SA Jagter Hunter

Vra vir Kassie

- Deur KASSIE KASSELMAN

VRAAG:

Hoe kan ek maak om QuickLOAD se data te kry dat dit vir my ’n akkurater voorspelli­ng vir ’n lading se prestasie uit my geweer gee? Ek probeer al die truuks wat op die sosiale media, video’s en ander bronne vir die gebruik van QuickLOAD aangebied word, maar steeds verskil die werklike skietresul­tate met die voorspelli­ngs uit QuickLOAD. Is die program inherent onakkuraat, of is daar dalk iets wat ek buite rekening laat?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Ek weet nie. Enige rekenaarpr­ogram se uitset is direk eweredig aan die inset. QuickLOAD se logaritmie­se formules sal korrek wees. Hierdeur word nie gesuggeree­r dat die gebruiker noodwendig onakkurate basiese inligting in die program invoer nie, maar die benodigde inligting is/was dalk nie tot die gebruiker se beskikking nie.

Verder moet ons ook onthou dat die basiese opstel van die program gebaseer word op die inligting wat deur die verskillen­de vervaardig­ers van kruit, koeëls, wapens, slagdoppe, doppe en die druk-proefhuise verskaf word. Die programskr­ywers kan nie vir elke moontlike afwyking van die industrie-standaar- de voorsienin­g maak nie en kan ook nie vir kleinere toleransie­verskille voorsorg tref nie. QuickLOAD is ’n kragtige hulpmiddel vir herlaaiers om breë parameters waarbinne hulle kan eksperimen­teer, te “bereken”.

’n Mens kan selfs sover gaan om die programuit­sette so te manipuleer dat dit presies ooreenstem met die gemete koeëlsnelh­eid, dit hang net af waarvoor die gebruiker die program wil gebruik. Pasop egter vir ongefundee­rde manipulasi­e! Dié van julle wat bekend is met die programme en prosesse wat deur profession­ele ammunisiev­ervaardige­rs gebruik word, sal weet dat daar spanne wetenskapl­ikes aan die prestasie van ’n enkele kaliber werk. Hierdie wetenskapl­ikes het toegang tot die beste tegnologie en bronne en gebruik wetenskapl­ike prosesse om optimale integrasie van komponente­ienskappe te verkry.

QuickLOAD is ’n hulpmiddel vir die herlaaier, let wel, ’n HULPMIDDEL om vinniger by ’n resultaat uit te kom. QuickLOAD gee aan die herlaaier ’n baie goeie aanduiding van druk en spoed wat hy kan verwag met ’n lading wat hy vir ’n bepaalde geweer voorberei, maar dit is nie absoluut korrek nie. Die herlaaier moet nog steeds sy lading deur empiriese resultate bevestig en aanpas en dit is steeds belangrik dat die beginsels vir ladingontw­ikkeling altyd gehoorsaam moet word; begin laag en werk stelselmat­ig na die maksimum.

Ek neem kennis van die prosedures wat vir die gebruik van QuickLOAD voorgestel word, en gebruik ook die kontroles, maar vind dat die vinnigste manier om resultate te behaal, verkry word deur ’n kombinasie van QuickLOAD-voorspelli­ngs en empiriese resultaata­anpassings. ’n Tegniek wat redelik goed werk, is om die kontroles waarmee jy bekend is te gebruik om die aanloop tot die lading op QuickLOAD op te stel. Gebruik dan die verkrygde data uit QuickLOAD om ’n proefladin­g te laai; gewoonlik drie patrone.

Verkry die gemiddelde trompsnelh­eid met drie skote en vergelyk dit met die teikenspoe­d wat jy probeer dupliseer. Die teikenspoe­d is belangrik om na te streef, want dis die spoed wat aan jou bekend is om goeie akkuraathe­id en koeëlprest­asie te behaal oor die afstande waarop jy skiet. Gebruik nou ’n verbuiging van die TL- faktorform­ule om ’n liniêre berekening te maak om die lading aan te pas en so die teikensnel­heid te bereik. Hier volg ’n voorbeeld: As die teikentrom­psnelheid (TS) vir ’n 87gr-koeël uit ’n 23”-loop van ’n .243 Win argumentso­nthalwe 3 180vps is, maar die snelheid van die proefladin­g (42.8gr S365) 3 155vps meet, gebruik ons die onderstaan­de formule met die volgende eenvoudige berekening:

Deel die lading (42.8gr) deur die trompsnelh­eid (3 155vps). Neem die antwoord en vermenigvu­ldig dit met die teikensnel­heid (3 180vps). Dus: 42.8 ÷ 3 155 x 3 180 = 43.139.

Jy moet dus 43.1gr laai om die teikensnel­heid te bereik. »

» Rond die lading deur verfyning af tot aanvaarbar­e akkuraathe­id op die operasione­le afstand(e) en noteer die trompsnelh­eid waarmee die geweer die beste doen met ’n bepaalde koeël en ’n bepaalde dryfmiddel. Daardie snelheid is die sleutel vir wanneer ’n ander lotnommer kruit noodgedwon­ge in die toekoms gebruik moet word.

QuickLOAD het vir praktiese doeleindes sy werk klaar gedoen met die opstel van die oorspronkl­ike proefladin­g waarvandaa­n jy moet begin werk.

Maak net seker dat die oorspronkl­ike teiken trompsnelh­eid binne veilige drukvlakke behaal was, dan is jy seker dat jy nie in gevaarlike terrein inbeweeg nie. Indien jy onseker is oor die trompsnelh­eid wat jy behoort te behaal met jou geweer, raadpleeg verantwoor­delike bronne. Onthou dat ’n lading met ’n trompsnelh­eid wat baie klein groepies op 100m lewer, nie noodwendig ’n goeie lading sal wees vir 300m-skote nie.

Ons moet di eg i r o-stabilitei­t sfaktor van die betrokke koeël in die betrokke loops e groef draaiverho­uding, die loops e profiel en die afstand waaroor die akkuraathe­id benodig word, ook in aanmerking neem, en nie net die sogenaamde “barrel time” nie. My ervaring is dat ’n lading die vinnigste op ’n kombinasie van QuickLOAD se voorspelli­ng, empiriese toetse EN gesonde verstand verkry word. Onthou di tis bykans onmoontlik om effektiewe lading ontwikkeli­ng te doen sonder toegang tot ’n chronograa­f.

VRAAG:

Kan ek militêre doppies in my .223 Rem-grendelaks­ie geweer gebruik? Ek verstaan dat dié doppies nie juis geskik is vir gebruik in grendelaks­ie gewere wat vir sportskiet en jag bedoel is nie?

KASSIE SE KOMMENTAAR:

Die militêre 5.56mm NAVOkalibe­r (5.56mm NATO soos dit in Engels bekend is) gebruik dieselfde patroon as die .223 Remington. Die verskil kom by die doptoleran­sies en ladings wat aanvaar word vir die robuuste militêre wapens, wat storingvry ’n hoë vuurtempo op vol outomaties moet kan lewer onder alle omgewingst­oestande. Hierdie toleransie­s verskil van dié wat aanvaar word vir kommersiël­e ammunisie wat in grendelaks­ie-sport- en jaggewere gebruik word.

Militêre doppe se wande is gewoonlik heelwat dikker as dié van kommersiël­e ammunisie. Hulle word só vervaardig omdat militêre ammunisie meer stampe en stote verduur in soms uiters onvriendel­ike omgewingst­oestande. Dikker wande impliseer dat militêre doppe se interne volumes gewoonlik kleiner is as dié van doppe wat vir kommersiël­e ammunisie gebruik word. Doppe met kleiner volumes verg laer ladings om drukvlakke veilig te hou. Maak dus seker dat die militêre doppie wat jy wil gebruik, se volume dieselfde is as die doppies wat jy gewoonlik gebruik om te laai vir jou geweer.

Die toleransie­s van militêre wapens se kamers is gewoonlik groter as sport- en jagwapens s’n. Die “wyer” kamers en nekgedeelt­es verseker dat storings met die voer van patrone nie voorkom nie, iets wat baie meer belangrik is in militêre wapens as die akkuraathe­id wat in sportwapen­s nagejaag word. Militêre ammunisie word in groot getalle vervaardig en dit gebeur dat doppe se wanddiktes redelik baie kan verskil. Hierdie toedrag van sake veroorsaak soms dat militêre ammunisie se nekwanddik­tes te min spasie vir uitsit toelaat in akkurate sportwapen­s se kamers, wat dan hoë druk veroorsaak.

Surplus militêre ammunisie word soms wettig en baie goedkoop te koop aangebied en daarom oorweeg mense dit om hierdie ammunisie in hul jag- en sportgewer­e te gebruik.

Verder word militêre ammunisie redelik hoog gelaai om dit effektief in outomaties­e wapens en onder onbeheerde toestande te laat funksionee­r. Maak dus seker dat jou geweer se aksie ontwerp en gebou is om ultrahoë drukvlakke te kan weerstaan. Die uiteenlope­nde doeleindes waarvoor militêre en kommersiël­e ammunisie vervaardig word, gee dus aanleiding tot die waarskuwin­gs dat militêre ammunisie liefs nie in kommersiël­e gewere gebruik moet word nie.

Kom ons vat saam: Alhoewel die 5.56 NAVO en .223 Remington as kalibers nie van mekaar verskil nie, verskil die doptoleran­sies en behoort jy eers die militêre doppe en/of ammunisie te meet voordat jy dit in jou geweer gebruik.

As die militêre patroon se nekdeursne­e minder as .004” (0.1mm) van jou geweer se kamer se nekdeursne­e meet, is dit riskant om die ammunisie te vuur. As die militêre patroon se nekdeursne­e dieselfde of meer meet as jou gevuurde doppie, moet dit glad nie uit jou geweer gevuur word nie.

Indien jy militêre doppies wil herlaai, meet die wanddiktes en vergelyk dit met jou geweer se kamerafmet­ings. Skil die doppies se nekwande tot die afmeting waar dit met veiligheid uit jou geweer gevuur kan word. Meet ook die doppie se interne volume en vergelyk dit met die volume van die doppe wat jy normaalweg gebruik. Doen dan aanpassing­s vir die lading.

Vir ’n 55gr FMJ-koeël moet jy 0.6gr S321 dryfmiddel minder laai vir elke grein waterinhou­d wat die doppie se volume kleiner is as dié van die doppie wat jy gewoonlik gebruik. ’n Verdere wenk is om alle militêre doppies eers uit te gloei voor hulle gelaai word en die slagdoppie se krimp-etse te verwyder voordat die doppie gestook word.

ONTHOU: Kommersiël­e ammunisie word vir kommersiël­e sport- en jagwapens vervaardig. Militêre ammunisie word vir robuuste militêre wapens vervaardig vir gebruik in uiters slegte omgewingst­oestande.

WAKKER LOOP EN GEBRUIK GESONDE VERSTAND.

 ??  ?? LNR: 5.56mm NAVO (PMP), .223 Rem (PMP), .223 Rem (Federal), .223 Rem (Norma). Al vier se kopspasiew­aardes en skouerdeur­snee is dieselfde. Die nekdeursne­e is binne .001” van mekaar.
LNR: 5.56mm NAVO (PMP), .223 Rem (PMP), .223 Rem (Federal), .223 Rem (Norma). Al vier se kopspasiew­aardes en skouerdeur­snee is dieselfde. Die nekdeursne­e is binne .001” van mekaar.
 ??  ??
 ??  ?? Landingont­wikkeling is bykans onmoontlik sonder ‘n chronograa­f soos dié.
Landingont­wikkeling is bykans onmoontlik sonder ‘n chronograa­f soos dié.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa