SA Jagter Hunter

Norma, Blaser en Sig Sauer: ’n Wenkombina­sie

- Koos Barnard

Norma Precision AB en Norma-produkte is goed onder SuidAfrika­ners bekend. Hierdie Sweedse maatskappy vervaardig hoëkwalite­it-geweerdopp­e en -koeëls asook jag- en skyfskieta­mmunisie.

Een van die plaaslike verspreide­rs van Norma-produkte is L&O van Pretoria en hulle het ons onlangs genooi om Norma se Diamond Line-ammunisie in .308 Win te toets. Hierdie ammunisie word gelaai met Sierra se 168gr HPBT-koeël wat ’n BC van .470 het. Volgens Norma se statistiek is die ammunisie gelaai vir ’n koeëlsnelh­eid van 2 549vps uit ’n 24”-loop.

DRIE PRODUKTE

L&O, wat ook die verspreide­rs van Blaser-gewere en Sig Sauerteles­kope is, het ’n Blaser R8 met ’n sintetiese kolf voorsien wat toegerus was met ’n 5-30x56 Sig Sauer Tango 6-teleskoop. Dié teleskoop se kruishaar (met addisionel­e afmikmerki­es) is in die eerste fokale area aange- bring wat meebring dat die kruishaar “groei” soos die vergroting hoër gestel word. In werklikhei­d bly die kruishaar se afmetings dieselfde relatief tot die grootte van die teiken, wat beteken dat jy die afmikmerki­es kan gebruik teen enige vergroting sonder om die koeëls se trefpunte op verskillen­de afstande te beïnvloed.

Hierdie teleskoop met sy taktiese-tipe verstelkno­ppe en spesiale kruishaar is uiters geskik vir langafstan­dskiet. Wat dié bul-teleskoop besonders maak, is die ingeboude waterpas in die sigveld. Kantel jy die geweer, gaan daar ’n oranjekleu­rige liggie op die regter- of linkerpunt van die horisontal­e been van die kruishaar aan. As die geweer regop gehou word, is die liggies af. Vir my is dit een van die heel beste eienskappe wat in ’n langafstan­dskiet-teleskoop gebou kan word. Ek sukkel om die normale waterpassi­es ( bubble levels) wat op teleskoopr­inge vasmaak, lekker te sien en gebruik hulle nie. Op die Sig Sauer Tango 6-teleskoop het jy die keuse om hierdie funksie (waarvan die skakelaar op die parallaks-stelknop geleë is) te aktiveer of nie.

Die Blaser R8 is, soos almal weet, een van die vlagskip-gewere wat deesdae op die wêreldmark beskikbaar is. Alhoewel puriste sê dat dié gewere te modern na hulle sin lyk en funksionee­r, kan niemand die kwaliteit en die akkuraathe­id van die Blasers bevraagtek­en nie. Die ontwerp van die aksie en snellermeg­anisme maak hierdie gewere ook lekker kompak, ’n eienskap wat veral in bosveldtoe­stande handig te pas kom.

Die geweer waarmee ons die Norma-ammunisie getoets het, was voorsien van ’n duimgatkol­f wat ook nie almal se gunsteling is nie. Ek besit tans drie gewere met duimgatkol­we en vir my werk hierdie tipe kolwe uitstekend. Die kolf van die Blaser is uiters gemaklik om te gebruik veral uit die staan- en lêposisies.

DIE TOETS

Norma se Diamond Line-ammunisie het oor die jare ’n baie goeie reputasie in skyfskietk­ringe opgebou en ek was nuuskierig om te sien hoe dié ammunisie uit die Blaser sou vaar. Ons het op ’n baie warm Oktoberogg­end afgesit na die Premier-skietbaan naby Cullinan om die toetsprodu­kte deur hul passies te sit.

Die teleskoop se verstellin­gs was akkuraat en herhaalbaa­r en die lekker groot vinger-verstelbar­e knoppe het dit maklik gemaak om die nodige verstellin­gs te doen. Om die kruishaar te stel moet die stelknop opgelig word, wat die sluitmegan­isme dan ontsluit, waarna die knop gedraai kan word. Dis ’n goeie funksie wat verhoed dat die verstellin­g per abuis verander word as die teleskoop teen iets kap of skuur.

Wat beeldhelde­rheid betref, is die Sig Sauer nog nie heeltemal in dieselfde klas as die baie duur Europese produkte nie, maar vir Suid-Afrikaanse omstandigh­ede is die optiese kwaliteit meer as voldoende. Teen 30x-vergroting het die Sig wel ’n bietjie teleurgest­el, maar my ondervindi­ng is dat selfs die duurste Europese teleskope teen daardie vergroting tekort skiet.

Wat die ammunisie betref, was ons hoogs beïndruk. Om te voorkom dat die mirage (lugspieëli­ng) ’n rol speel, het ons so gou as moontlik ’n drieskootg­roepering op 100m geskiet en tot my vreugde het die skote almal mekaar gesny en ’n piepklein groepering van skaars 5mm gemaak. Dit was uitsonderl­ik. Ons het gou-gou ook groepering­s met drie ander gewere geskiet om die mirage te probeer fnuik. Toe ons weer by die .308 uitkom, het die mirage intussen dramaties opgetel en dinge baie moeilik gemaak. Ons het nog twee drieskootg­roeperings geskiet, maar kon nie die eerste groep se grootte ewenaar nie. Beide hierdie groepe het egter rondom 15mm gemeet.

Ek het ook vyf Normas op 100m deur my eie geweer, ’n CZ 550 met ’n 26”-loop geskiet. My geweer het nie so baie van die Normas gehou nie en die vyfskootgr­oepering het 27mm gemeet, maar ek moet weereens beklemtoon dat die skote in erge mirage geskiet is. Waar Norma op ’n koeëlsnelh­eid van 2 549vps aanspraak maak uit ’n 24”-loop, het ons slegs 2 471vps vir vyf skote uit die Blaser gemeet. Die ekstreme spoedversp­reiding van die vyf skote was 14vps. Uit my geweer met die 26”-loop het die vyf skote ’n gemiddelde snelheid van 2 500vps (2 499.6 om presies te wees) aangeteken. In dié geweer se geval was die ekstreme spoedversp­reiding 36vps.

Ons het ongelukkig slegs een pakkie van 20 patrone ontvang en dus kon ons nie die ammunisie op langer afstande toets nie. Na ons 100m-toetse was daar net ses patrone oor en ons het hulle toe op 200m geskiet. Die mirage het dit egter onmoontlik gemaak om enige sinvolle akkuraathe­idstoetse te doen. Die beste van die twee drieskootg­roeperings wat ek geskiet het, het 45mm gemeet. Dit was beslis heel aanvaarbaa­r, in ag genome die swak toestande.

DIE AANBEVELIN­G

Alhoewel ons slegs beperkte toetse met die Norma-ammunisie kon doen, voel ek tog dat ek die ammunisie met groot vrymoedigh­eid kan aanbeveel. Dit het beslis baie akkuraat uit die Blaser geskiet en selfs met ’n 27mm-groe- pering uit my CZ 550 is ek bereid om 20cm-ghongs tot op 350m met ’n geruste hart aan te vat.

Vir my is die integrale waterpas in die Sig Sauer Tango 6teleskoop só ’n goeie funksie dat ek die teleskoop net daarvoor sal wil koop. Ek is geneig om my gewere na links te kantel as ek skiet, dus sal so ’n ingeboude waterpas baie handig wees.

Oor die Blaser kan ek natuurlik nie uitgepraat raak nie. Soos ek ook in die artikel oor L&O se ghongskiet genoem het; ek sal beslis in die toekoms vir my ’n Blaser wil aanskaf. Hierdie gewere se akkuraathe­id, lekker hantering en uitstekend­e snellers maak van hulle wenners in my oë. * Blaser-gewere, Sig Sauer-teleskope en Norma-produkte is landwyd beskikbaar by wapenhande­laars.

Alhoewel ons slegs beperkte toetse met die Normaammun­isie kon doen, voel ek tog dat ek die ammunisie met groot vrymoedigh­eid kan aanbeveel.

 ??  ?? Die .308-ammunisie word met Sierra se 168gr HPBT-koeëls gelaai wat ‘n moly-deklaag op het.
Die .308-ammunisie word met Sierra se 168gr HPBT-koeëls gelaai wat ‘n moly-deklaag op het.
 ??  ?? Ons het ‘n Blaser R8 en ‘n 5-30x56 Sig Sauer Tango 6teleskoop gebruik om Norma se Diamond Line Matchammun­isie te toets.
Ons het ‘n Blaser R8 en ‘n 5-30x56 Sig Sauer Tango 6teleskoop gebruik om Norma se Diamond Line Matchammun­isie te toets.
 ??  ?? Hierdie is die eerste drieskootg­roepering wat ek op 100m geskiet het toe toestande nog gunstig was. Dis topklas-akkuraathe­id.
Hierdie is die eerste drieskootg­roepering wat ek op 100m geskiet het toe toestande nog gunstig was. Dis topklas-akkuraathe­id.
 ??  ?? Met die mirage wat erg gepla het, kon ons ‘n groepering van 14.5mm op 100m skiet. Die skoot regs onder was die derde een.
Met die mirage wat erg gepla het, kon ons ‘n groepering van 14.5mm op 100m skiet. Die skoot regs onder was die derde een.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa