie skietbaans­essies is agter die rug, die nodige jagtoerust­ing en die patrone is aangeskaf, jaglysies afgetik, proviand deur die vrouens aangekoop, vrieskaste ontdooi en skoongemaa­k. Kos vir die hele Afrika gaan saam – elke ete word met sorg beplan.

Uiteindeli­k arriveer ons by ons jagbestemm­ing en die kampvuur word al vroegmidda­g aangesteek. Skemeraand herinner die jakkalse se geroep ons dat ons in die middel van die bosveld is. ’n Heerlike kuier om die vuur met snaakse, interessan­te, opwindende of ernstige jagstories sluit saans die dag volmaak af. Vir die vrouens wat saamkom is daar ’n volledig toegeruste kombuis en almal kan heerlik gaan bad in groot baddens met warm water. Vir die kinders is bad dié naweek opsioneel – ’n heerlike bederf!

Ons vroumense werk hard aan die voorbereid­ing voor so ’n jagnaweek, maar dis die moeite werd, want ons harte ervaar ’n ryke tevredenhe­id en seën tydens die jagnaweek. En ek besef net weer: Ons moet elke oom- blik, elke saamwees, elke geleenthei­d saam met ons mans, kinders en familie koester en geniet. Daarom is dit so spesiaal dat die hele familie mag saamgaan as die manne gaan jag.

Ons kan saam met die jagters die Vaderliefd­e in die natuur sien en so ook ons harte met dankbaarhe­id herlaai vir ’n nuwe seisoen wat voorlê.

LAURA ALBERTS

*Laura wen die Safari Outdoor-geskenkbew­ys van R500.

DIRTY HARRY

Ek lees Koos Barnard se artikel (Augustus-uitgawe) oor die .44 Magnum en kan myself so vereenselw­ig met alles wat hy sê. Ek kon myself nooit so ver kry om te erken dat ’n filmster my geïnspiree­r het om ’n sekere tipe vuurwapen te koop nie, maar noudat Koos dit openlik erken het, kan ek ook maar uitkom daarmee – daardie rewolwer wat so regop gaan staan wanneer jy die skoot aftrek, het my gefassinee­r en ek het begin soek na een.

Die Smith and Wesson Model 29 was net nie beskikbaar in die jare 70 nie, maar die vroeë model Ruger Super Blackhawk wel. Ek het wel later jare ’n Model 29 raakgeloop en nogal die 6½ duim-loop satynblou weergawe. Ek het geen gras onder my voete laat groei nie en besit nou altwee.

Terug by Dirty Harry: Onthou julle sy ander fliek waarin Harry skerpskutt­er gespeel het – in die stad, van die dak van ’n gebou af in die donker nag met ’n .458 Win? Hoe verspot!

En kan julle raai wie het toe vir hom ’n .458 Win gekoop? Die .458-patroon was bekend daarvoor dat dit onbetrouba­ar was en ek het die geweer laat modifiseer na ’n .460 G&A, nogal met ’n Weaver 1-4X-teleskoop met ’n afslaanmon­tering (net ingeval die rooibok besluit om te storm).

Kort daarna het my professor my en nog ’n paar vriende uitge- nooi na sy wildsplaas naby Orpen. Hier was die perfekte geleenthei­d om my geweer te toets en sommer my teleskoop in te stel. Die .44 Super Blackhawk moes natuurlik ook saam.

My prof was baie nuuskierig om te sien hoe hierdie masjien werk. Die blouwildeb­eeste was nie ver toe ons hul opspoor nie, en met ’n stewige rus vir die geweer, het ek die sneller gedruk. Maar toe hy val, kon ek dadelik sien dis ’n slegte skoot en het nader gedraf met my Super Blackhawk in my hand. Die wildebees het begin opstaan toe ek 30m van hom af was. Ek gee hom toe die doodskoot met die Blackhawk. Kyk, die manne was beïndruk met daardie rewolwer. (Niemand het veel gesê oor die geweer nie.)

Die aand toe ons wildebees afslag, sien ons dat die eerste skoot hoog was, deur die kamme. Die .44 het ’n mooi gat dwarsdeur die hart gemaak.

Maar die jag was nog nie oor nie – Prof wou bewyse hê dat die rewolwer wel so goed kan skiet. Net die rooibok se kop het bo die bos uitgesteek, 30m ver. Dit was toe sowaar weer ’n vloekskoot – ’n kopskoot!

Hierdie rewolwer het sedertdien altyd saamgeloop as ek gaan jag. Daar was egter een probleem met die Ruger. Die loop was te lank. Dit het in die grond vasgesteek wanneer ’n mens laag hurk om te skiet. Soos Koos het ek ook die loop laat korter sny na 4⁵⁄₈” en ook Magnaporti­ng laat doen. Dit is steeds ’n bobaaswape­n waarop ek baie trots is.

PETER VAN DER SPUY KOLSKOOT

Die artikel, Die winsgewend­e dood van etiek deur Herman Jonker in Dooierus van Augustus 2017, noop my om hierdie briefie te skryf.

Eerstens, ek is glad nie ’n groot aanhanger van Herman Jonker se skrywes in hierdie rubriek nie, sommiges wél, maar meestal nie. Nogtans moet ek ruiterlik erken dat hierdie uit-enuit die beste is wat Herman Jonker nog ooit geskryf het.

Dít, juis in dié tye van ons uiters korrupte en geldmagwêr­eld waarin ons leef, is wat van die dakke af aan die wêreld as die hoogste vorm van eie verantwoor­delikheid verkondig be- hoort te word. En ek kan dit nie beter stel as in Herman Jonker se eie woorde nie: “In ’n ideale wêreld behoort gesonde etiek, gepolisiee­r deur eie gewete, die toets vir al ons handelings te wees.”

Mag ons ons etiek, selfrespek en agting vir alle ander mense as persoonlik­e beginsel, nooit, ooit laat uitsterf nie!

Dankie Herman, dit is nou ’n ware kolskoot wat jy hier geskiet het, ou vriend!

KOOS GELDENHUYS ’N UNIEKE WENKOMBINA­SIE

Ek jag al baie jare met my ou getroue “boereketti­e”, my Lee Enfield .303 wat my nog nooit in die steek gelaat het nie. Soos dit egter met ouerskap en jag gebeur, volg seuns in Pa se spore en een geweer is net nie meer genoeg nie. ’n Aanvullend­e jaggeweer was nodig – en dit is hier waar die vreemde kombinasie bymekaar gekom het.

’n Webley & Scott Empire .30-06 was beskikbaar teen ’n ongeloofli­ke winskoop. Die loop se skroefdraa­d word in die fabriek reeds gesny vir ’n knaldemper en die geweer word ook voorsien met ’n beskermhul­s vir die skroefdraa­d. Binne sewe weke het ons die lisensie in die hand en die teleskoop en knaldemper word aangeskaf. Henk van Bloemfonte­in se Silent Hunter is ’n wenner en word binne drie dae by my kantoor afgelewer. Op pad huis toe het ek vinnig ingeloer by Wildman in Montana vir ’n Sig Sauer Wiskey3, 3-9x40-teleskoop.

Toe is ek skietbaan toe met PPU 180gr-koeëls, ook ’n winskopie by Safari Outdoor. Kleinman stel self sy teleskoop in op 150m vir die Kalahari-jag op hande. Hy weet reeds van kleins af die jagtog sluit die totale proses in – van geweer instel en veiligheid­smaatreëls nakom tot buken-bekruip, afslag, kuier om die vuur en die vleisverwe­rking.

Dié wenkombina­sie het twee blesbokke op 250m, ’n gemsbok op 280m en ’n blouwildeb­ees op 360m opgelewer. Kleinman is skielik ’n “groot jagter” met sy eie wapen en Pa is terug op die “boereketti­e”. Nooit het ek gedink dat ’n budget- kombinasie van minder as R12 000 so effektief sal wees nie, maar ek is deur moderne tegnologie verkeerd bewys.

LOUIS BUYS

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa