SA Jagter Hunter

Ghongskiet met L&O

- Koos Barnard

Kompetisie­s waartydens daar na staalghong­s geskiet word, is deesdae baie gewild in Suid-Afrika. Dis beslis die enigste tipe skietkompe­tisie waar daar ’n mate van opwinding vir toeskouers is, want elke raak- of misskoot is dadelik bekend.

Die staalghong­s is sirkelvorm­ig en die grootte of deursnee daarvan gestandaar­diseer op 20cm. Deesdae is organiseer­ders egter geneig om ook hier en daar kleiner ghongs van 15cm in deursnee saam met die ander te gebruik.

Die meeste ghongskiet­kompetisie­s bestaan gewoonlik uit ses verskillen­de bane waar deelnemers vyf skote elk op elke baan moet skiet (dus ’n totaal van 30 skote). Die bane word altyd so opgestel dat deelnemers verskillen­de skietposis­ies moet inneem – van lê tot sit, kniel of staan.

SUKSESVOLL­E DAG

Die L&O-groep, wat onder meer produkte van Blaser, Sig

Sauer, Mauser, Rigby, Norma en Minox versprei, het onlangs ’n baie suksesvoll­e ghongskiet naby Verkykersk­op op Lerwick, die plaas van Johannes Schoeman-hulle, aangebied. Johannes was verantwoor­delik vir die uitleg van die baan. Hierdie kompetisie is in die vorm van ’n spanskiet aangebied en het vereis dat elke span vier lede moet hê. Daar was, soos met alle ghongskiet­kompetisie­s, ’n tydsbeperk­ing op elke baan – agt minute per span is toegelaat om elke baan te voltooi.

Hierdie ghongskiet was ietwat anders, aangesien slegs vyf van die bane normale ghongbane was. Baan 6 was ’n spesiale een waar deelnemers met Sig Sauer-pistole, ’n Blaser-haelgeweer en twee Blaser-jaggewere moes skiet. L&O het die wapens en die ammunisie ver- skaf. Meer hieroor later.

Verkykersk­op en omgewing is bekend vir wind en die 26 spanne wat ingeskryf het, het voor die tyd goed geweet waarvoor hulle, hulle inlaat. Genadiglik het die wind nie so sterk gewaai nie (die dag net na die skiet het dit konstant 30km/h gewaai) maar dit het steeds die deelnemers beproef.

Die dag is soos gebruiklik begin met gewere inskiet vir diegene wat wou en voorligtin­g oor die dag se verrigting­e. Johannes, wat die voorligtin­gsessie hanteer het, het dit afgesluit met ’n uiters treffende gebaar – ’n saluut met Blaser-jaggewere ter ere van ’n jong kankerlyer wat die stryd verloor het.

Martinus Willemse, ’n boer van die omgewing se seun, die 16-jarige Martoux, het onlangs sy stryd teen kanker verloor. Die jongman was mal oor jag en gewere en het as deelnemer talle ghongskiet­kompetisie­s saam met sy pa bygewoon. Die saluut was ’n hoendervle­is-oomblik wat trane in baie se oë gebring het. Bane 1 tot 3 is bo-op ’n berg opgestel waar daar nie wegkruippl­ek uit die wind was nie. Op Baan 1 moes deelnemers vanaf die kruin van die berg oor rotse skiet na die ghongs wat in die vlakte onder die berg opgestel was. Die skietpunte is gemerk en die spanlede moes vooraf besluit wie waar gaan skiet. Op sommige skietpunte kon jy lê en op ander weer net staan (sien foto). ’n Dwarswind van 90° het die deelnemers hier laat les opsê.

Op Baan 2 is die ghongs al teen ’n lyndraad opgestel en die naaste ghong was ’n kleintjie van 15cm. Hier kon almal die lêposisie inneem en die skietpunt was baie wyd (deelnemers was seker goed 30m van mekaar af gespasieer). Alhoewel die wind nie heeltemal dwars was op dié baan nie, het dit tog ’n hele paar deelnemers uitgevang. Dit was veral die klein ghong en die verste een (on- »

» geveer 300m weg) wat probleme veroorsaak het.

Baan 3 het die deelnemers se vermoë om wind te lees behoorlik getoets, want die skootsvak was byna 180°. Jy moes dus saam met die wind, teen die wind en met ’n dwarswind skiet.

Op Baan 4 het deelnemers oor ’n groot boomstomp geskiet met ’n lastige windjie wat skuins oor hul regterskou­ers gestoot het. Die ghongs op hierdie baan was relatief naby en dus nie so moeilik om raak te skiet nie.

Vier bome was die skietpunte op Baan 5 (hulle was ook seker 30m of meer uitmekaar) en deelnemers kon die boomstamme op enige manier as rus gebruik. Die meeste skuts het gelê en skiet. Dit was ’n makliker baan wat nie te veel probleme veroorsaak het nie.

IETS ANDERS

Baan 6 was verfrissen­d anders. Deelnemers het met verskafde wapens en ammunisie van L&O geskiet en elkeen moes ’n verskillen­de tipe wapen gebruik. Spanlede moes vooraf ooreenkom wie watter tipe wapen gaan gebruik.

L&O het twee 9mmP Sig Sauer P320 Nitron-pistole beskikbaar gestel. Die een was die kompakte Carry-model en die ander een die langer Full-size. Op die pistoolbaa­n is vyf ghongs op kortafstan­d uitgesit (sowat 10 tot 20m) wat jy binne 30 sekondes moes skiet.

Die deelnemer met die Blaser F16-haelgeweer het lekker mak- like weggaansko­te gekry waartydens hy/sy na vyf kleie moes skiet. Een patroon op ’n slag is gelaai waarna die kleie op die deelnemer se roep gelanseer is.

Op die geweerbaan moes deelnemers een skoot elk vanuit die lê-, sit-, kniel- en vryhandsta­anposisie skiet, asook een skoot uit die staanposis­ie oor skietstokk­e. Die ghong was lekker groot (ons het sommer daarna verwys as ’n “bakkie- bonnet”) en was op ongeveer 220m geplaas. Een persoon moes met ’n Blaser R8 in .223 Rem skiet en die ander met ’n Blaser R8 in .308 Win. Alhoewel die ghong groot was, het die vryhandsta­anhouding sommige mense uitgevang. Vir die gewere het L&O Norma se Matchammun­isie verskaf.

Ek het vroegmôre, voor die kompetisie begin het, die “bakkie- bonnet” met die Blaser .308 Win aangedurf en met al vyf skote getref. Dié Blaser R8 met sy sintetiese duimgatkol­f is uiters gemaklik om te skiet en net daar het begeerte soos ’n ondier op my skouer kom sit. Ek móét eenvoudig eendag nog ’n Blaser besit. Sien meer oor die Blaser, Norma-ammunisie en die 5-30x56 Sig Sauer Tango 6teleskoop waarmee die .308 toegerus was in die toetsartik­el oor die Norma Match-ammuni- sie (bladsy 16).

L&O se doel met Baan 6 was om die Blaser-gewere en F16haelgew­eer, Norma-ammunisie en die Sig Sauer-pistole en Sig Sauer-teleskope te promoveer en ek dink hulle het goed daarin geslaag. Hierdie is alles kwaliteit-produkte wat ons met vrymoedigh­eid aanbeveel

DIE WENNERS

Die wenners van die ghongskiet was die Plaaslynsp­an bestaande uit Stefan van Wyk, Bertus van Wyk, Werner Mostert en Daan Griesel. Tweede was die Casino Wolves waar Francois Martins, Marius Moolman, Johan van Niekerk en Elton Gross die spanlede was. Die Steel Snipers; Piet Breedt, Revo van Zyl, Nicky Olivier en Rupert Dedekind, was derde.

Die topskut van die dag was Francois Martins wat net twee ghongs gemis het.

L&O maak volgende jaar weer so en ons glo hierdie ghongskiet sal van krag tot krag gaan.

 ??  ?? Marc Hillerman van die L&O-groep met die Blaser R8 op die spesiale Blaser-baan.
Marc Hillerman van die L&O-groep met die Blaser R8 op die spesiale Blaser-baan.
 ??  ?? Deelnemers met die Blaser-gewere moes een skoot elk uit verskillen­de posisies op die Blaser-baan skiet. Heelbo gebruik ‘n deelnemer die .223-geweer en op die ander foto skiet een met die .308.
Deelnemers met die Blaser-gewere moes een skoot elk uit verskillen­de posisies op die Blaser-baan skiet. Heelbo gebruik ‘n deelnemer die .223-geweer en op die ander foto skiet een met die .308.
 ??  ?? Een lid van elke deelnemend­e span moes op die Blaser-baan vyf skote met ‘n Sig-pistool na staalghong­s skiet.
Een lid van elke deelnemend­e span moes op die Blaser-baan vyf skote met ‘n Sig-pistool na staalghong­s skiet.
 ??  ??
 ??  ?? Die manne lê aan op die ghongs in die vlakte onder die berg (die motors is heeltemal buite die skootsvak en veilig).
Die manne lê aan op die ghongs in die vlakte onder die berg (die motors is heeltemal buite die skootsvak en veilig).
 ??  ?? Die Steel Snipers was derde: Rupert Dedekind, Piet Breedt, Revo van Zyl en Nicky Olivier.
Die Steel Snipers was derde: Rupert Dedekind, Piet Breedt, Revo van Zyl en Nicky Olivier.
 ??  ?? Die Plaaslyn-wenspan: Bertus van Wyk, Stefan van Wyk, Daan Griesel en Werner Mostert.
Die Plaaslyn-wenspan: Bertus van Wyk, Stefan van Wyk, Daan Griesel en Werner Mostert.
 ??  ?? Tweede was die Casino Wolves: Francois Martins, Johan van Niekerk, Elton Gross en Marius Moolman.
Tweede was die Casino Wolves: Francois Martins, Johan van Niekerk, Elton Gross en Marius Moolman.
 ??  ?? ‘n Lastige dwarswind onder in die vlakte het die skuts se vermoëns goed getoets.
‘n Lastige dwarswind onder in die vlakte het die skuts se vermoëns goed getoets.
 ??  ?? Die Blaser-baan het ook vereis dat een persoon vyf kleie met ‘n Blaserhael­geweer aandurf.
Die Blaser-baan het ook vereis dat een persoon vyf kleie met ‘n Blaserhael­geweer aandurf.
 ??  ?? En wie het gesê skyfskiet is nie ‘n mooi toeskouers­port nie? Hier wys twee dames (‘n ma en haar dogter) hoe die ghongs baasgeraak moet word.
En wie het gesê skyfskiet is nie ‘n mooi toeskouers­port nie? Hier wys twee dames (‘n ma en haar dogter) hoe die ghongs baasgeraak moet word.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa