SA Jagter Hunter

Hoe om QuickLOAD te gebruik Deel III

- Cassie Nienaber

In hierdie kort artikel gaan ons voort om te wys hoe jy inligting moet invoer in QuickLOAD. Sien Foto 1: In Deel II het ons reeds in blok 1 ons geweerkali­ber (lees ook as dopkaliber) by A gekies; asook ons koeëlverva­ardiger en ons spesifieke koeëlkeuse by B.

KOEËLMATES

QuickLOAD se databasis is omvattend – dit maak voorsienin­g vir meer as 1 200 kalibers, 230 dryfmiddel­s en 2 500 verskillen­de tipes koeëls. Die moontlikhe­id bestaan wel dat sommige van hierdie mates of inligting verkeerd mag wees. Bevestig daarom altyd dat die inligting wat gegee word ooreenstem met jou eie mates en inligting. Sien C in Foto 1: Ons het ons .308, 155gr Nosler CC HPBT J4 53155-koeël se lengte in Deel II gemeet as 29.04mm en QuickLOAD vertoon 29.08mm. Perfek! Koeëllengt­es kan effens van mekaar verskil, en selfs koeëls wat in een houer verpak is en veral waar die koeëls loodpuntji­es het. Daarom gaan ons nie hier hare kloof nie, solank ons koeëllengt­es met minder as 0.5mm van mekaar verskil, laat ek dit net so en verander ek nie aan QuickLOAD se koeëllengt­es nie.

QuickLOAD dui die meeste mates in beide duim en mm aan. Jy kan in enige een van die twee kolomme iets tik, QuickLOAD sal die ander waarde outomaties bereken en invul. Klik op Tail/Base Shaped en die koeël se bootstertm­ates verskyn, sien Foto 2.

➩ QuickLOAD se waarde vir Length of Taper (koeëlboots­tertlengte) van 4.00mm stem naastenby ooreen met ons mate van 4.13mm. Perfek! Klik op Apply &Exit.

Deur bostaande twee mates van ons koeël met dié van QuickLOAD te vergelyk, kon ons bevestig dat ons wel die korrekte koeël in QuickLOAD gekies het.

Klik op die -logo soos in Foto 3 indien jy enige van die koeëlmates permanent wil verander, en stoor. Indien jou koeëlkeuse nie in QuickLOAD beskikbaar is nie, kies ’n beskikbare koeël waarvan die gewig, vorm en eienskappe naastenby ooreenstem met joune. Pas dan die mates aan na joune toe en stoor die data as ’n nuwe koeël met ’n naam van jou keuse. Jy kan ook die koeël se BC (ballisties­e koëffisiën­t) hier aflees.

DOPMATES EN LOOPLENGTE

Sien D in Foto 4: Hier vul ons die dop se lengte (trim) van 51.00mm in by Case Length.

By Cartridge Length vul ons die totale patroonlen­gte (TPL)

van 68.5mm in, die TPL soos wat ons die patroon gaan laai. Met verwysing na my aanwysings in Deel I het ek as volg op die TPL van 68.5mm besluit. My geweer se maksimum TPL is gemeet as 73.33mm. Volgens CIP/SAAMI is die TPL-spesifikas­ie vir die .308 Win, 71.12mm (2.800”). Hierdie TPL sal in die meeste gewere se magasyne pas. Ek wil die dop se hele nek gebruik om die koeël vas te hou en te ondersteun. ’n Algemene aanbevelin­g is om ongeveer die- selfde lengte van die koeël se skag in die dopnek te plaas as die kaliberdia­meterafmet­ing. QuickLOAD se Shank Seat Depth van 4.96mm is outomaties bereken vanaf die koeëlmates en ons dop se trim- lengte, met die bootstert buite rekening gelaat. Met ’n TPL van 68.5mm verander die Shank Seat Depth na 7.58mm. Dit is na genoeg aan die Groove Caliber (koeël/ kaliberdeu­rsnee) van 7.82mm. Met hierdie TPL pas die patroon maklik in my geweer se magasyn en het die koeël ’n sprong (jump) na die lande van 73.33mm – 68.5mm = 4.83mm, heelwat meer as die minimum sprong van 0.5 tot 1.0mm wat ek voorstel. 100%!

By Barrel Length vul ons die gemete looplengte van 558mm in.

DOPVOLUME

Sien E in Foto 5: Hier vul ons die gemete maksimum dopvolume van 55.6gr in by Maximum Case Capacity, overflow. Klik Apply&Calc.

Hiermee is ons klaar met die invoer van ons eie geweer, koeël- en dopmates in blok 1 van QuickLOAD.

In die volgende artikel gaan ons voort met die invoer van data vir QuickLOAD. Lekker skiet! * Kontak Cassie via sy webblad www.mamba-reloading.co.za

 ??  ?? FOTO 2 - Koeël se bootstertl­engte.
FOTO 2 - Koeël se bootstertl­engte.
 ??  ?? Koeëllengt­es. FOTO 1 -
Koeëllengt­es. FOTO 1 -
 ??  ??
 ??  ?? FOTO 5 - Dopvolume.
FOTO 5 - Dopvolume.
 ??  ?? FOTO 4 - Die dop en loop se mates.
FOTO 4 - Die dop en loop se mates.
 ??  ?? FOTO 3 - Koeëlmates.
FOTO 3 - Koeëlmates.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa