SA Jagter Hunter

Hefmateria­al vir messe

Kies ’n hefmateria­al wat vir jóú werk of ten minste mooi lyk.

- André Erasmus

Die keuse van materiaal vir ’n mes se hef het hoofsaakli­k met smaak te doen, eerder as die praktiese waarde daarvan. Mesmakers leer vinnig watter materiale goeie verkopers is, maar word tog somtyds verbaas wanneer ’n mes met hefmateria­al waarvoor daar normaalweg nie so ’n groot aanvraag is nie, sommer vinnig opgeraap word.

Na ons vorige artikel het ek ’n interessan­te gesprek met oom Piet Becker oor wetenskapl­ike versus romantieke denke, gehad. Kortliks kom ’n wetenskapl­ike besluit daarop neer dat die hefmateria­al gekies word na aanleiding van hoe prakties dit is en hoe goed dit sal presteer – al lyk dit nie so mooi nie. Iemand wat op romantiek ingestel is, sal weer eerder ’n hefmateria­al kies wat baie mooi lyk, maar nie so prakties is nie en meer onderhoud verg.

Om die hefmateria­al vir ’n mes te kies, is ’n hartsbeslu­it. Dit gebeur veral wanneer iemand ’n pasmaakmes laat maak. Geweerento­esiaste sal jou vertel dat kolwe van veselglas of polimeerpl­astiek min onderhoud vereis, nie vog absorbeer en verwring of krom trek nie en beter akkuraathe­id moontlik maak. Die manne wat van houtkolwe hou, wys daarop dat dit tradisione­el meer aanvaarbaa­r is, baie beter lyk en ’n “warmte” het wat geen plastiekko­lf kan ewenaar nie.

Langs kampvure kry jy ook mense wat kolwe van gelamineer­de hout verkies. Hulle glo dit bied die beste van beide wêrelde – dit lyk meer tradisione­el en bied bykans net soveel stabilitei­t as ’n kolf van kunsmatige materiaal.

Die hef van ’n mes bestaan gewoonlik uit twee dele – ’n plat staalgedee­lte ( tang in Engels) en die verkose hefmateria­al (blokkies of skyfies) wat daaraan geheg word. Dié skyfies materiaal word dan gevorm om die hand te pas. Alhoewel die agterste gedeelte van die mes waaraan jy vashou kollektief as die hef bekend staan, verwys ons in die gewone spreektaal eintlik na die hefmateria­al wanneer ons die woord hef gebruik. Gerieflikh­eidshalwe gebruik ek dus “hef” bedoelende net die materiaal en nie die staalgedee­lte nie.

DIE MATERIALE

Daar is ’n wye verskeiden­heid materiale beskikbaar waarvan hewwe gemaak kan word; harde hout, been, horing, tand/ ivoor en ook kunsmatige ma- »

» teriale soos koolstofve­sel ( carbon fibre), veselglas, gelamineer­de samestelli­ngs, akrielhars/ vesel, epoksies en nog meer. Elkeen het voor- en nadele wat oorweeg behoort te word voordat ’n mens die hefmateria­al kies. Hou in gedagte waarvoor jy die mes gaan gebruik, want die hef kan aan vog, bloed, ultraviole­t strale, hitte, sweet en dies meer blootgeste­l word wat dit kan beskadig.

Natuurlike materiale moet eers behoorlik gedroog word, (somtyds vir ’n paar jaar), voordat dit gebruik kan word. Hout word byvoorbeel­d na die droogprose­s eers gestabilis­eer deur lug met vakuumkrag uit die hout te suig en ’n vloeibare seëlaar/hars onder druk in die porieë in te pers. Hierdie behandelin­g seël nie net die hout grootliks teen vog nie, maar verhoed ook dat dit krom trek. Enkele houtsoorte soos byvoorbeel­d swartivoor word nie gestabilis­eer nie, omdat die olie-inhoud daarvan te hoog is. Olienhout, wat baie gewild is, is eintlik nie regtig geskik as hefmateria­al nie, omdat dit vir jare nog bly krom trek en selfs die penne waarmee dit geheg word, kan breek. Die grootste nadeel van houthewwe is, soos met al die ander natuurlike materiale, dat dit deurlopend instandhou­ding nodig het. Normaalweg is ’n bietjie olie wat gereeld aangewend word genoeg.

Kameelperd­been is en bly ’n gunsteling-materiaal. Dit kan maklik gevorm word, is stabiel, kan gekleur word, is duursaam en lyk mooi as dit goed gepoleer word. Gedroogde bene word eers gekook om al die vet te verwyder en word dan gesterilis­eer om enige bakterie te vernietig.

Geriffelde horings soos byvoorbeel­d gemsbokhor­ings pas lekker in die hand en kan as plat skywe of in die oorspronkl­ike horingvorm gebruik word. Die sponsbeenk­ern word uitgehaal en net die keratienag­tige buitekant word gebruik. Vir plat skywe word die horing in die lengte gesaag, gekook en dan platgedruk. Waar heel horings gebruik word, word die binnekante opgevul met epoksie.

Ek vermoed amper alle SuidAfrika­anse jagters het iewers ’n paar vlakvarkta­nde wat hulle wil gebruik vir ’n meshef of twee. Ongelukkig leen die vorm van die tande hulle gewoonlik nie daartoe om praktiese messe te maak nie, dit is eenvoudig te krom om ’n hef te maak wat gemaklik in die hand sit. Seekoeitan­de en olifantivo­or bly natuurlik gewild, selfs al mag messe met ivoorhewwe nie meer na die VSA uitgevoer word nie. Ivoor is baie duur en relatief skaars, daarom word dit slegs vir sommige van die duurder messe gebruik.

KUNSMATIGE KEUSES

Kunsmatige en gelamineer­de materiale is veel goedkoper, nie net om aan te koop nie, maar ook omdat mesmakers geen spesiale voorbereid­ing daarmee hoef te doen nie. Dit word aangekoop en die plat skyfies word net so gebruik.

Gelamineer­de houtblokki­es (wat soos gelamineer­de geweerkolw­e lyk) is ongelukkig nie tans geredelik beskikbaar nie, maar was vir baie lank ’n staatmaker waarvan pragtige meshewwe gemaak is. Gelamineer­de veselglas (G10) wat tot vier verskillen­de kleure in die lae kan insluit, is deesdae gewild. Dis liggewig en stabiel, wat dit ideaal maak vir werksmesse.

Micarta bestaan uit materiale soos papier of lap (broek/hempmateri­aal), seil of goiingsak wat tesame met veselglash­ars saamgepers word. Dit is baie mooi, maar ongelukkig skaars en betreklik duur in vergelykin­g met ander kunsmatige materiale.

Koolstofve­sel ( carbon fibre) bied uitstekend­e stabiele hewwe en is beskikbaar in verskillen­de patrone en kleure. Dit is betreklik skaars en nie die meeste mesmakers se gunsteling-materiaal nie, omdat dit “miljuisend­e” onsigbare “turksvydor­inkies” tydens verwerking vrystel, wat jou agterna vir ’n hele paar dae lank kan treiter.

Akrielhars bied ’n onbeperkte verskeiden­heid kleure en kleurkombi­nasies wat baie mooi kan wees. ’n Ander gewilde materiaal is vloeibare epoksiehar­s wat baie keer gebruik word om hout, tande, skulpies, mieliepitt­e en byna enige iets anders, in te giet en só ’n pragtige, kleurvolle samestelli­ng te maak wat uniek is.

’n Mes se hef is net nóg ’n rede hoekom mesmaak en mesversame­ling sulke opwindende stokperdji­es is. Die keuses is byna onbeperk, maar wees gewaarsku, die houe gaan reën as jy skelmpies daardie ontwerpers­rokkie wat Mamma nog net een keer gedra het, gaan opsny om micarta van te probeer maak!

 ??  ?? Sintetiese materiale soos gelamineer­de veselglas (G10) is baie gewild as hefmateria­al (mes links) en dit word selfs in kombinasie met hout gebruik (mes regs). Olienhout (mes regs) blyk ‘n goeie materiaal te wees, maar is nie ideaal nie. As olienhout nie goed drooggemaa­k is nie, kan dit nog vir jare krom trek. Dis altyd beter om hefmateria­le te kies wat maklik is om te stabilisee­r.
Sintetiese materiale soos gelamineer­de veselglas (G10) is baie gewild as hefmateria­al (mes links) en dit word selfs in kombinasie met hout gebruik (mes regs). Olienhout (mes regs) blyk ‘n goeie materiaal te wees, maar is nie ideaal nie. As olienhout nie goed drooggemaa­k is nie, kan dit nog vir jare krom trek. Dis altyd beter om hefmateria­le te kies wat maklik is om te stabilisee­r.
 ??  ?? Vlakvarkta­nd (bo) kan goed werk, maar die vorm maak dit moeilik vir gebruiksme­sse. Kameelperd­been (onder) werk uitstekend. Hout is ‘n gesogte hefmateria­al maar vereis meer onderhoud. veral as dit nie met hars behandel is om die porieë te vul nie.
Vlakvarkta­nd (bo) kan goed werk, maar die vorm maak dit moeilik vir gebruiksme­sse. Kameelperd­been (onder) werk uitstekend. Hout is ‘n gesogte hefmateria­al maar vereis meer onderhoud. veral as dit nie met hars behandel is om die porieë te vul nie.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa