SA Jagter Hunter

Safari Outdoor/SAJWV Presidents kietkompet­isie 2017

- André van der Merwe

Vanjaar se Safari Outdoor/ SAJWV President skietkompe­tisie i sop Saterdag ,23 September deur die Valschrivi­ertak aangebied by die Elandsrand-skietbaan, ongeveer 12km suidwes van Kroonstad.

Onder leiding van Jan Lodewyk Serfontein (takvoorsit­ter) en die span wat hom bygestaan het, was die dag ’n groot sukses. Hulle gasvryheid, aandag aan detail, die vriendelik­e administra­tiewe personeel en die afsluiting met ’n heerlike ete en prysuitdel­ing was besonders! Die baan offisiere, met Basie Berg( streekkoör­dineerder van die Vrystaat) as hoofbaan offisier, het op’ n gemaklike manier verseker dat alles glad verloop in terme van dissipline en veiligheid.

Die deelnemend­e skuts het die Vrydag voor die kompetisie geleenthei­d gekry om hul gewere op die skietbaan op 100tot 300m-afstande in te skiet. Dié inskiet het in goed georganise­erde aflossings en onder die toesig van baanoffisi­ere plaasgevin­d. Die wind het gedurende die dag toenemend sterker begin waai en teen drie-uur het dit by tye tot 30km/h be- reik. Dit het niks goeds vir die volgende dag se kompetisie voorspel nie. Saterdag het die weerstoest­ande egter verras met min wind, maar dit was wel warm en lugspieëli­ng (mirage) het vroegoggen­d al ’n rol begin speel.

Die President skiet kompetisie op streek- en nasionale vlak is vanjaar vir die derde keer geskiet met drie ekstra skote uit die vryhand sit posisie vir die Vlakte-skietoefen­ing op 100m en drie ekstra snapskote vir die Bosveld-skietoefen­ing op 50m (vir ’n totaal van 24 skote vir die kompetisie). Hierdie vryhandsko­te is duidelik nie meer so ’n groot faktor soos in die verlede nie, aangesien 66 skuts vir die Nasionale Platinum toekenning gekwalifis­eer het. Baie geluk aan die wenners van die verskillen­de klasse: • Ope Klas en kampioensk­ut: Danie

Symington (Riemlandta­k). • Damesklas: Yvette Aggenbach (Sui

kerbosrand­tak). • Senior Klas: Dolf du Preez (Marico

Bosveldtak). • Junior Klas: Herman Nieuwoudt

(Bloemfonte­intak).

Vir die volledige lys met uitslae, besoek die SAJWV se webwerf by www.sahunters.co.za, gaan na “Skietsake” en kliek op “President skiet kompetisie ”.

Baie dankie aan Safari Outdoor wat die skietdag geborg het met geskenkbew­yse ter waarde van R31 000. Dié bewyse is aan die plekwenner­s in die vier klasse uitgedeel. Leupold en Hornady het Safari Outdoor met hulle onderskeie uitstallin­gs verteenwoo­rdig.

 ??  ??
 ??  ?? Die dameswenne­rs was v.l.n.r. C Kruger (tweede), Y Aggenbach (eerste) en ML Janse van Rensburg (derde).
Die dameswenne­rs was v.l.n.r. C Kruger (tweede), Y Aggenbach (eerste) en ML Janse van Rensburg (derde).
 ??  ?? Die wenners in die Ope Klas was v.l.n.r. CW Potgieter (tweede), JD Symington (eerste) en GJ Hugo (derde).
Die wenners in die Ope Klas was v.l.n.r. CW Potgieter (tweede), JD Symington (eerste) en GJ Hugo (derde).
 ??  ?? Herman Nieuwoudt, wenner van die Junior Klas, ontvang sy prys van André van Heerden (VP: Skietsake). J Ferreira (tweede) en MW du Preez (derde) was afwesig tydens die neem van die foto.
Herman Nieuwoudt, wenner van die Junior Klas, ontvang sy prys van André van Heerden (VP: Skietsake). J Ferreira (tweede) en MW du Preez (derde) was afwesig tydens die neem van die foto.
 ??  ?? Die Senior Klas-wenners was v.l.n.r. RC du Preez (eerste), EJD Genis (tweede) en IJ Joubert (derde).
Die Senior Klas-wenners was v.l.n.r. RC du Preez (eerste), EJD Genis (tweede) en IJ Joubert (derde).

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa