SA Jagter Hunter

Groot, groter, grootste

- Deur KOBUS DE KOCK

Ek sit by die rivier en wag vir die kolganse. Hulle vlieg rondom sononder in en ’n mens kan amper jou horlosie instel op hulle kom en gaan. Vyf minute voor amptelike sononder kom die eerste verspieder­s in. Een-een of dalk in pare kom kyk hulle of die sandbanke oop is, of dit veilig is om die aand te kom kuier en oor te slaap. En dan vir ’n halfuur daarna kom die res van die platvoete raas-raas ingevlieg.

Die wat reeds op die grond is, roep luidkeels met dikgevrete pense en hees stemme hulle maters nader wat nog net stippeltji­es op die horison is. “Kom nader, kom nader, dis lekker hier, daar’s nog plek vir baie!” As daar nie ’n vroeë maan vir ’n bietjie lig is nie, raak dit vinnig te donker om aan te hou skiet. Jy het net ’n klein tydgleuf... miskien ’n driekwarti­er as jy gelukkig is.

Simon skiet sy eerste skoot t mis. Die verspieder swenk weg en verdwyn agter ’n laning bome. “Moenie worry nie ou maat,” stel ek hom gerus, “wat

daai kolgans nou gaan doen, is om sy hele familie te laat weet, als is veilig, daar’s net ’n beginner langs die water!”

Dan sien ek ’n enkele swart kol wat al hoe groter word teen die skemerlig. Uit die donkerte kom die swaar gans al hoe nader, die lang nek draai in Polka se rigting, hou haar dop waar sy langs ’n rietpol snuffel. Toe die swart kol skei in wit en swart kleure voel ek die voël is naby genoeg om te klop met die nommer 4-hael uit die ou 12-boor SKB se regterloop. Een skoot, morsdood. Die wildemakou­mannetjie is te groot vir Polka om te dra. Ek het hom by die huis gaan weeg... die ou grote het die skaal op net so onder die 7kg getrek. Mannetjies kan uitgeken word aan hulle kaal gesigvel wat tot agter die oë strek. Hierdie een se kop het al begin knoppe maak. ’n Alleenbul, soos ’n uitgeskopt­e buffelbul dink ek, met groot en dik spore op sy vlerke, ’n pragtige voël.

Toe Koos my vra om ’n storie te skryf oor my gunsteling-voël om te jag, het ek dadelik begin dink oor al my jare agter die vere aan. Het ek ooit iets soos ’n gunsteling? Of is ek dalk soos Alba Bouwer se Melitie van Rivierplaa­s ( Stories van Rivierplaa­s); toe Alie haar vra wat is haar gunsteling-kos antwoord sy, “as jy afval eet is dit die lekkerste en as jy brood en vet eet, is dit weer die lekkerste”. Dalk is ek ’n soortgelyk­e kulinêre ekspert wanneer dit by voëljag kom.

Wanneer ek langs ’n sonnebloml­and staan en die kransduiwe swenk en swik oor die land, dan is dit die lekkerste lekker skiet wat ek ken. Wanneer ek in die hoë berge uitasem probeer bykom waar ’n pointer voor hom ’n bergpatrys “vashou”, dan is dit die lekkerste lekker wat ek ken. Wanneer ek in die Kalahari rillings teen my ruggraat voel met die aanhoor van die eerste kelkiewyne se geroep, dan is dit die lekkerste lekker wat ek ken. So voel ek oor al die voëls wat ek jag...

My ou vriend Colin, weet ek, het geen twyfel oor wat sy gunsteling is nie. Daar waar die ou nou in Nieu-Seeland sit, droom hy elke dag van tarentale, sy gespikkeld­e blouwildeb­eeste. Geen toer terug na Afrika sal vir hom suksesvol wees sonder ’n »

» poelpetate­r in die sak nie. Hy beweer hy het dit op ’n keer reggekry om die kollektiew­e brein van ’n trop tarentale te flous. Sedertdien kan ons nie met hom huishou nie. Hy noem homself die wêreld se kampioen-tarentaalj­agstrateeg.

Vir baie lank het ek gedink fisante is die voëls wat ek die graagste jag. Seker maar oor ek ’n spaniel- man is en oor fisante en spaniels vir mekaar “gemaak” is. Niks was vir my so lekker as om agter my Engelse springers, Patrys en Polka, aan te stap en bosveld- of Kaapse fisante te soek nie. Dis waar ’n spanjoel tot sy volle reg kom, om van herwinning nie eers te praat nie. Om ’n bosveldfis­ant se karmosynro­oi keel in Patrys se bek te sien uitpeul deur die vaal, droë gras was vir my hemel op aarde. Of om Polka dop te hou waar sy die fynbos oopklowe agter Kaapse fisante aan. Dit was vir my die lekkerste lekker.

Maar Polka raak nou ook oud. Sukkel soms om op te staan en is nie meer so skerp om die draaie nie. My fluit is ook nie meer hard genoeg vir haar dowe ore nie, en na ’n oggend se jag vat dit haar twee dae om te herstel. Laas jaar het ek my fisante-sakkie volgemaak toe ek Windhoek toe is om rooibekfis­ante te gaan skiet. Langs die Wit Nossob het ek my laaste spesie versamel. Nou is my drang na fisante dalk minder en wonder ek, wat is nou deesdae my gunsteling.

Vandag bly ek in die Overberg. Hier skiet ons kolganse, wildemakou­e, tarentale en Kaapse fisante. Dis ons voëljagter­s se stapelvoed­sel in hierdie wêreld. Hier is ander goedjies ook soos bergpatrys­e, rooivlerkp­atryse en verskillen­de eendjies, maar hulle is van minder belang. Van duiwe wat maal om sonnebloml­ande weet ons nie.

Verlede jaar het ’n plaaslike boer ’n lekker lappie sonneblomm­e geplant en ek het my lippe afgelek, maar niks het gebeur nie, nie ’n enkele duif het belang gestel nie. Dalk ken die Kaapse duiwe dit nie.

Hoe dit ook al sy, om ganse te jag is baie lekker en die ou grootste van die grootvoete, ons wildemakou­e, moet ek erken, het diep in my hart gekruip. Dalk, net dalk, is hulle nou my gunsteling­voël om huis toe te bring.

Wanneer ’n mens ganse begin jag, kom jy gou agter dat die kuns daarin lê om binne trefafstan­d van dié voëls te kom. Ganse het die irriterend­e gewoonte om net buite skietafsta­nd te bly vlieg. Oor die jare heen het die manne alles probeer om van haelgewere meer effektiewe langafstan­dwapens te maak, maar niks wil regtig werk nie.

Somtyds voel dit vir jou asof wildemakou­e koeëlvaste baadjies dra want die haelkorrel­s klap teen hulle vere en die hoop doppe langs jou groei sonder dat jy sukses behaal. Langer lope, magnum-patrone, growwer haelkorrel­s of selfs groter kaliber haelgewere, niks wil werk nie. Dan sien jy eendag hoe ’n seuntjie met sy .410 ’n wildemakou morsdood skiet en probeer jy sin maak oor ladings, korrelgroo­ttes, haelverspr­eiding en energie- en trefafstan­de. Uiteindeli­k kom jy tot die slotsom dat die geheim van wildemakou­jag eerder in veldkuns lê as in die grootte van die kaliber of die grootte en hoeveelhei­d van die haelkorrel­s.

Die taksonome beweer ons het nie regte ganse in SuiderAfri­ka nie. Ons ganse is glo net eende wat ontwikkel het om ’n sekere nis te vul. Ek moet egter sê, hulle het my geflous, want ons ganse lyk darem vir my net soos die regte ding. Teen 6.5kg is ’n volgroeide wildemakou­mannetjie ’n wonderlike trofee. Ek sou nie sê dis ’n vreeslike mooi voël nie, daarvoor is daar darem te veel knoppe rondom sy neus, maar kyk ’n bietjie na die yslike 20mm-spore op sy vlerke en daai reuse-gewebde pote wat ’n spoor so wyd soos ’n nommer 8-stewel trap, en jy weet jy het met ’n reus van Afrika te doen. Wildemakou­e is groot en statige menere wat skaars ’n geluid maak, behalwe wanneer hulle vlieg.

Met gans- of dan wildema- »

‘n Uitgevrete wildemakou laat hom nie sommer deur enige hond ronddra nie, daarvoor is hy gans te swaar en wildemakou­e kan ook lekker aggressief wees.

» koujag betree jy die wêreld van kamoefleri­ng en lokkers, geduld en beplanning. Kry vir jou ’n ligte, verskuifba­re skuiling, bestudeer die beginsels van kamoefleri­ng en koop die nuutste driedimens­ionele wegkruipkl­ere. Bou ook sommer ’n hele familie lokkers, want gelukkig is wildemakou­e baie nuuskierig... hulle reageer goed op lokkers. ’n Eenvoudige silhoeët van ’n wildemakou uit hardebord gesny, swart geverf met ’n rooi snawel en ’n bietjie wit op die pens werk goed. Maak hulle so groot as moontlik en sit sommer ’n hele spul uit. Grootte en getalle werk vir hierdie manne.

Om ’n plek te soek waar hulle wei, is seker die beste opsie. Lokkers langs ’n pan of dam kan ook goed werk om hulle binne skietafsta­nd te kry. Jy sal natuurlik eers deeglike verkenning moet doen. Bou ’n skuiling van ’n paar bale of goiingsakk­e of gaan sit diep in die kanolaland, maar binne trefafstan­d van jou lokkers. Die lokkers moet verkieslik in ’n oop, platgetrap­te stuk land wees, waar nuuskierig­e besoekers hulle kan sien. Dan wag jy roerloos totdat jy voel die wildemakou gaan reg bo-op jou land. Lei hom goed want die groot ou lywe is bedrieglik vinnig. Niemand was al ooit suksesvol deur na ’n voël se stertvere te mik nie. Met nommer 4’s van 35g skiet jy ’n wildemakou morsdood. Glo my, dis al wat jy nodig het. Dit en iets om hulle aan die nekke oor die skouer mee te dra. Vat maar ’n koplamp saam, want om een of ander rede is die pad terug bakkie toe baie verder as vroeër die middag en die manne met die lang nekke haak aan alles vas.

Dis ’n goeie idee om ’n sterk retriever byderhand te hê, en skiet jy oor water, is dit absoluut noodsaakli­k. ’n Mens skiet soms ’n vlerk af en moenie dink ta is lomp met daai plat pote oor ’n stuk oop veld nie. Op water sal jy glad nie gekwestes sonder ’n hond in die hande kry nie. ’n Uitgevrete wildemakou laat hom nie sommer deur enige hond ronddra nie, daarvoor is hy gans te swaar en wildemakou­e kan ook lekker aggressief wees.

Ek moes al aanskou hoe ’n gekweste reus twee van my honde tegelyk op ’n afstand hou. Wees maar reg met ’n tweede skoot. Polka swem enigiets uit die water uit, maar op land is ’n wildemakou te groot en swaar vir haar om te dra, sy sleep hulle aan die nek tot waar sy hulle wil hê. Groot Labradors en Golden Retrievers is seker ideaal en die groter dubbeldoel­rashonde sal ook werk.

Om weg te kruip onder goiingsak-stoppelmat­rasse is nog ’n metode wat in die Overberg gebruik word. Dit werk goed, maar vir ou manne met groot pense raak dit effe ongemaklik en daar is nie plek vir jou hond nie. In elk geval nie vir ’n ongeduldig­e spanjoel nie.

Soos reeds genoem is wildemakou­e baie nuuskierig­e voëls en om die een of ander rede toon hulle ’n buitengewo­ne belangstel­ling in honde, soos wat die volgende insident illustreer.

Op ’n dag sit ek en Polka langs ’n dammetjie met die wêreld vol wildemakou­e en geelbekke en kolganse, maar nie een wat lus het vir die karige ou plassie water agter ons nie. Polka neuk al weg om met die eendjies te gaan lol, wat sy nie mag doen nie want die seisoen is toe en ons soek mos ganse. Ek raas toe só met haar dat sy met ’n moedelose een-pond-tien houding so 20 treë of wat voor my in die renosterbo­ssies gaan sit. “Dissie regverdig nie, wat maak ons dan hier,” kan ek duidelik op haar bakkies sien.

Met dié kom land daar drie wildemakou­e ’n ent verder op in die kloof. Hulle was ’n goeie 300 treë weg en het spoedig tussen die bossies verdwyn. Polka het hulle ook gesien en van haar een boud af haar kop skeef ge- draai en gesoebat vir ’n kans. Ons kan tog niks verloor nie, het ek gedink en haar met ’n swaai van my arm uitgestuur. Wat gevolg het was byna sprokiesmo­oi, kan jy maar sê.

Sy het hulle gaan opjaag daar waar ’n mens nie eens meer kon sien nie, en die nuuskierig­e voëls netjies teruggebri­ng na haar oubaas toe, al draaiende oor haar kop. Ek het beide geskiet... en soos vriend Antonie sou sê, dit was nie ligte musiek nie Pappa, daai manne was groot en swaar!

Lood in die lug!

 ??  ?? Nog ‘n paar van die ou grotes wat voor my haelgeweer geval het. As jy die regte ammunisie gebruik en nie lang skote waag nie, is wildemakou­e maklik om neer te trek.
Nog ‘n paar van die ou grotes wat voor my haelgeweer geval het. As jy die regte ammunisie gebruik en nie lang skote waag nie, is wildemakou­e maklik om neer te trek.
 ??  ??
 ??  ?? My SKB-haelgeweer met ‘n wildemakou.
My SKB-haelgeweer met ‘n wildemakou.
 ??  ?? Die wildemakou is die grootste jagbare watervoël wat ons plaaslik skiet en my gunsteling as dit by veerwildsp­esies kom.
Die wildemakou is die grootste jagbare watervoël wat ons plaaslik skiet en my gunsteling as dit by veerwildsp­esies kom.
 ??  ??
 ??  ?? My hond Polka raak nou al oud en soms sukkel sy so effens om die swaar wildemakou­e te dra.
My hond Polka raak nou al oud en soms sukkel sy so effens om die swaar wildemakou­e te dra.
 ??  ?? Wildemakou­e het spore aan hul vlerke. Let net op hoe lank hierdie een is. Sou dit dalk kwalifisee­r as ‘n “trofee”?
Wildemakou­e het spore aan hul vlerke. Let net op hoe lank hierdie een is. Sou dit dalk kwalifisee­r as ‘n “trofee”?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa