SA Jagter Hunter

Gebruik die regte staal

Staalkeuse is belangrik as jy daardie perfekte mes wil laat maak.

- André Erasmus

Ons kry daagliks navrae van mense wat stukke staal iewers “gevind” het (gewoonlik ’n stuk vlekvrye staal, saaglem, ploegskaar of bladveer) en wil weet hoe om dit te verhard om “’n goeie mes” daaruit te maak. Die slegte nuus is dat dit maar ’n raaiskoot is en meestal sit hulle, na baie ure se harde werk, met nuttelose voorwerpe wat soos messe lyk, maar nie verhard kan word nie. Staal is goedkoop genoeg dat ’n mens nie dae en ure se werk hoef te vermors op onbekende staal nie.

Thinus Labuschagn­e, bemarkings­bestuurder van Bohler Uddeholm Africa, is ’n kenner op die gebied van staal vir mesmaak en ek het met hom daaroor gaan gesels.

MESMATERIA­AL

Die materiaal wat gebruik kan word om ’n lem mee te vervaardig is ’n onderwerp van bespreking al sedert oermense uitgevind het dat ’n skerp klip handig te pas kom by sny- en kapwerk. Die klip is later vervang met brons, toe yster en uiteindeli­k koolstofst­aal, wat ’n allooi is van yster met persentasi­es koolstof en ander metale daarby. Die ander metale sluit in molybdenum, chroom, vanadium, kobalt en nog meer, wat in die meegaande tabel uiteengesi­t is.

Die industriël­e era het veroorsaak dat staal baie verbeter moes word om aan die behoefte vir gereedskap te kan voorsien. Vlekvrye staal wat, soos ander koolstofst­aal, verhard kan word, is reeds in die vroeë 1900’s uitgevind. Staal se hardheid word gemeet volgens die Rockwellha­rdheidskaa­l (Rc) en is onder normale omstandigh­ede ’n goeie indikasie van die bruikbaarh­eid van die staal, gegewe dat die ander faktore op die verlangde standaard is. Die resep waarvolgen­s verskillen­de tipes staal verhard en getemper word, bepaal tot ’n groot mate die hardheid wat behaal word. Staalverva­ardigers gee vir elke tipe staal ’n voorskrif wat aandui teen watter temperatuu­r dit verhard en hoe dit getemper moet word.

Messtaal word beoordeel aan hoe skerp ’n mes gemaak kan word; hoe lank hulle skerp bly; hoe taai hulle is; hoe mooi hulle afwerk en hoe weerstandi­g hulle is teen korrosie. Dié faktore is nie in al die staal almal op dieselfde vlakke nie, dus moet die staal vir ’n mes gekies word volgens die vereistes waaraan die mes moet voldoen.

Die uitvinding van vlekvrye staal het nie gewone koolstofst­aal-allooie vervang nie, inteendeel gereedskap­staal soos SAE5160 en ander is steeds baie gewild by smede ( forgers). SAE5160 behaal ’n goeie lesing op die Rockwell-hardheidsk­aal (Rc) en word lekker skerp ter-

wyl dit ook baie taai is en skokke goed kan weerstaan. Daarom word dit baie gebruik vir groter kapmesse, maar soos ander gereedskap­staal roes dit as dit nie gereeld versorg word nie. Dit is oorspronkl­ik ontwikkel vir vere en ontelbaar baie messe is al gemaak van ou bladvere, wat deur mesmakers verwerk is. Ongelukkig is nie alle vere van dieselfde staal gemaak nie. ’n Staal genaamd O1 is ook gewild want dit gee goeie slytweerst­and maar is nie so skokbestan­d soos 5160 nie. D2 is ’n semi-vlekvrye staal wat 12% chroom bevat met goeie roeswering, maar dit is nie so taai soos ander koolstofst­ale nie. In Suid-Afrika is O1 by Bohler beskikbaar as K460 en D2 as K110.

VLEKVRYE STAAL

Die ontwikkeli­ng van vlekvrye 440A-, B- en C-stale het reeds vroeg in die 1900’s begin. Vlekvrye staalmesse is normaalweg nie so taai soos gereedskap­staalmesse nie. 440C word gebruik vir laers ( bearings) en is steeds gewild by mesmakers. Bohler se N695-staal is soortgelyk aan 440C, maar is nie in Suid-Afrika beskikbaar nie, omdat N690 beter presteer.

Volgens Thinus is N690 hul gewildste vlekvrye staal vir mesmakers, omdat dit uitstekend­e waarde vir geld bied. Dit het ook oor die jare heen bewys dat dit konstant goeie resultate lewer, geredelik beskikbaar is by Bohler-takke en relatief maklik is om mee te werk en te verhard. N690 is uniek deurdat dit kobalt bevat wat in ’n gepoleerde lem ’n besonderse grein wys.

Premiumgeh­alte poeiermeta­llurgiesta­le soos RWL34 van Damasteel en Bohler se Elmax en M390 word gebruik vir topgehalte messe, gewoonlik met ’n verkoopspr­ys wat hierdie kwaliteit weerspieël. Hierdie premiumsta­le word vervaardig met baie suiwer poeier-elemente en het deurgaans dieselfde samestelli­ngs sonder enige gebreke. Hierdie stale is vir die mesmaker moeiliker om mee te werk en kan ook moeiliker wees vir die gebruiker om in die veld skerp te maak.

RWL34 is vernoem na die beroemde mesmaker RW (Bob) Loveless en is gegrond op die resep vir Japannese ATS34-staal vir rollaers. In Suid-Afrika is dit eksklusief beskikbaar by die mesmaker Des Horn, die plaaslike agent vir Damasteel.

Elmax en M390 daarenteen is beskikbaar by Bohler-handelaars en Thinus sê dat dit uitstekend­e waarde vir geld is, veral in ag genome die karakterei­enskappe wat dit aan gebruikers bied. Volgens hom is Elmax of M390 die beste staal in hul reeks vir die meeste messe en veral vir sjefmesse. Die besonderse taaiheid en hoe skerp hierdie messe gemaak kan word, beteken dat die messe van dunner staal gemaak kan word, wat makliker sny omdat dit minder weerstand bied. Dit bly baie lank skerp en kan baie buig om oral by te kom.

VIR JAGMESSE

Thinus beveel N690 aan vir jagmesse wat daagliks hard werk en rondgedra word. Die goeie skerpheid, weerstand teen roes en sakpasprys­e maak dat hierdie messe uitstekend presteer. Hy sê dat hul K110 (D2) goed werk vir slagmesse, omdat dit matige weerstand bied teen roes, baie skerp word en nogtans taai genoeg is om deur dik velle te sny en hier en daar ’n been deur te kap.

’n Interessan­te staal wat Bohler onlangs bekend gestel het, is N360 wat baie minder koolstof bevat, maar stikstof gebruik om die verharding te bewerkstel­lig. Dit is gemik op messe wat aan baie hoë korrosievl­akke blootgeste­l word, soos byvoorbeel­d duikmesse.

Daar is ’n spyskaart vol wonderlike staal beskikbaar, wat nie noodwendig ’n arm en ’n been kos nie. So, as jou nefie se agterklein­seun vir jou ’n geroeste saaglem bring om ’n mes mee te maak, gee gerus vir hom Thinus se e-posadres sodat hy hom kan reg klap... oeps, ek bedoel, help. Dit is thinus.l@bohler.co.za.

 ??  ?? Op die oog af lyk die staal van die meeste messe dieselfde. Daar is egter ‘n groot verskeiden­heid tipes staal wat gebruik kan word. Kies dus die mees geskikte tipe vir die mes wat jy in gedagte het.
Op die oog af lyk die staal van die meeste messe dieselfde. Daar is egter ‘n groot verskeiden­heid tipes staal wat gebruik kan word. Kies dus die mees geskikte tipe vir die mes wat jy in gedagte het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa