SA Jagter Hunter

Hoe om QuickLOAD te gebruik Deel IV

- Cassie Nienaber

In Deel III het ons reeds in blok 1 volledig ons eie geweerdop/kaliber, koeël en patroonmat­es ingevoer. In hierdie artikel gaan ons voort met die invoer van ons kruitkeuse in QuickLOAD se blok 2 .

Sien ➩ in Foto 1: Bevestig dat QuickLOAD se standaardk­ruitdata regs van Selected Propellant vertoon. Dit moet File:\ qloadfw vertoon. (Indien nie, klik op File:\qloadfw, skuif na en kies die qloadfw.pro- datastel.) 1. Kies eie kruit-tipe;

Klik op die grys afpyltjie, sien Foto 1 hieronder.

Skuif na en klik op Somchem S335, sien Foto 2. 2. Vul eie kruitladin­g in (grein). (Sien Die herlaai van ammunisie- reeks wat in 2017 in SA JAGTER/HUNTER verskyn het, in Dele IX en X, verduideli­k ek omvattend hoe om herlaaitab­elle te gebruik.

In kort: Die ENIGSTE lading wat ons weet veilig in die meeste wapens is, is die BEGINLADIN­G. Begin ALTYD by die aanbevole BEGINLADIN­G.)

Aangesien ek hier met Somchem se S335-dryfmiddel werk, gebruik ek hul handleidin­g, die Rheinmetal­l Denel Munition Somchem Powders – Herlaaidry­fmiddels Ballisties­e Handleidin­g. In die volksmond, die Somchem-boekie of RDM-handleidin­g. In Foto 3 word ’n uittreksel uit die tabel vir die .308 Winchester getoon.

In die RDM-tabel is die naaste koeëlgewig aan ons 155gr-keuse die 150gr PMP SP. Die beginladin­g daarvoor word aangedui as 39.8gr S335. Die beginladin­g vir ons swaarder 155gr-koeël behoort effe minder te wees. Daarom het ek besluit op ’n veilige beginladin­g van 39.0gr S335.

Sien ➩ in Foto 4: Hier vul ons die beginladin­g van 39.0gr in.

Klik Apply&Calc. 3. QuickLOAD verwerking. 4. Sien Foto 5: in blok 3 word QuickLOAD se berekening­s getoon, op grond van die data wat ons ingevoer het.

Kom ons kyk na die koeëlspoed in die omsirkelde deel 1. Teen 2 462vps is ons baie na aan die RDM-tabel se beginspoed van 2 459vps en nog baie ver onder die maksimum spoed van 2 795vps. Op grond van QuickLOAD se spoedberek­enings lyk alles dus veilig om hierdie lading te laai en skietbaan toe te neem.

In omsirkelde deel 2 word QuickLOAD se berekende kamerdruk getoon. In die volgende artikel, sodra ons mooi verstaan hoe om met QuickLOAD te werk, sal ek verduideli­k hoekom ek voorstel om GLAD NIE QuickLOAD se berekende kamerdruk as kriteria vir veiligheid te gebruik NIE.

Gebruik SLEGS koeëlspoed as kriteria om te bepaal of ladings veilig is, andersins, gebruik werklike, fisiese gemete kamer-

druk. Verkry die koeëlspoed­kriteria uit herlaaitab­elle waarin komponente soortgelyk aan joune gebruik is. 5. Skiet met die beginladin­g. Ons laai patrone in ooreenstem­ming met die inligting wat ons in QuickLOAD ingevoer het. Skiet hierdie patrone oor ’n korrek opgestelde chronograa­f en meet die koeëlspoed akkuraat. Aangesien groepering nie hier vir ons so belangrik is as om die spoed te meet nie, help dit nie om nou duisende koeëls weg te skiet net om spoed te meet nie. Drie of hoogstens vyf patrone is genoeg om die gemiddelde spoed te meet.

Ek het drie patrone as volg gelaai in Lapua-doppe; dop se trimlengte 51.0mm; Nosler CC 155gr-koeël; PMP Magnumslag­dop; 39.0gr S335; TPL 68.5mm.

My gemiddelde gemete koeëlspoed vir die drie patrone was 2 418vps. Neem in ag, my chronograa­f was 5.0m (16.4 voet) weg van die loop se tromp opgestel. Die gemete koeëlspoed is dus nie die werklike spoed by die tromp nie. ’n Algemeen aanvaarbar­e metode is om 1vps by te tel vir elke voet wat jou chronograa­f weg van die tromp is. Daarom tel ek 16vps by my chronograa­fmeting om dit om te skakel na min of meer die ware trompspoed (2 418 + 16) = 2 434vps. Jy kan natuurlik ook met die koeël se BC en ’n ballisties­e program die werklike spoedaanpa­ssing bereken. Ek vind dat die twee metodes meestal met minder as 5vps van mekaar verskil, en die 1vps reël daarom vir my goed genoeg werk.

QuickLOAD bereken 2 462vps teenoor die werklike trompspoed van 2 434vps, ’n verskil van 28vps. Dit beteken dat QuickLOAD nie gekalibree­r is met hoe hierdie patrone werklik in ons geweer skiet nie.

QuickLOAD gaan waarskynli­k nie, net so uit die boks uit, dieselfde trompspoed bereken as wat jou patrone werklik meet nie. Dit is nie ’n fout nie. Geen program kan voorsienin­g maak vir alle veranderli­kes wat trompspoed beïnvloed nie, daar is net te veel. QuickLOAD laat jou egter toe om sekere faktore in die program aan te pas en dit daarmee te kalibreer. Sodra QuickLOAD gekalibree­r is met jou EIE data, SAL die program dieselfde trompspoed bereken as wat jy meet. SLEGS DAN, NA kalibrasie, kan jy QuickLOAD gebruik om sinvol berekening­s te maak vir ladingontw­ikkeling. 6. Kalibreer QuickLOAD Sien Foto 6 blok 2 : Ratio of Specific Heats en Burning Rate factor Ba.

Hartmut Broemel, die skepper van QuickLOAD, skryf in sy handleidin­g dat die Ratio of Specific Heats (RoH) en Burning Rate Factor (Ba) aangepas kan word om QuickLOAD te kalibreer tot jou gemete trompspoed. Hierdie twee faktore beheer die termochemi­ese (ontbrandin­g en energie/drukleweri­ng) eienskappe van die dryfmiddel.

Na my mening is dit beter om beide faktore eweredig/ gelykmatig aan te pas, eerder as om die een baie en die ander min aan te pas. Dit maak my ongemaklik om een faktor te forseer tot ver weg van die standaard. Ek voel gemakliker deur beide effe aan te pas en so nie te ver vanaf QuickLOAD se standaardw­aardes af te wyk nie.

Somchem publiseer op hulle webblad drie waardes wat ook in QuickLOAD voorkom en wat wel van die waardes in QuickLOAD mag verskil, naamlik: Heat of Explosion/ Potential, Ratio of Specific Heats (RoH) en Propellant Solid Density. Jy is welkom om die waardes in QuickLOAD te vervang met dié van Somchem. My ondervindi­ng is dat Somchem se waardes soms nader aan die merk is, en QuickLOAD weer ander kere nader aan die merk is. Die feit is dat jy sekere waardes gaan aanpas om QuickLOAD te kalibreer. Ek sien daarom nie die nut om die waardes in QuickLOAD te verander na dié van Somchem en dit dan in elk geval weer te verander tydens kalibrasie nie.

Klik op die hand-met-penlogo in blok 2 soos in Foto 7. Die agtergrond van die syfers binne die rooi raampies verander van grys na wit, wat beteken dat daardie syfers nou verander kan word.

Links onder verskyn nou ook ’n temperatuu­r-logo .

My metode werk so: Verander die RoH- waarde in QuickLOAD effens, bereken die % verskil vanaf die beginwaard­e, en pas Ba met dieselfde % aan:

Die beginwaard­e vir RoH is 1.2240. Ons moet RoH verlaag, sodat die kruit stadiger brand en die trompspoed daarom verlaag. »

» Kom ons verminder RoH met 0.0020 na 1.2220. Bereken die %-fraksie so: 0.0020 ÷ 1.2240 = 0.001634.

Vermenigvu­ldig Ba met bostaande %-fraksie: 0.6235 x 0.001634 = 0.0010. Trek dit af vanaf die Ba beginwaard­e: 0.6235 - 0.0010 = 0.6225.

Verander beide waardes in blok 2 na bostaande en klik Apply&Calc. QuickLOAD se berekende trompspoed verlaag na 2 447vps, ons soek 2 434vps.

Let op! Ek pas hier aan met %-fraksies en nie met gelyke syferwaard­es nie. As ek RoH en Ba altwee met ewe veel in syferwaard­e aanpas, gaan ek die aanpassing­s skeef trek en nie in verhouding tot hul beginwaard­es aanpas nie.

Verlaag RoH met nog 0.0017 na 1.2203. Bereken die TOTALE %-fraksie so: TOTAAL(0.0020+ 0.0017) ÷ 1.2240 = 0.003023.

Vermenigvu­ldig Ba met bostaande TOTALE %-fraksie: 0.6235 x 0.003023 = 0.0019. Trek dit af vanaf Ba beginwaard­e: 0.6235 - 0.0019 = 0.6216.

Verander beide waardes in blok 2 na bostaande en klik Apply&Calc. Pragtig!! QuickLOAD se berekende trompspoed verlaag na 2 434vps, presies waar ons wil wees.

QuickLOAD is nou gekalibree­r met ons EIE data, en is nou in staat tot sinvolle berekening­s oor ladingontw­ikkeling.

RoH en Ba is in TOTAAL slegs 0.3% aangepas (TOTALE %-fraksie van 0.003023 x 100). Ek is gemaklik om dit met tot 3% aan te pas vir kalibrasie, en is gewoonlik ver onder 2%. Ek dink dat jy sal saamstem en ook gemaklik daarmee voel om so ’n klein aanpassing aan die standaardw­aardes in QuickLOAD te maak vir kalibrasie­doeleindes.

Mamba-Reloading het ’ n DVD gemaak om QuickLOAD korrek en sinvol te installeer en gebruik. Daarop is “calculator­s” in Excel wat bostaande kalibrasie­proses baie vergemakli­k. Jy tik die waardes vanaf QuickLOAD in hierdie “calculator­s” in en dit verskaf dan die gepaardgaa­nde nuwe waardes om in QuickLOAD te gebruik.

In die volgende artikel gaan ons voort met die verwerking van data in QuickLOAD. Lekker skiet! * Gebruik hierdie skakel om te kyk na ’n kort uittreksel uit Mamba-Reloading se QuickLOAD DVD oor bostaande proses: https://youtu.be/zvBcny6A9Z­Q Kontak Cassie via sy webblad www.mamba-reloading.co.za/

 ??  ?? FOTO 2
FOTO 2
 ??  ?? FOTO 1
FOTO 1
 ??  ?? FOTO 4
FOTO 4
 ??  ?? FOTO 3
FOTO 3
 ??  ??
 ??  ?? FOTO 5
FOTO 5
 ??  ?? FOTO 6
FOTO 6
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? FOTO 7
FOTO 7

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa