SA Jagter Hunter

DIE NUWE 6.5-KALIBER

-

Die Amerikaner­s was vir baie jare afsydig teenoor die meeste 6.5-kalibers. Selfs die eerste 6.5’e wat in Amerika ontwerp is, die .264 Win Mag en die 6.5 Rem Mag het maar ’n louwarm ontvangs gekry.

Met die vrystellin­g van die .260 Remington en die 6.5-284 het dinge egter begin verander en toe die 6.5 Creedmoor, 6.5x47 Lapua en 6.5 Grendel eers hulle opwagting maak, het die Yanks hul neusoptrek­kerigheid vir die 6.5’e laat staan. So ingenome is hulle deesdae met die 6.5-kaliber dat Hornady dit goedgedink het om nog ’n 6.5 bekend te stel wat in 2018 kommersiee­l beskikbaar sal wees.

Die nuwe 6.5 PRC (Precision Rifle Cartridge) is in wese ’n Short Magnum sonder ’n belt om die dop. Dit word as die 6.5 Creedmoor se groter boetie beskou en Hornady gaan blykbaar twee fabrieksla­dings daarvoor bekend stel in 2018. Een sal gelaai wees met Hornady se 147gr ELD Match-koeël wat die loop gaan verlaat teen 2 910vps en die ander bevat Hornady se 143gr ELD-X wat ’n trompsnelh­eid van 2 960vps gaan hê.

Ongelukkig kon ons nog nie enige dopafmetin­gs bekom nie, maar dit sal seker binnekort bekend wees.

Volgens Hornady was die doel van hierdie kaliber om ’n platskiete­r te ontwerp wat langer looplewe uit gewere gee en waarvan die terugskop ook nie te kwaai is nie. In Amerika is die kaliber baie gunstig in sekere kringe ontvang, maar ander het weer kritiek daarteen uitgespree­k en gesê die nuwe 6.5 PRC doen niks wat nie alreeds met ander bestaande kalibers gedoen kan word nie. Die tyd sal leer hoe suksesvol hierdie nuutste 6.5 gaan wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa