SA Jagter Hunter

Bospos – Sê jou sê

-

E-pos na marisa.beeton@media24.com

AS DIE KAT WEG IS

Toe hy aankondig dis weer jagtyd, het die aangename vooruitsig om die huis vir sewe dae vir myself te hê, my opgewonde gemaak. Ek het heelwat “goedjies” om te doen!

Liefie vertrek met die Isuzu se bak hoog gepak met padkos, ammunisie, kamoefleer­klere, stapskoene, en die Coleman vol vleis (’n mens kan glo nie die pasgejagte gediertes summier afskil en braai nie). Mý opdrag klink heel eenvoudig – sorg dat die kisvrieska­s leeg, skoon en gereed is vir die terugkeer.

Na verskeie uitstappie­s na die winkels en teedrinkse­ssies met vriendinne, leer ek (via YouTube) ’n nuwe verftegnie­k. Dis een hengse gemors, eers in die kombuis en (toe dit woes raak) darem buite op die grasperk en onder die reuserotsv­y by die braaistoep. Die kunswerke raak onbeplan organies, want die verdomde klein vytjies val op die nat skilderwer­ke. In die aand gebruik die motte my pogings vir landingstr­oke en die Augustuswi­nde plak gras en blare tussendeur. Ek pak die kunswerke versigtig onder die dak se oorhang om droog te word (goggas inkluis).

Die volgende oggend hoor ek reën, maar die lug is blou... en sien toe die geiser het die gees gegee – warm water stroom van die dak af en was die verf van die skilderdoe­ke af tot op die onlangs rooi geverfde plaveisel!

Toe ek my vrieskas verpligtin­g wou uitvoer en die vrieskasde­ksel lig, begroet ’n sopperige toneel my. Die kis het oornag ook die gees gegee en 2016 se laaste pakkie waterbok lê in ’n rooierige plas.

Die laaste ding wat ’n mens doen op die tweede dag van ’n man se jagtog, is om hom te vertel sy huis is vol verf, sy stoep is onder water en sy vrieskas het die emmer geskop! Dus laat kom ek die helfte van al die mense wat in Pretoria se geelbladsy­e adverteer, betaal die skade uit my vakansie spaargeld en swyg soos die graf. Toe manlief uiteindeli­k uit die gopse weer bel, verlustig ek my amper in sy klagtes dat hy hom doodgestap het, nooit meer braaivleis en bier wil sién nie en weereens besef hoe min hy van ’n solostaalk­atel hou.

Maar toe hy aankondig dat hy oorweeg om dalk vroeër terug te kom, is ek vinnig om te troos: “Ag Liefie, jy het só uitgesien na die jag, geniet maar nog ’n daggie met die manne, dalk kry jy die Roland Wardkoedoe platgetrek.”

En toe laat spaander ek braaiplek toe om die bewyse van my “goedjies” te gaan opruim. Tot volgende jaar... (Brief verkort.) MARINDA SCOTT * Marinda wen die Safari Outdoor-geskenkbew­ys van R500.

ROLAND WARD

Ek is ’n geregistre­erde meter by Rowland Ward Ltd. en ek woon in Suid-Afrika.

Almal weet seker teen dié tyd dat Rowland Ward nou vanuit Amerika bestuur word en nie meer uit Johannesbu­rg soos voorheen nie. Alle aansoeke en trofee registrasi­es moeti n dollar in Huntington Beach, Kalifornië, betaal word. Diekant oor bestuurder i sC arrie Zrelak.

Ek is seker daarvan dat die meeste trofees wat deur Rowland Ward geregistre­er word in Suider-Afrika gejag is, so waarom moet ons nou in Amerika gaan registreer en in dollars betaal?

Die tyd het aangebreek dat ons ons eie SA Rekordregi­ster stig en ons eie ding, hier in ons land doen. Ek is ook bewus daarvan dat SA Jagters hul eie metings doen en dat dit feitlik dieselfde is as Rowland Ward. Ons kort net die register.

Kom ons spaar onsself oneindige moeite en doen dit op eg Suid-Afrikaanse wyse. ROELOF STEYN

ETHICAL HUNTING VS CULLING

Trevor Sparks’ letter, All about ethics in the December 2017 issue of SA JAGTER/HUNTER refers.

The age-old debate of ethical hunting has always been a bone of contention and it is not my intention to enter into this debate. Trevor’s concern relates to the removal of excess animals in eco parks and/or residentia­l estates and the difference­s between hunting and culling.

The first that comes to mind is the legal aspects of dischargin­g firearms in residentia­l areas. Irrespecti­ve whether there are parks in residentia­l estates, if the area is declared a residentia­l area it is illegal to discharge a firearm without the necessary regulatory approval.

If permission was granted for the culling of excess animals the next dilemma to address is whether this can be considered as hunting. Hunting in my opinion happens when the hunter enters a commercial or game farm with the intent of hunting animals in a designated hunting area based on the fair chase principal. Culling, on the other hand, is aimed to reduce the population of animals in a specific area which can either be selective, in order to remove a certain portion of a herd, or indiscrimi­nate to merely remove all excess animals.

In the case at hand the intent was to remove excess animals and the action would therefore be regarded as culling. The methods used to cull can therefore not enter the ethical hunting debate since the intent here is to remove the excess animals – not to hunt in a fair chase manner.

Finally, culling is mostly done by profession­als with a profit motive. Irrespecti­ve of whether profit is involved or whether carcasses are sold to recover costs, the bottom line is that these profession­als are contracted to legally remove the excess.

Hunters striving to prescribe to the ethos of ethical hunting must distinguis­h between hunting and culling before they even contemplat­e testing and setting a set of rules.

Culling has its rightful place and is sometimes needed, however it must not be evaluated on the same principals as that of ethical hunting since the methods and outcomes thereof are vastly different.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa