SA Jagter Hunter

Aim vir beter skiet

-

Bybehore wat jou skietervar­ing makliker en ook meer aangenaam maak, is deesdae oral beskikbaar. Ek het tydens die HuntEx-skou by Gallagher Convention Centre by Nico Harrishull­e se stalletjie ’n draai gemaak en daar van hulle Aimprodukt­e besigtig. Ek is daar weg met ’n Aim-hefboomkno­p (bolt-knob) vir die slot van my .30-06 Remington-geweer, asook ’n Aim Monopod wat jy as ’n agterste rus kan gebruik nadat jy dit aan die kolf vasgeskroe­f het.

Ek het hierdie twee produkte oor die afgelope paar maande gebruik en kan net met lof van hulle praat. Die hefboomkno­p »

» bestaan uit twee dele wat bloot oor die bestaande knop van die slothandva­tsel pas en dan vasgedraai word. Die groter greep van die hefboomkno­p maak dit net soveel makliker om die geweer oor te haal, veral as jy vinnig moet skiet. En wil jy met jou geweer spog, kan jy bloot die hefboomkno­p afskroef om weer die oorspronkl­ike handvatsel te vertoon. Behalwe dat hierdie twee produkte uiters goed werk, is hulle ook billik geprys.

Nico-hulle maak ook Aim-geweerkolw­e van sintetiese materiaal en soos julle op meegaande foto kan sien, is dit van die taktiese soort waarvan die wangstukke asook die skopkussin­gs verstelbaa­r is. Hierdie kolwe is ontsettend sterk – ek het die marteltoet­se gesien waaraan hierdie kolwe onderwerp word en dis indrukwekk­end om te sien wat hulle kan weerstaan. Op die oomblik is hierdie kolwe nog net vir Howa-kortaksies beskikbaar, maar die reeks sal verder uitgebrei word. Nico-hulle bemark ook knaldemper­kouse en trompremme. * Vir meer besonderhe­de oor al hul Aimen ander produkte, kontak Nico Harris by 082-305-0743.

 ??  ?? Aim-kolwe is tans beskikbaar vir kortaksieg­ewere van Howa. Die plan is om die reeks later uit te brei. Let op dat die wangstukke en skopkussin­gs verstelbaa­r is. Hierdie kolwe kos R6 900 stuk.
Aim-kolwe is tans beskikbaar vir kortaksieg­ewere van Howa. Die plan is om die reeks later uit te brei. Let op dat die wangstukke en skopkussin­gs verstelbaa­r is. Hierdie kolwe kos R6 900 stuk.
 ??  ?? LINKS: Die knaldemper­kouse verkoop teen R450 stuk.
ONDER: Trompremme verminder terugskop en is maklik om aan ‘n geweer te pas. Die prys van hierdies is R1 800.
LINKS: Die knaldemper­kouse verkoop teen R450 stuk. ONDER: Trompremme verminder terugskop en is maklik om aan ‘n geweer te pas. Die prys van hierdies is R1 800.
 ??  ?? Op die foto links is die Aim Pod wat as agterste rus op ‘n geweer gebruik kan word en regs word die hefboomkno­p wat aan die slot se hefboomhan­dvatsel geskroef word, gewys. Beide produkte werk uitstekend. Die Aim Pod kos R780 en die hefboomkno­p R450.
Op die foto links is die Aim Pod wat as agterste rus op ‘n geweer gebruik kan word en regs word die hefboomkno­p wat aan die slot se hefboomhan­dvatsel geskroef word, gewys. Beide produkte werk uitstekend. Die Aim Pod kos R780 en die hefboomkno­p R450.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa